Diensterreine


Die selgroep bediening by Ballito Gesinskerk is al goed aan die gang en brei uit met rasse skrede.
Elke Donderdag aand kom verskeie groepe bymekaar om saam te bid, Bybelstudie te doen, saam te sing en vir mekaar om te gee. En natuurlik drink ons saam koffie en gesels heerlik om 'n eetdingetjie.
Verskeie paartjies met kinders is betrokke, en daar word ruim voorsiening gemaak vir die kinders. Ons oogmerk is om uiteindelik elke gesin in die gemeente betrokke te kry by 'n selgroep.
Kontakpersoon: Herman Moll - 083 456 9693 - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.