Diensterreine



Ons gemeente en Pietermaritzburg Suid  Gemeente is gesamentlik verantwoordelik vir die voorsiening van die behoeftes van Huis Johannes Calvyn - een van die koshuise van Greytown Kinderhuis.

Daar is 130 plus kinders in die kinderhuis en is ingedeel dat daar so tussen 16 tot 20 kinders in ‘n huis is. Elke huis het ‘n huismoeder wat verantwoordelik is vir die kinders se behoeftes, ma, ouma, berader, verpleegster en trooster. Dit is ‘n groot verantwoordelikheid vir die huismoeders en baie gebede is nodig. Dit kan veeleisend raak, want die kinders kom uit baie moeilike huislike omstandighede. Bert Nel, die fonds insamelaar, deel ons mee dat slegs die ergste van die ergste gevalle geplaas kan word in die kinderhuise. Daar is ‘n geweldige tekort aan kinderhuise en die wat bestaan is oorlopends toe vol.

Soos u kan aflei, is daar baie kinders buite die kinderhuis wat nog in haglike omstandighede bly. Van die huismoeders het die inisiatief geneem om ‘n groente tuin te begin, net om die kinders te leer om vir hulself eendag te sorg.

BEHOEFTES
Jaarliks moet die gemeentes fondse oorbetaal vir matriek afskeid. Die kinders word soos enige ander kind daardie dag behoorlik opgetof vir die aangeleentheid.  Die bedrae wat nodig is word jaarliks hersien en die gemeente betaal fondse daarvolgens in. Daar word ook aan die einde van elke jaar afskeid geneem van kinders, wie se ouers so gerehabiliteer is dat hulle die kinders weer kan terug kry. Die kinders word dan nie aan hul eie lot oorgelaat nie, maar gereeld deur maatskaplike werkers besoek en ge-evalueer. Indien nodig word hulle weer na die kinderhuis teruggebring.

Fondse word ook benodig vir die weggaan tas vir wanneer die kinders klaar is met hul skool. Dit is egter ‘n baie onsekere situasie vir sommige kinders want dan het hulle nie meer die beskerming wat die kinderhuis hul bied nie.

KERSFEES
Die gemeente dra ook by tot die aankoop van kersgeskenke vir elke kind. Die kinders mag ‘n briefie skryf waarin hulle hul wens uitspreek wat hulle graag wil hê. Sover moontlik, word daar gepoog om aan hul behoeftes/begeertes vir hierdie spesiale dag voor te doen. Hierdie dag gaan gewoonlik saam met die prys uitdeling, weggaan van kinders (matriekulante of na hul ouerhuis) en die aanwys van prefekte. Sertifikate word uitgedeel aan kinders en hulle word beloon vir hul harde werk en samewerking.   Kersvader kom met ‘n groot geraas, hetsy op brandweer waens, of op bote (elke huis het sy eie kersvader). Elke jaar dink hulle ‘n nuwe plan uit. Die geskenke word gretig oopgemaak en dit is ‘n plesier om die gesiggies te sien straal.
 
BESOEKE
Gemeentes besoek gereeld die kinderhuis en jaarliks gaan die kinders vir ‘n naweek na die gemeente toe vir ‘n naweek. Hulle word dan bederf en die gemeente is baie oop hand om hul deel by te dra. Ons is gelukkig om in Ballito te bly, en natuurlik die see hier te kan hê. Wat ‘n voorreg is dit nie om die kinders te sien baljaar in die water, of dit nou koud, reën of warm is.  Pitzas en  KFC is van die geregte wat op ons lyste is. Hulle word op uitstappies  geneem. Die ander gemeente sal weer reël vir ‘n uitstappie na Ushaka Marine World.

KLERE
Klere word gereeld gekollekteer vir die kinders en veral winter klere word benodig aangesien Greytown baie koud kan word. Die kinders is al te dankbaar vir die klere, en pas gretig aan om te sien wat hulle pas.   Ons het nooit genoeg klere nie en enige donasies is welkom.

KOEKIE MAAND
Daar word ook geleentheid geskep aan die gemeentes om koekies te skenk. Die kinders sien uit na die koekies en ook hierdie taak word tussen al die gemeentes ingedeel om te verseker dat daar elke maand koekies is.

BEHOEFTES
Behoeftes bestaan ten opsigte van baie items soos:
Skryfbehoeftes
Klere
Matriekafskeid
Weggaantas
Vervoer – busse, kombies is aangekoop om die gemeentes ook te help om die kinders by hul bestemming te kry.
Herstelwerk – mense word gereeld gevra of hulle nie bereid sal wees om te kom help met klein of groot werk, of donasies.
Medies - Die kinders ontvang ook mediese / tandheelkundige hulp.
Gebede - Gebede is nodig om die huismoeders  en die bestuur vir  krag en hulp
Van Bo - waarsonder ons en hulle nie in staat sou en kon wees om hierdie baie belangrike taak te verrig nie.
Ons nooi jou vriendelik uit om aan hierdie heerlike ondervinding deel te neem en te ervaar hoe die Here se liefde ons dra in hierdie omstandighede.

Kontakpersone: Anna Venter -  032 946 0552