Die vrouediens in die gemeente, beter bekend as Vroulief is lewendig en verskeie projekte word gedurig aangepak. So is daar byvoorbeeld die koeksisterprojek wat geloods is om fondse te genereer. Die Tuinsig tehuis vir bejaardes word gereeld besoek, met geskenkies vir die oumense. Die vrouediens is ook verantwoordelik om tee te skink na elke erediens. Hierdie is 'n belangrike taak, want dit dra by om die gemeenskap van gelowiges waarlik sinvol te maak wanneer mense saam kuier na die erediens.

Ons poog om dit vir die vroue van ons gemeente aangenaam te maak, deur geleenthede te skep waar ons saam kan kuier en mekaar kan bemoedig en opbou. Geleenthede soos 'n lentetee, saam uiteet geleenthede en uitstappies is gereeld op die spyskaart. Daar word ook gereeld gereƫl vir interessante sprekers.


Kontakpersoon: Leonie Spangenberg - 
032 946 1198 of 064 867 2995