Diensterreine

 

Januarie - Maart 2016

Jeugaande 1

Die nuwe jaar het afgeskop.

Welkom terug aan almal wat 'n tydjie asem geskep het. Hoop die tydjie af was 'n goeie een gewees en dat julle 'n nodige blaaskans baie geniet het. Dinge hier is weer goed aan die gang en kyk gerus na die onderstaande aktiwiteite om uit te vind wat ons alles mee besig is so aan die begin van die jaar.

Ons sien uit om saam elke kind 'n pad te stap en saam met hulle (en julle as ouers) meer van mekaar, maar ook meer van God, te leer.

Ons hoop dat 2016 'n wonderlike jaar vir elkeen gaan wees.

Groete - Die Jeug span

Kenmekaar wegbreke

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Kenmekaar Wegbreke. Dit is sommer net 'n lekker kuier tyd waar ons Jeug mekaar beter leer ken. Ons droom saam oor die jaar se verwagtinge en beplan ook so paar byeenkomste wat ons deur die jaar gaan aanpak. Ons gaan lekker saam swem in die see en dan natuurlik ook om die kampvuur sit en 'n paar liedjies sing en rondom God se Woord stil word.

Ons moedig elke kind aan om die geleentheid by te woon. Die koste is minimaal en as iemand dit finansieël nie kan bekostig nie, nooi ons jou steeds uit om op die kamp te gaan (ons het 'n paar borge). Ons bly in 'n goed toegeruste huis in Zinkwasi en het die see op ons voorstoep. As daar ouers is wat ons kan help met vervoer, sal ons dit baie waardeer.

Ouers word dan genooi om saam te kom braai die Saterdag middag om 16:00. Kom ontmoet jou kind se kategete, ander ouers en kom kuier lekker saam.

Die datums vir die Kenmekaar Wegbreke is as volg:

Graad 10 en 11:  30 - 31 Januarie 2015

Graad 7, 8 en 9: 6 - 7 Februarie 2015

Kontak Pierre Burger vir meer inligting by 082 386 7924.

     * Inskrywingsvorms is hier beskikbaar.

     Vir die Graad 7-9 vorm, klik hier.

     Vir die Graad 10 - 11 vorm, klik hier.

Jeugaande

Junior jeugaande geskied elke tweede Vrydagaand terwyl Senior jeugaande elke alternatiewe tweede Vrydagaand geskied

Die Junior jeug geskied elke keer by die jeuglokaal. Ons het dit goed gedink om elke week 'n ander tema te hê en/of 'n unieke aktiwiteit wat ons doen. Daar is dan natuurlik ook ons gewone aktiwiteite wat ons elke week doen, speel speletjies en kuier lekker saam met vriende.

Die plek waar Senior jeug sal geskied, sal aan die kinders gekommunikeer word, aangesien ons op uitstappies gaan en op verskeie plekke bymekaar kom. Ons beplan ook dat elke geleentheid uniek is en bespreek ook relevante vrae by hierdie geleenthede. Dan kuier ons ook net lekker saam as vriende en eet iets saam.  

Hou die Gesinsnuus dop om die nuutste datums te sien.

 

#Imagine

Die #Imagine byeenkoms is een van die hoogtepunte op ons kalender en verseker nie iets wat jy wil mis nie. Dit is 'n geleentheid in Heidelberg in Gauteng waarheen ons as 'n klomp gemeentes in KZN heen reis. Dit is 'n Christelike fees waar God aanbid word, lekker gesing word en groot pret saam beleef word. Skryf definitief hierdie datum in jou kalender, want jy wil dit verseker nie mis nie.

Vir meer inligting, hou die JONK Facebook groep dop deur na die volgende skakel te gaan. Hier sal meer inligting rakende #Imagine deurgegee word en ook watter byeenkomste ons gaan hê deur die loop van die jaar. 

https://www.facebook.com/JonkKzn/

Ons hoop om jou daar te sien.