BASAAR 2018

Vrydag 26 Oktober van 4-uur die middag tot laat!

Dit gaan sommer GRÓÓT makiti wees!
Sotaties, Braaivleis, Bunny Chows, Pannekoek, Poeding, Koek, Kerrie en rys, Lekkergoed, Springmielies, Koeldrank en nog baie watertand dinge om aan te smul.
Daar sal 'n Fliek wees, Tombola, Gesigverf, Musiek en Speletjies en nog klomp ander vermaak om elkeen, groot en klein, oud en jonk besig te hou.
En dan is daar mos die heerlike saam kuier!
Moenie hierdie spesiale geleentheid misloop nie!
En baie belangrik: Verkondig dit wyd en syd!



Terug na BO

Jesus Film Saterdag 13 Oktober