13 Junie 2021

Web: www.noordkus.co.za  Dagstukkies: www.dagstukkie.co.za

.

Leraar: Ds. Alwyn Small
032 525 8732•083 556 5837
leraar@noordkus.co.za

Kerkkantoor:
Leonie Spangenberg
032 946 1198
kerkkantoor@noordkus.co.za

Kantoorure:
Maandae:10:00-15:00
Woensdae: 08:00-15:00
Dinsdae, Donderdae, Vrydae: 08:00-13:00

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus
Eerste Nasionale Bank (FNB)
Rekening nr: 5373 165 9860;
Takkode: 220129

Gemeente Dagboek:

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/dagboek.html

.

Sondag 13 Junie

Biddag vir Jeug en Kategese

08:30 Erediens

Dinsdag 15 Junie

09:00 Bybelstudie

Woensdag 16 Junie

Jeugdag

Donderdag 17 Junie

Selgroepe

Saterdag 19 Junie

06:30 Manne Byeenkoms

11:30 Simunye ku Jesu

Sondag 20 Junie

Vadersdag

Nasionale dag vir Blindes

08:30 Erediens

 

Erediens Sondag 13 Junie

Voorbidding
.
Frik en Rene Grobler en Familie met die afsterwe van Frik se suster (kanker) en swaer (Kovid) die afgelope week.

Gesondheid:

Marie Dirks

Miriam Lyons

Piet van Zyl

Stoffel en Amanda Viljoen se dogter, Anthea

Louis van der Merwe

Aansterk na operasie:

Petrus Scholtz

Algemeen:

Reën in droë dele van die land, 

Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen 

die Coronavirus.




Here, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, U oor sal luister.”
Psalm 10:17





Verjaarsdae

14 Junie

Drien Schwartz

15 Junie

Johan Schwartz

Pierre van Staden

17 Junie

Carlia Fick

Hester Snyman

18 Junie

Nick Hall

19 Junie

Ria Coetsee

Hilmarie Erasmus

Paul Fouche

Derick Serfontein

Adellé van Staden

Leier en onderleier van die kerkraadslede

Dit is vir ons aangenaam om vir u deur te gee dat Wynand Maartens en Frik Grobler tydens ons afgelope kerkraadsvergadering onderskeidelik gekies is as leier en onderleier van die kerkraadslede. Ons bid hul albei die seën van die Here toe in hulle onderskeie rolle.

Projek by Jeuglokaal

Die kerkraad het die ooreenkoms met Lifeing en Salt40 gefinaliseer vir die gebruik van die Jeuglokaal. Dit is voorwaar ‘n nuwe opwindende geleentheid om ‘n wesenlike verskil aan die gemeenskap te maak, en om God se woord te verkondig, met woorde en in praktyk. 

Vandat die projek afgeskop het is volgende reeds bereik:

1.       ‘n Opleidingsessie op 12 Mei 2021, waar die Breakthrough program van One Million Strong aangebied is aan 20 jong leiers, waar hulle geleer het hoe om die jeug te bedien en te leer oor persoonlike waardes, beginsels, en ‘n verstaan van wie hulle is en hulle rol in die samelewing. Die program is totaal gebaseer op Bybelse beginsels en was aangebied deur die outeur van die program Paul Jones.

2.       Lifeing het hulle naaldwerk kursusse begin op die 13de Mei 2021, en het sedertdien 2 kursusse per week aangebied. Daar is ‘n moontlikheid om dit verder uit te brei na 3 of 4 kursusse per week. Tans ontvang 16 mense weeklikse opleiding.

3.       Die Salt40 “container” se hervestiging op die kerkterrein het heelwat beplanning ingesluit. Die span verantwoordelik hiervoor het lekker saamgewerk en projek was afgehandel op 20 Mei 2021.

 

4.       As deel van die ooreenkoms tussen die partye, was ‘n kontrakteur aangestel om ‘n paar verbeterings aan die jeuglokaal aan te bring (Die koste hiervoor was deur nuwe verbruikers betaal). Die veranderings het ingesluit om die hout buite deure en raam te vervang en van ‘n  veiligheidshek te voorsien, om diefwering en vensters te vervang, plafonne reg te maak en te verf, ens. Hierdie werk was afgehandel op die 27ste Mei. 

Die projek het en gaan nog ‘n groot verskil maak aan die samelewing rondom ons! Ons sal almal op hoogte hou van die vordering en ook waar ons lidmate by betrokke kan raak.

Groete

Wynand, Joey, Petro en Jacques.

Greytown Kinderhuis insameling

Hope toiletware was ingesamel vir die meisies van Greytown kinderhuis.

Die ouer meisies gaan elkeen 'n sakkie kry gevul met toiletware wat in hulle skooltas sal pas en die jonger meisies kry 'n sakkie met 'n teddiebeer en ook toiletware. En daar is boonop ekstra waarmee hulle die sakkie kan opvul.
Baie dankie aan elkeen wat 'n bydrae gelewer het.


Dame benodig werksgeleentheid

Hardwerkende en betroubare dame opsoek na ‘n algemene kantoorwerk hier in Ballito. Is bereid om te leer en te groei. Kan onmiddellik begin en het eie vervoer. Kontak Carmen Elliott by 083 620 8604 of carmenelliott65@gmail.com

Leesrooster tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 3de Sondag van Koninkrykstyd: 1 Samuel 15:34-16:13, Psalm 20, 2 Korintiërs 5:6-10 (11-13), 14-17 en Markus 4:26-34.

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

Het jy onlangs van adres verander of nuwe epos / telefoon nommer gekry? Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.

.


Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Kovid-19 beperkings.

.


Ons Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Manne Kuier Saam

Die gemeente se manne kuier gereeld elke eerste en derde Saterdag om 07:00 saam by die kerk, met 'n stomende beker varsgemaalde moerkoffie en beskuit. Ons gesels lekker en lewendige gesprekke oor aktuele onderwerpe is aan die orde van die dag.  Enigeen is hartlik welkom om in te skakel, solank jy natuurlik ‘n man is!

Ek sien uit daarna om met jou te gesels by ons volgende opwindende gesprek!

Louis Nel

.

Mondi Herwinnings Projek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinnings-projek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.


.

Het jy kaste vol klere 

wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

.

Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, 

vetkoek en koeksisterverkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters elke Saterdag beskikbaar met bestellings. Plaas jou bestelling by 083 676 1998 (whatsapp of oproep) vir afhaal vanaf 08:30 by die kerk.

Sondag 13 Junie—Nigerië

Victor (20) en ʼn vriend is in November verlede jaar deur Fulani-veewagters aangeval. Victor het verskeie skietwonde aan sy regterbeen opgedoen. Sy been het infeksie gekry en moes geamputeer word. Bid dat die Here vir Victor sal voorsien, aangesien hy bekommerd is oor hoe hy as die enigste broodwinner vir sy familie sal kan voorsien, noudat hy gestremd is.

Maandag 14 Junie—Kenia

Peninah is ʼn jong weduwee sedert haar man, Paul, in 2018 deur Al-Shabaab doodgemaak is. Met die uitbreking van Covid-19 het Geopende Deure haar gehelp met broodnodige noodsaaklikhede en ʼn naaimasjien. Bid dat God haar onderneming sal laat groei terwyl sy haar modeontwerp-vaardighede aanwend om haar familie te ondersteun.

Dinsdag 15 Junie—Ethiopië

Khalid* het mieliegewasse geplant wat gehelp het om sy familie te voed en te ondersteun. Sy gewasse is egter in 2020 deur sprinkaanswerms in Ethiopië vernietig. Sedertdien kon ons hom weens die geweld in die gebied nie met ondersteuning bereik nie. Bid dat die Here vir sy familie sal voorsien in hierdie moeilike tyd.

Woensdag 16 Junie—Demokratiese Republiek van die Kongo

Die Geallieerde Demokratiese Magte het ʼn sterk Islamitiese uitbreidingsagenda. Die groep is berug vir moorde met wrede wapens, wat dorpe laat leegloop soos wat mense na veiliger gebiede vlug. Bid vir wysheid vir pastore wat aan hul kuddes bedien in hierdie onseker en gevaarlike omstandighede.

Donderdag 17 Junie—Colombië

Verskeie Geopende Deure-spanlede is in 2020 weg, terwyl ander nou nuwe rolle vervul. Bid vir goeie werkspanne in elke afdeling, veral in Navorsing en Kommunikasie. Bid terselfdertyd vir nuwe mense met die nodige vaardighede vir ons werk in Colombië.

Vrydag 18 Junie—Noord-Korea

Bid dat geheime gelowiges in Noord-Korea te midde van voortslepende vervolging en swaarkry met die waarheid, vrede, geloof en die Heilige Gees se teenwoordigheid versterk sal word.

Saterdag 19 Junie—Arabiese Skiereiland

Ons vennote in hierdie streek benodig ʼn nuwe vlaag van bemoediging. Een kollega deel: “Ek is aangeraak deur ʼn vennoot wat in trane uitgebars het, terwyl sy vertel het hoe moeg sy daarvoor is om haarself gedurig tot aksie te motiveer.” Bid dat God ons familie in Christus in hierdie streek sal versterk.