Ons gemeente se internetbediening het sy ontstaan gehad alreeds in 2000, dus is dit vanjaar mondig, 21 jaar oud!
Die internet bediening behels dat daar elke weeksdag 'n oordenking geskryf word en d.m.v. e-pos en Whatsapp na ontvangers regoor die wêreld gestuur word om sodoende Jesus se opdrag om dissipels van al die nasies te maak, uit te voer.
Die oordenkings is sowat 1000 woorde elk en behels reekse oor Bybelboeke, Bybelkarakters (soos bv. Dawid) of onderwerpe (soos bv Liefde). Wanneer 'n reeks afgehandel is, word dit beskikbaar gestel as e-boeke. Daar is tans reeds sowat 60 boeke beskikbaar, waarvan 'n hele paar ook in Engels vertaal is.
Daar word ook daagliks video opnames gemaak van die oordenkings, wat op YouTube geplaas word, asook klank opnames.
Verder word daar elke weeksdag 'n kort gedagte geskryf, getiteld: Broodkrummels. Dit word saam met die oordenkings uitgestuur.
Indien jy die dagstukkies en broodkrummels wil ontvang, stuur 'n Whatsapp aan die kontakpersoon.
Sedert die uitbreek van Kovid-19 word daar nou ook gereeld video opnames van die eredienste gemaak. Hierdie opnames word eers behoorlik geredigeer sodat dit 'n produk is waarop die gemeente met reg trots kan wees. Dit word dan op YouTube asook ons Facebook blad geplaas. Soek gerus op YouTube vir Ballito Gesinskerk.

Kontakpersoon: Louis Nel - 082 771 4925

Lees Oordenkings of kyk na video opnames: https://dagstukkie.co.za/brood/