9 Mei 2021

Web: www.noordkus.co.za  Dagstukkies: www.dagstukkie.co.za

.

Leraar: Ds. Alwyn Small
032 525 8732•083 556 5837
leraar@noordkus.co.za

Kerkkantoor:
Leonie Spangenberg
032 946 1198
kerkkantoor@noordkus.co.za

Kantoorure:
Maandae:10:00-15:00
Woensdae: 08:00-15:00
Dinsdae, Donderdae, Vrydae: 08:00-13:00

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus
Eerste Nasionale Bank (FNB)
Rekening nr: 5373 165 9860;
Takkode: 220129

Gemeente Dagboek:

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/dagboek.html

.

Sondag 09 Mei

Moedersdag

08:30 Erediens

Dinsdag 11 Mei

09:00 Bybelstudie

Donderdag 13 Mei

Hemelvaart

18:00 Hemelvaartdiens

Saterdag 15 Mei

07:00 Manne Byeenkoms

11:30 Simunye ku Jesu

Sondag 16 Mei

Pinkster Begin

08:30 Erediens

Neem Kennis van die volgende:

Pinksterdienste sal daagliks plaasvind vanaf Maandag, 17 Mei tot Donderdag, 20 Mei om 18:00 by die kerk.

Voorbidding

Gesondheid:

Marie Dirks

Miriam Lyons

Piet van Zyl

Stoffel en Amanda Viljoen se dogter, Anthea

Jan Kaljee


Algemeen:

Reën in droë dele van die land, 

Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen 

die Coronavirus.

Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar My liefde vir jou sal nooit verdwyn nie.”
Jesaja 54:10



Verjaarsdae
09 Mei
Llewellyn Erasmus

10 Mei
Henry Boshoff
Nonnie Mathee

11 Mei
Yvonne Smith
Nina van den Heever

13 Mei
Martin Henning
Elma Kriek
Corrie Olivier

14 Mei

Pieter Pretorius

Ingrid Sobey

15 Mei

Gustav Fick

Deon van der Merwe

Erediens Tema: Sondag, 9 Mei


.

Pinkster 2021—
Five things God uses to grow your faith

Daar is tye wat ons elkeen vir ‘n oomblik of vir ‘n bepaalde tyd stilstaan in onsself en ons geloof begin bevraagteken. Daar is ook die tye wat ons na ander, sogenaamde geloofshelde om ons kyk en ons dan vir onsself sê: As ek net dieselfde geloof gehad het… of ek wens dat ek so groot geloof gehad het.

In ons Pinkster reeks gaan ons stilstaan by ‘n DVD reeks van Andy Stanley met die tema: Five things God uses to GROW your faith. Andy Stanley skryf die volgende oor die reeks: “Imagine how different your outlook on life would be if you had absolute confidence that God was with you. Imagine how differently you would respond to difficulties, temptations, and even good things if you knew with certainty that God was in all of it and was planning to leverage it for good. In other words, imagine what it would be like to have PERFECT faith.”

Andy Stanley begin die reeks met die hele gedagte rondom “Big Faith” en van daaruit behandel 5 goed wat vir ons help tot geloofsgroei.

Ons Pinksterreeks se program met die tema’s gaan soos volg lyk (Dit word doelbewus nie vertaal om jou nuuskierig te maak om te kom luister en daarin te deel):

Sondag 16 Mei – Big Faith (8h30 tydens die erediens)

Maandag 17 Mei – Practical Teaching (18h00 by die kerk)

Dinsdag 18 Mei – Providential Relatiosnhips (18h00 by die kerk)

Woensdag 19 Mei – Private Disciplines (18h00 by die kerk)

Donderdag 20 Mei – Personal Ministry (18h00 by die kerk)

Pinkstersondag 23 Mei – Pivotal Circumstances (8h30 tydens die erediens saam met ons Nagmaal geeleentheid)

In kort: Begeer jy om in jou geloof te kan groei en om meer van jou geloof te beleef en sterker daarin te word – moet dan nie ons Pinksterreeks misloop nie.

Let wel dat die Pinksterreeks slegs by die kerk aangebied gaan word en dat dit vanweë kopiereg nie via die internet uitgestuur gaan word nie.

Vanweë die Kovid regulasies gaan daar ongelukkig ook nie sop en toebroodjies bedien word nie – wat ‘n jammerte. Ons gaan dit verseker mis.

.

.

Vorige Uitgawes van die Nuusbrief

Jy kan van nou af die vorige uitgawes van die Gesinsnuus asook die Posduif ook lees deur te klik op die Nuusbriewe skakeltjie bo.

.

Leesrooster Tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die Hemelvaart: Psalm 47, Handelinge 1:1-11, Efesiërs 1:15-23 en Lukas 24:44-53.

.

Het jy ‘n vraelys vanaf jou kerkraadslid ontvang?

Teen hierdie tyd behoort u al ‘n vraelys vanaf u kerkraadslid te ontvang het waarin so ‘n paar vrae voor u geplaas word.

Daarmee saam ook ‘n lys van die betrokke aksies binne die gemeente waarop u kan aandui waar u betrokke wil raak.

Kontak Leonie by die Kerkkantoor (032 946 1198 of kerkkantoor@noordkus.co.za) indien u nie so ‘n vraelys ontvang het nie.

Indien u wel ‘n vraelys ontvang het wil ons u aanmoedig om dit in te vul en terug te stuur aan u betrokke kerkraadslid. Ons wil u ook daarvan verseker dat die invul van die vraelys heeltemal vrywillig is en dat die inligting daarop streng konfidensieel en professioneel hanteer sal word. Neem asseblief die vrymoedigheid om vir Ds Alwyn te kontak indien u enige vrae of onsekerheid het rakende die vraelys.

Baie dankie vir u samewerking in die verband.

.

Diensaksies binne die gemeente

Graag voorsien ons aan u as gemeentelede aan al die onderskeie diensaksies wat huidiglik binne die gemeente funksioneer tesame met die kontak besonderhede van ‘n leier by die betrokke diensaksies. Ons wil u graag uitnooi om as deel van die “Liggaam van Jesus Christus” by hierdie diensaksies betrokke te raak. Wil jy dit asseblief nie biddend oorweeg en so êrens as ledemaat van die Liggaam van Christus deel te kan wees nie.

Net vir duidelikheid, jy hoef nie op die kerkraad te dien om so betrokke te kan wees by ‘n diensaksie nie. Saam maak en kan ons ‘n verskil maak.

 

.


Nie-bederfbare produkte benodig vir die koskas

 

Ons lewe in baie taai tye en daar is mense wat die kerk nader vir kos. Ons sal bitter graag ons koskas wil aanvul met nie-bederfbare produkte sodat ons nie hierdie mense met leë hande hoef weg te stuur nie. As elke lidmaat net 1 item kan skenk, kan dit alreeds ‘n verskil maak en het ons iets om vir behoeftige persone te gee.

Blikkies kos, mieliemeel, suiker, olie, koffie, tee, grondboontjiebotter, konfyt ens kan by die Kerkkantoor afgegee word of Sondag in die krat geplaas word.


.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

Het jy onlangs van adres verander of nuwe epos / telefoon nommer gekry? Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.

.


Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Kovid-19 beperkings.

.


Ons Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Manne Kuier Saam

Die gemeente se manne kuier gereeld elke eerste en derde Saterdag om 07:00 saam by die kerk, met 'n stomende beker varsgemaalde moerkoffie en beskuit. Ons gesels lekker en lewendige gesprekke oor aktuele onderwerpe is aan die orde van die dag.  Enigeen is hartlik welkom om in te skakel, solank jy natuurlik ‘n man is!

Ek sien uit daarna om met jou te gesels by ons volgende opwindende gesprek!

Louis Nel

.

Mondi Herwinnings Projek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinnings-projek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.


.

Het jy kaste vol klere 

wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

.

Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, 

vetkoek en koeksisterverkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters elke Saterdag beskikbaar met bestellings. Plaas jou bestelling by 083 676 1998 (whatsapp of oproep) vir afhaal vanaf 08:30 by die kerk.

Sondag 09 Mei—Sjina

Sjinese gelowiges ervaar ʼn geweldige uitdaging om te midde van verskerpte vervolging sterk te staan en vir die Here te getuig. Bid vir wysheid vir die Kerk om beproewings te oorkom in ʼn toenemende vyandige omgewing.

Maandag 10 Mei—Indië

Die media in Indië word grootliks deur die regerende Bharatiya Janata Party beheer. Hulle misbruik dit om haatveldtogte op sosiale media van stapel te stuur. Bid dat God die harte van leiers sal verander sodat hulle hul mag vir alle mense se beswil sal gebruik.

Dinsdag 11 Mei—Kameroen

Sadia*, ʼn Gelowige vanuit ʼn Moslemagtergrond, probeer voortdurend om haar verhouding met haar familie te herbou – ondanks die feit dat hulle haar weens haar geloof dreig. Sy vra dat ons vir haar familie se redding moet bid. Bid ook vir haar genesing van kanker.

Woensdag 12 Mei—Bangladesj

Rukhia Raut (23) is verlede jaar deur Moslemmans seksueel aangerand en toe doodgemaak. Bid vir troos vir haar familie terwyl hulle hul hartseer probeer verwerk. Bid ook vir geregtigheid vir haar familie en ander families wat sulke tragedies moes deurmaak.

Donderdag 13 Mei—Turkye

Moslem-polisiemagte beskou bekering tot Christenskap as ʼn ongeldige rede om aan mense ʼn toevlug te gee. Dit skep vir Christen-vlugtelinge ʼn risiko om na hul tuislande gedeporteer te word. Bid dat die internasionale diplomatieke korps dit as ʼn ernstige probleem sal erken.

Vrydag 14 Mei—Somalië

Faith* (18) het ondanks die bedreiging van gevangenskap of lewensverlies gekies om Christus te volg. Dank die Here vir Faith se dapper keuse om Christus te volg. Bid vir haar veiligheid en dat haar oortuigings ʼn getuienis vir haar familie sal wees.

Saterdag 15 Mei—Arabiese Skiereiland

ʼn Christen-vrou ervaar ernstige vorms van aanranding weens haar geloof – eers deur haar familie en nou deur haar skoonfamilie. Bid dat die Heilige Gees haar sal versterk sodat sy in haar geloof kan vasstaan.