2 Mei 2021

Web: www.noordkus.co.za  Dagstukkies: www.dagstukkie.co.za

.

Leraar: Ds. Alwyn Small
032 525 8732•083 556 5837
leraar@noordkus.co.za

Kerkkantoor:
Leonie Spangenberg
032 946 1198
kerkkantoor@noordkus.co.za

Kantoorure:
Maandae:10:00-15:00
Woensdae: 08:00-15:00
Dinsdae, Donderdae, Vrydae: 08:00-13:00

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus
Eerste Nasionale Bank (FNB)
Rekening nr: 5373 165 9860;
Takkode: 220129

Gemeente Dagboek:

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/dagboek.html

.

Sondag 02 Mei

Arbeidsondag

08:30 Erediens

Maandag 03 Mei

Skole Open

Dinsdag 04 Mei

09:00 Bybelstudie

Donderdag 06 Mei

09:00 Rings Retraite NG Kerk Westville

Selgroepe

Saterdag 08 Mei

11:30 Simunye ku Jesu

Sondag 09 Mei

Moedersdag

08:30 Erediens

Voorbidding

Gesondheid:

Marie Dirks

Miriam Lyons

Piet van Zyl

Stoffel en Amanda Viljoen se dogter, Anthea

Jan Kaljee

Sterk aan na operasie:

Frank Lottering

Algemeen:

Reën in droë dele van die land, 

Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen 

die Coronavirus.

“U Woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.”
Psalm 119:105



Verjaarsdae

02 Mei

Hennie Oosthuizen

03 Mei

Wilma Greyling

05 Mei

Marie Prinsloo

06 Mei

Paul du Plessis

Dalene van Zyl

07 Mei

Janetta van der Merwe

Erediens Tema: Sondag, 2 Mei


.

Hartlik Welkom

Ons het bewys van lidmaatskap ontvang van Sue Alberts vanaf NG Melmoth.

Baie welkom en ons gebede is dat jy baie seën sal ondervind in Noordkus Gemeente.

Vorige Uitgawes van die Nuusbrief

Jy kan van nou af die vorige uitgawes van die Gesinsnuus asook die Posduif ook lees deur te klik op die Nuusbriewe skakeltjie bo.


Gedenkdiens van Martin Schoeman

Huldeblyk aan Martin Schoeman sal die komende Dinsdag, 4 Mei om 10;30vm by die Umhlali Buiteklub gehou word.

Leesrooster Tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die Vyfde Sondag van Paastyd: Handelinge 8:26-40, Psalm 22:25-31, 1 Johannes 4:7-21, Johannes 15:1-8.


Het jy ‘n vraelys vanaf jou kerkraadslid ontvang?

Teen hierdie tyd behoort u al ‘n vraelys vanaf u kerkraadslid te ontvang het waarin so ‘n paar vrae voor u geplaas word.

Daarmee saam ook ‘n lys van die betrokke aksies binne die gemeente waarop u kan aandui waar u betrokke wil raak.

Kontak Leonie by die Kerkkantoor (032 946 1198 of kerkkantoor@noordkus.co.za) indien u nie so ‘n vraelys ontvang het nie.

Indien u wel ‘n vraelys ontvang het wil ons u aanmoedig om dit in te vul en terug te stuur aan u betrokke kerkraadslid. Ons wil u ook daarvan verseker dat die invul van die vraelys heeltemal vrywillig is en dat die inligting daarop streng konfidensieel en professioneel hanteer sal word. Neem asseblief die vrymoedigheid om vir Ds Alwyn te kontak indien u enige vrae of onsekerheid het rakende die vraelys.

Baie dankie vir u samewerking in die verband.


Diensaksies binne die gemeente

Graag voorsien ons aan u as gemeentelede aan al die onderskeie diensaksies wat huidiglik binne die gemeente funksioneer tesame met die kontak besonderhede van ‘n leier by die betrokke diensaksies. Ons wil u graag uitnooi om as deel van die “Liggaam van Jesus Christus” by hierdie diensaksies betrokke te raak. Wil jy dit asseblief nie biddend oorweeg en so êrens as ledemaat van die Liggaam van Christus deel te kan wees nie. Net vir duidelikheid, jy hoef nie op die kerkraad te dien om so betrokke te kan wees by ‘n diensaksie nie. Saam maak en kan ons ‘n verskil maak.

 


Kom brei saam vir ‘n goeie doel

Die Breigroepie kom vir die eerste keer hierdie jaar weer bymekaar op Di, 4 Mei om 10h00. Kom brei en kuier saam.  Die items wat hulle brei word geskenk aan liefdadigheidsorganisasies.  Kontak Lettie van Heerden vir meer besonderhede 072 632 1100

Ons benodig stopsel en wol. As daar ou kussings by die huis rond lê kan jy dit ook bring. Ons sal die stopsel uithaal.


Nie-bederfbare produkte benodig vir die koskas

 

Ons lewe in baie taai tye en daar is mense wat die kerk nader vir kos. Ons sal bitter graag ons koskas wil aanvul met nie-bederfbare produkte sodat ons nie hierdie mense met leë hande hoef weg te stuur nie. As elke lidmaat net 1 item kan skenk, kan dit alreeds ‘n verskil maak en het ons iets om vir behoeftige persone te gee.

Blikkies kos, mieliemeel, suiker, olie, koffie, tee, grondboontjiebotter, konfyt ens kan by die Kerkkantoor afgegee word of Sondag in die krat geplaas word.


Kategese vir 2021

Met die dat Kovid ons getref het en al die regulasies daarmee saam het dit vir ons nogal ‘n uitdaging geword om ons kinders bymekaar te kry vir hulle kategese lesse.

Maar gelukkkig vir ons as gemeentes is daar binne die NG Kerk se Jeugspan bekwame mense wat vir ons wonderlike en opwindende materiaal uitgewerk het wat ons binne die gemeentes, maar spesifiek wat julle as ouers saam met julle kinders by die huis kan deurwerk. Die materiaal staan bekend as: UITPAK Huisgeloof materiaal. En soos die naam aandui, is dit materiaal waarin ons as gesinne saam met ons kinders in kan deel en waar ons as ouers verantwoordelikheid neem om ons kinders daarin te begelei. Dit kom terug na die doop belofte wat ons as ouers geneem het om verantwoordelikheid te neem vir die geestelike groei van ons kinders.

Ons wil regtig ons ouers uitnooi en aanmoedig om van hierdie materiaal gebruik te maak. Ons stel die eerste deel van die materiaal in sy geheel aan u as ouers bekend. U kan dit aflaai, uitdruk en dan is die gedagte dat daar een lessie vir elke week is wat saam met die kinders gedoen kan word.

Daar is lekker eksperimente wat saam met die kinders gedoen moet word en u as ouer hoef nie al die benodigdhede wat in die “eksperiment tas” moet kom dadelik aan te skaf nie. Kry die benodigdhede elke week soos wat daar deur die lesse weekliks gewerk word. Geniet die voorreg en reis om saam met jou kinders deur die UITPAK reeks te werk.

Hiermee dan die skakel vir die materiaal: bit.ly/bkUitpak 

Kyk asseblief ook op die webblad onder Jeugbediening, waar ek ook 'n skakel daarvoor geplaas het.


Call her Blessed—Sarie de Jager

Dear Family,

We hope you are well. Please pray for us for our Ekurhuleni office volunteers (7) working with an expectation to bring others the GOOD NEWS.



 



Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

Het jy onlangs van adres verander of nuwe epos / telefoon nommer gekry? Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.



Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Kovid-19 beperkings.



Ons Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/


Manne Kuier Saam

Die gemeente se manne kuier gereeld elke eerste en derde Saterdag om 07:00 saam by die kerk, met 'n stomende beker varsgemaalde moerkoffie en beskuit. Ons gesels lekker en lewendige gesprekke oor aktuele onderwerpe is aan die orde van die dag.  Enigeen is hartlik welkom om in te skakel, solank jy natuurlik ‘n man is!

Ek sien uit daarna om met jou te gesels by ons volgende opwindende gesprek!

Louis Nel


Mondi Herwinnings Projek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinnings-projek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.



Het jy kaste vol klere 

wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864


Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, 

vetkoek en koeksisterverkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters elke Saterdag beskikbaar met bestellings. Plaas jou bestelling by 083 676 1998 (whatsapp of oproep) vir afhaal vanaf 08:30 by die kerk.

Sondag 02 Mei—Sjina

Pastoor Adam* het sy vrou in Desember 2019 verloor terwyl hy uitdagings weens vervolging en die pandemie ervaar het. Bid dat God meer kerkleiers deur sy bediening, wat hy nou sonder haar moet voortsit, sal toerus vir die talle klein huiskerkies.

Maandag 03 Mei—Maledive

Die pandemie het aansienlike skade aan die land se ekonomie veroorsaak. Bid dat gelowiges sterk sal staan en in die nuwe jaar op God sal vertrou vir die uitdagings wat hulle ervaar.

Dinsdag 04 Mei—Kenia

Lokho en haar familie het in 2019 hul harte vir Christus gegee. Sedertdien is hul lewens geïsoleerd en gemarginaliseer in die plaaslike dorp, waar hulle die enigste Christene is. Bid vir krag vir Lokho en haar familie, wat baie alleen in hul dorp voel.

Woensdag 05 Mei—Tunisië

ʼn Vroulike gelowige ervaar lyding in ʼn slegte huwelik. Bid dat die Here vir haar wysheid sal gee om haar huidige situasie te hanteer en dat Hy aan haar ʼn blywende oplossing vir haar  probleme sal gee.

Donderdag 06 Mei—Iran

Talle slagoffers van mishandeling, beide gelowiges en nie-gelowiges, het nêrens om heen te gaan vir hulp en ondersteuning nie. Bid saam met ons dat hierdie mense ʼn manier sal vind om in aanraking te kom met aanlyn-hulpbronne en beraders wat hulle kan help.

Vrydag 07 Mei—Gaza

Die Christene in Gaza is ʼn klein minderheid, wat nou meer as ooit swaarkry weens ʼn gebrek aan vryheid om te reis, asook ʼn tekort aan elektrisiteit en drinkwater. Bid vir diegene wat hul werk verloor het en nie meer in staat is om hul huur of hul kinders se opvoeding te betaal nie.

Saterdag 08 Mei—Colombië

Pastoor Perea lei tien gemeentes langs die Atratorivier in Choco, waar paramilitêre groepe aanwesig is. Bid dat die Here pastoor Perea en ander pastore, asook mense wat in hierdie gebied werk, sal beskerm.