23 Mei 2021

Web: www.noordkus.co.za  Dagstukkies: www.dagstukkie.co.za

.

Leraar: Ds. Alwyn Small
032 525 8732•083 556 5837
leraar@noordkus.co.za

Kerkkantoor:
Leonie Spangenberg
032 946 1198
kerkkantoor@noordkus.co.za

Kantoorure:
Maandae:10:00-15:00
Woensdae: 08:00-15:00
Dinsdae, Donderdae, Vrydae: 08:00-13:00

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus
Eerste Nasionale Bank (FNB)
Rekening nr: 5373 165 9860;
Takkode: 220129

Gemeente Dagboek:

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/dagboek.html

.

Sondag 23 Mei

Pinksterfees

08:30 Nagmaal

Dinsdag 25 Mei

KZN Sinodesitting

09:00 Bybelstudie

Woensdag 26 Mei

KZN Sinodesitting

Donderdag 27 Mei

18:00 Selgroepe

Saterdag 29 Mei

11:30 Simunye ku Jesu

Sondag 30 Mei

08:30 Erediens

Erediens Sondag 23 mei
Voorbidding

Gesondheid:

Marie Dirks

Miriam Lyons

Piet van Zyl

Stoffel en Amanda Viljoen se dogter, Anthea

Frik Grobler se suster en swaer wat albei ernstig siek in die hospitaal is met Covid.


Algemeen:

Reën in droë dele van die land, 

Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen 

die Coronavirus.






Die Here sal voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie.”
Deuteronomium 31:8





Verjaarsdae

25 Mei

Barbara Coertze

Elizma du Toit

26 Mei

Petra de Klerk


Dames Ontbyt — 5 Junie

Dis hoog tyd dat die dames in die gemeente ‘n geleentheid kry om vir ‘n slag weer lekker saam te kuier en wat is beter as om ‘n heerlike ontbyt by ‘n pragtige, rustige plek te geniet.

Ons gaan Saterdag, 5 Junie om 09h00 by die pragtige Sage Café in Salt Rock ontbyt eet en saam kuier. Koste beloop R55 en sluit ‘n cappuccino en fooitjie in.

Maak solank ‘n nota in jou dagboek sodat jy nie hierdie lekker geleentheid misloop nie.

Vroulief wil graag ‘n verskil in die gemeenskap maak en daarom kombineer ons meeste van die tyd ons funksies met ‘n uitreikaksie. Hierdie keer gaan ons vir die Greytown Kinderhuis meisies van Huis Johannes Calvyn bederf met ‘n sakkie toiletware. Een van ons lidmate het pragtige sakkies gemaak en ons wil dit graag opvul met ‘n deodorant, koekie seep, klein pakkie tissues, handeroompie, en sanitêre produkte. Die idee is dat hulle die sakkie in hulle skooltas kan sit en sodoende alles byderhand kan hê.

Bring asb 1 of meer van bogenoemde produkte saam na die ontbyt en maak ook so ‘n verskil in ‘n jong meisie se lewe.

RSVP voor 3 Junie by Leonie 032 946 1198 of whatsapp 064 867 2995

.

Vorige Uitgawes van die Nuusbrief

Jy kan van nou af die vorige uitgawes van die Gesinsnuus asook die Posduif ook lees deur te klik op die Nuusbriewe skakeltjie bo.

.

Hartlik Welkom

Ons het bewys van lidmaatskap ontvang van Marie Herbst van NG Melmoth.

Baie welkom en ons gebede is dat jy baie seën sal ondervind in Noordkus Gemeente.

.

Leesrooster Tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die Pinksterfees: Esegiël 37:1-14, Psalm 104:24-34, 35b, Handelinge 2:1-21 en Johannes 15:26-27, 16:4b-15.

.

Diensaksies binne die gemeente

Graag voorsien ons aan u as gemeentelede aan al die onderskeie diensaksies wat huidiglik binne die gemeente funksioneer tesame met die kontak besonderhede van ‘n leier by die betrokke diensaksies. Ons wil u graag uitnooi om as deel van die “Liggaam van Jesus Christus” by hierdie diensaksies betrokke te raak. Wil jy dit asseblief nie biddend oorweeg en so êrens as ledemaat van die Liggaam van Christus deel te kan wees nie.

Net vir duidelikheid, jy hoef nie op die kerkraad te dien om so betrokke te kan wees by ‘n diensaksie nie. Saam maak en kan ons ‘n verskil maak.

 

.


Nie-bederfbare produkte benodig vir die koskas

 

Baie dankie aan diegene wat kos vir die koskas gebring het. Daar het egter nie baie ingekom nie en die behoefte is nog groot. Blikkies kos, mieliemeel, suiker, olie, koffie, tee, grondboontjiebotter, konfyt ens kan by die Kerkkantoor afgegee word of Sondag in die krat geplaas word.


.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

Het jy onlangs van adres verander of nuwe epos / telefoon nommer gekry? Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.

.


Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Kovid-19 beperkings.

.


Ons Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Manne Kuier Saam

Die gemeente se manne kuier gereeld elke eerste en derde Saterdag om 07:00 saam by die kerk, met 'n stomende beker varsgemaalde moerkoffie en beskuit. Ons gesels lekker en lewendige gesprekke oor aktuele onderwerpe is aan die orde van die dag.  Enigeen is hartlik welkom om in te skakel, solank jy natuurlik ‘n man is!

Ek sien uit daarna om met jou te gesels by ons volgende opwindende gesprek!

Louis Nel

.

Mondi Herwinnings Projek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinnings-projek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.


.

Het jy kaste vol klere 

wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

.

Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, 

vetkoek en koeksisterverkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters elke Saterdag beskikbaar met bestellings. Plaas jou bestelling by 083 676 1998 (whatsapp of oproep) vir afhaal vanaf 08:30 by die kerk.

Sondag 23 Mei—Sirië

Dit is in die huidige omstandighede ʼn groot uitdaging vir gelowiges om aan te hou hoop. Bid dat die Here hulle sal help om te sien waar Hy voor hulle uitgaan om die weg vir hulle voor te berei en dat hulle sal voel dat Hy hulle hande vashou.

Maandag 24 Mei—Libië

Emna* word weens haar geloof in Jesus deur haar man bedreig. Bid vir beskerming oor haar lewe en dat haar man nuuskierig sal word oor wat Emna in Jesus gevind het en Hom ook sal leer ken.

Dinsdag 25 Mei—Marokko

Habiba* se man het haar geskei omdat sy ʼn Christen geword het. Sy moet nou ʼn nuwe blyplek vind. Bid dat sy ʼn nuwe blyplek sal kry en toesig oor haar kinders sal behou.

Woensdag 26 Mei—Suid-Filippyne

Ons hoop dat gelowiges se geloof deur Bybelstudies versterk sal word. Bid dat hierdie Bybelstudies vrugte sal dra onder diegene wat dit bywoon, en dat hul geloof en verhouding met God hierdeur sal groei.

Donderdag 27 Mei—Indonesië

Bid vir kerke regdeur Indonesie dat hulle sal aanhou om die Here te soek en hul geloof in Hom sal vestig. Mag hulle Sy hand op hulle voel, ondanks alles wat hulle weens hul geloof moet verduur.

Vrydag 28 Mei—Laos

ʼn Christen-familie se huis is laat verlede jaar weens hul geloof verwoes. Bid vir beskerming en voorsiening vir hulle, asook vir ander gelowiges wat dieselfde lot in die gesig staar.

Saterdag 29 Mei—Irak

Irak is ʼn ryk land, maar die mense leef in armoede. Bid vir wysheid vir die heersers van die land sodat dit stabiel kan word en sal floreer. Bid ook dat Christene in hierdie land deur God as ʼn bron van hoop te midde van die duisternis gebruik sal word.