20 Junie 2021

Web: www.noordkus.co.za  Dagstukkies: www.dagstukkie.co.za

.

Leraar: Ds. Alwyn Small
032 525 8732•083 556 5837
leraar@noordkus.co.za

Kerkkantoor:
Leonie Spangenberg
032 946 1198
kerkkantoor@noordkus.co.za

Kantoorure:
Maandae:10:00-15:00
Woensdae: 08:00-15:00
Dinsdae, Donderdae, Vrydae: 08:00-13:00

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus
Eerste Nasionale Bank (FNB)
Rekening nr: 5373 165 9860;
Takkode: 220129

Gemeente Dagboek:

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/dagboek.html

.

Sondag 20 Junie

Vadersdag

Nasionale dag vir Blindes

08:30 Erediens

Donderdag 24 Junie

Selgroepe

Saterdag 26 Junie

11:30 Simunye ku Jesu

Sondag 27 Junie

08:30 Erediens

Erediens Sondag 20 Junie

Voorbidding
.
Frik en Rene Grobler en Familie met die afsterwe van Frik se suster (kanker) en swaer (Kovid) die afgelope week.

Gesondheid:

Marie Dirks

Miriam Lyons

Piet van Zyl

Stoffel en Amanda Viljoen se dogter, Anthea

Louis van der Merwe

Maria Coughlan (Covid)

Aansterk na operasie:

Petrus Scholtz

Algemeen:

Reën in droë dele van die land, 

Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen 

die Coronavirus.




Laat jou geloof toe om jou die pad te wys, selfs al weet jy nie waarheen dit jou sal neem nie. GOD weet, en dit is genoeg”

2 Kor. 5:7







Verjaarsdae

20 Junie

Joop Vis

23 Junie

Gideon Grobler

Hannie van den Berg

Arloh Weideman-Fourie

24 Junie

Joan Gama

Janika Greyling

Ria van Zyl

Gelukkige Vadersdag aan al ons manne

Gelukkige Vadersdag aan al die pappas en oupa’s. Julle is uniek en kosbaar.  Dankie vir alles wat julle vir julle gesinne doen en beteken.

Terugvoer op lidmaatvraelyste

Die vraelyste wat aan lidmate uitgestuur was vorm deel van die herbeplanning van die bedieningsaksies waarmee die kerkraad tans besig is. Baie dankie aan elke gesin wat terugvoer gegee het, maar onthou as enigeen nog die vraelys wil voltooi is julle welkom om dit in te vul en aan die kerkkantoor of julle wyksleier te stuur.  Elke lidmaat se insette is belangrik aangesien ons as kerkraad slegs inligting wat aan ons bekend is, kan gebruik in ons beplanning.

Die kerkraad het, tydens hul vergadering op 2 Junie, die terugvoer van die vraelyste bespreek en ons is opgewonde met die besluite wat tydens die geleentheid geneem is.

As deel van die evaluering van die vraelyste is  besluit om spesifiek te kyk na hoe die verskillende ouderdomsgroepe op die vrae gereageer het. Die oefening het baie interessante resultate gelewer wat gebruik gaan word tydens ons herbeplanning.

Die volgende inligting van ons gemeente mag vir julle interessant wees:

Totale lidmate is 389 wat as volg saamgestel is:

Kleuters (0 - 6 jaar) = 25

Kinders (7 – 17 jaar) = 31

Volwassenes (18 – 40 jaar) = 74

Middeljariges (41 – 65 jaar) = 147

Bejaardes (66 jaar en ouer) = 137

Daar is ‘n totaal van 198 besoekpunte in ons gemeente wat in 26 wyke ingedeel is. Uit ‘n praktiese oogpunt wil ons ‘n wyk beperk tot ‘n maksimum van 10 besoekpunte. Daar is dus 6 wyke wat huidig vakant is. Die vul van die vakante wyksleier posisies is ‘n hoë prioriteit vir die kerkraad.

Van die 198 besoekpunte aan wie vraelyste uitgestuur was het slegs 67 terugvoer gegee. Die resultate van elke vraag op die vraelys is individueel deur die kerkraad bespreek en daar is ‘n besluit op elke vraag geneem, naamlik hoe/wat/ wanneer en deur wie die aktiwiteite verder geneem gaan word. Die gemeente sal op ‘n gereelde basis op hoogte gehou word met die vordering van al die aktiwiteite.

Die afname in die ledetal van die gemeente die afgelope jare, tesame met die onbetrokkenheid van n groot gedeelte van ons huidige lidmate,  is n groot bekommernis vir die kerkraad. Dit het n negatiewe impak op die geestelike groei en finansiële situasie van die gemeente.  Die kerkraad het opnuut bevestig dat beide wyke en selgroep deel vorm van die gemeente se toekomstige bedieningsaksies.

Die kerkraad wil elke lidmaat versoek om regtig moeite te doen om aktief betrokke te raak by die aktiwiteite en ander diensaksies  van die gemeente. Onthou dat my en jou God gegewe gawes en talente aan Ballito Gesinskerk toevertrou is, om hier vrug te dra.

Wynand Maartens (Kerkraadsleier)

 

.

Leesrooster tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 4de Sondag van Koninkrykstyd: 1 Samuel 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49, Psalm 9:9-20, 2 Korintiërs 6:1-13 en Markus 4:35-41.

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

Het jy onlangs van adres verander of nuwe epos / telefoon nommer gekry? Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.

.


Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Kovid-19 beperkings.

.


Ons Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Manne Kuier Saam

Die gemeente se manne kuier gereeld elke eerste en derde Saterdag om 07:00 saam by die kerk, met 'n stomende beker varsgemaalde moerkoffie en beskuit. Ons gesels lekker en lewendige gesprekke oor aktuele onderwerpe is aan die orde van die dag.  Enigeen is hartlik welkom om in te skakel, solank jy natuurlik ‘n man is!

Ek sien uit daarna om met jou te gesels by ons volgende opwindende gesprek!

Louis Nel

.

Mondi Herwinnings Projek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinnings-projek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.


.

Het jy kaste vol klere 

wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

.

Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, 

vetkoek en koeksisterverkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters elke Saterdag beskikbaar met bestellings. Plaas jou bestelling by 083 676 1998 (whatsapp of oproep) vir afhaal vanaf 08:30 by die kerk.

Sondag 20 Junie—Palestynse Gebiede

Leiers, kerkleiers, jeugleiers en leiers van vrouegroepe benodig almal hope wysheid, kreatiwiteit en uithouvermoe om manière te vind vir hul lede om te ontmoet. Bid vir energie, gesondheid en krag om mekaar te midde van die pandemie te dien.

Maandag 21 Junie—Suid-Filippyne

Die streek van Bangsamoro het twee jaar gelede outonomie gekry, maar die implementering daarvan is weens Covid-19 uitgestel. Dit gee genadiglik aan kerke meer tyd om vrylik rond te beweeg. Bid dat die Here se wil in hierdie seisoen sal seëvier en dat Christene sterk in hul geloof sal staan.

Dinsdag 22 Junie—Kameroen

Die verre noorde van Kameroen is as ʼn “rooi sone” gemerk weens die geweld deur Boko Haram. Dorpe in die streek is die afgelope agt jaar gedurig aangeval, met geen einde in sig nie. Bid vir beskerming vir gelowiges en dat hulle nie hul geloof sal prysgee nie.

Woensdag 23 Junie—Libanon

Die ontploffing wat amper ʼn jaar gelede in die hawe van Beiroet plaasgevind het, is nog vars in almal se geheue. Die bevolking het al voorheen bomontploffings, oorloë en onrus deurgemaak, maar dit lyk asof hierdie ontploffing die breekpunt vir baie mense was. Bid vir ʼn blywende oplossing vir die politieke en ekonomiese situasie in die land.

Donderdag 24 Junie—Sirië

Talle weduwees soos Rasha Ashji en Jina Baydun word afgeskeep deur hulle gemeenskappe sedert hul mans vermis geraak of in die voortslepende oorlog doodgemaak is. Hulle ly aan depressie. Bid vir Rasha, Jina en talle ander vroue wat probleme ervaar en die enigste broodwinners in hul families is.

Vrydag 25 Junie—Iran

Huwelike is onder toenemende druk weens die verslegtende ekonomie, addisionele uitdagings weens Covid-19 en talle ander vorme van druk. Gelowiges is nie immuun hierteen nie. Bid dat hulpbronne om huwelike te versterk diegene wat dit die nodigste het, sal bereik.

Saterdag 26 Junie—Turkye

Christen-vlugtelinge wat in Turkye woon, word nie toegelaat om vrylik te reis nie. Hulle kan ook nie na hul tuislande terugkeer of na Westerse lande gaan nie. Hulle voel soos gevangenes en sukkel om te oorleef. Bid vir plaaslike inisiatiewe om soveel vlugtelinge as moontlik te help.