18 Julie 2021

Web: www.noordkus.co.za  Dagstukkies: www.dagstukkie.co.za

.

Leraar: Ds. Alwyn Small
032 525 8732•083 556 5837
leraar@noordkus.co.za

Kerkkantoor:
Leonie Spangenberg
032 946 1198
kerkkantoor@noordkus.co.za

Kantoorure:
Maandae:10:00-15:00
Woensdae: 08:00-15:00
Dinsdae, Donderdae, Vrydae: 08:00-13:00

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus
Eerste Nasionale Bank (FNB)
Rekening nr: 5373 165 9860;
Takkode: 220129

Gemeente Dagboek

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/dagboek.html

Die eredienste op Sondag oggende by die kerk bly gesluit tot verdere kennisgewing. Ons gaan egter die eredienste opneem op video en dit dan Sondagoggend op Youtube beskikbaar stel.

Sondag 18 Julie

08:30 Virtuele Erediens

Sondag 25 Julie

08:30 Virtuele Erediens

.

.

Virtuele Erediens Sondag 18 Julie


.

Voorbidding en Verjaarsdae

.

BAIE BELANGRIK:

Wetgewing vereis dat alle lidmate skriftelike toestemming gee dat hulle inligting deur die gemeente gebruik mag word.

Huidiglik is ons nog in die proses om die POPIA toestemmingsbriewe in te samel. Ons moedig lidmate aan om so gou as moontlik die toestemmingsbriewe aan ons terug te besorg.

Die verjaarsdae en voorbiddingslys sal eers geplaas kan word sodra dit afgehandel is.

Verjaarsdae:

Hartlik geluk aan elke lidmaat wat hierdie week verjaar. Liefde, vreugde en vrede word u toegewens vir die nuwe lewensjaar.

Voorbidding:

Algemeen:

Reën in droë dele van die land, Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen die Coronavirus.

Selfs as ek in die donkerste kloof ingaan,

is ek nie bang vir gevaar nie,

want U is by my.

Dit is u staf en u stok

wat my gerusstel.”

Psalm 23:4

.

NOODHULP aangebied

Die HELP KZN Noodfonds is besig om uit te reik na na al die gemeentes in KwaZulu-Natal. So is daar ook 'n hand na Ballito uitgereik. Hulle is bereid om kospakkies af te lewer aan ons gemeente vir enige lidmate wat moontlik finansieel getref is deur die oproer en nie kan bekostig om nou kos te koop nie, of veral ook bejaardes wat nie in lang toue by supermarkte kan staan nie. Indien jy in so 'n situasie verkeer, kontak asseblief dadelik vir Ds Alwyn,die kerkkantoor of jou kerkraadslid sodat ons die nodige reëlings kan tref.

.

Hoenderprojek

Ons het ‘n reëling kon tref met Rainbow Chickens om op gereelde basis hoender, en later ook ander produkte in ons gemeente af te lewer. Hulle sal Maandag 19 Julie die eerste aflewering doen. Slegs 5kg gemengde porsies is op die stadium beskikbaar teen R175 per pak (R35 per kg). Bestellings moet nou geplaas word en ons moet Rainbow voor 11:00 vandag in kennis stel. Betaling kan slegs geskied deur kontant of die kerk se Zapper. Jy kan ook ‘n EFT betaling doen en dan die bewys van betaling aan die kerk stuur. Aangesien die banke nog toe is versoek ons asseblief dat die korrekte bedrag byderhand is. Bring asseblief eie plastieksakke. Die tyd van afhaal sal eers Maandag oggend bevestig word.

Plaas bestellings slegs per Whatsapp by Joey Martins – 082 857 8297

.

Die kerk trek swaar sonder die eredienskollekte inkomste

Maak asseblief jou eredienskollekte bydrae soos wat jy normaalweg op ‘n Sondag sou gemaak het deur van Zapper te gebruik of ‘n eft inbetaling in die kerk se rekening te doen.

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus

Eerste Nasionale Bank (FNB)

Rekening nr: 5373 165 9860;

Takkode: 220129

.

BAIE BELANGRIK: POPI Kennisgewing

Ons het relatief min terugvoer van die gemeente gekry met die toestemmingsbriewe.

Ons doen ‘n dringende beroep op diegene wat nog nie die vorms voltooi het nie, om dit asseblief so gou as moontlik te voltooi.

Die vorms is per epos en whatsapp uitgestuur. Indien u nie ‘n vorm gekry het nie, kan u die Kerkkantoor kontak.

 

.

Beroep Ds. Alwyn

Hiermee gee ons aan u as gemeente kennis dat Ds Alwyn ‘n beroep ontvang het na die NG Gemeente Parow-Panorama in die Wes Kaap. Kom ons gebruik hierdie tyd in besonder om in te tree in gebed vir Ds Alwyn en Esna, vir ons as gemeente sowel as vir Parow-Panorama in hierdie seisoen. Mag ons net beleef hoedat die Here op ‘n besondere manier vir ons net kom seën in Sy liefde en wysheid.

 

.

Covid

n Spesiale uitreik aan elkeen wat in hierdie moeilike tyd finansieel geraak word deur die huidige inperking, asook almal wat familie en vriende het wat veg teen Covid of wat self dit ook het.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sȇ vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, julle God is hier”

Jesaja 35:3-4

Skakel gerus vir Ds. Alwyn indien daar voorbidding vir iemand gedoen moet word.

 



Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisterverkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters is steeds elke Saterdag beskikbaar by die kerk. Kom  kry stomende, varsgebakte, smullekker pannekoek en vetkoek! Jy kan ook 'n bestelling plaas per whatsapp of oproep by 083 676 1998 vir afhaal vanaf 08:30 by die kerk. Kovid protokols word streng gevolg.

.

Manne Kuier Saam

Weens die nuutste regulasies rondom inperkings, sal die gemeente se manne weer elke Saterdag om 07:00 saamkuier op  Zoom,  waar ons lekker gesels en lewendige gesprekke voer oor aktuele onderwerpe.  Enigeen is hartlik welkom om in te skakel, solank jy natuurlik ‘n man is! Die Zoom ID en Wagwoord sal Vrydag op die Manne Whatsapp groep deurgegee word.

Ek sien uit daarna om met jou te gesels by ons volgende opwindende gesprek!

Louis Nel

.


Leesrooster tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 7de Sondag van Koninkrykstyd: Efesiërs 1:3-14, 2 Samuel 6:1-5, 12b-19, Psalm 24 en Markus 6:14-29.

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

Het jy onlangs van adres verander of nuwe epos / telefoon nommer gekry? Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.

.


Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Kovid-19 beperkings.

.


Ons Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Mondi Herwinnings Projek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinnings-projek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.


.

Het jy kaste vol klere 

wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

.


18 Nepal

Daaglikse loonarbeiders en talle ander mense het hul werk tydens die Covid-19- inperking verloor. Talle mense sukkel nog om werk te kry, wat dit moeilik maak om hul families te ondersteun. Bid dat God vir hulle sal voorsien, hulle sal help om goeie werk te kry en hulle in hul werk sal seen.

19 Ethiopië

Dari* (9) is in 2019 seksueel aangerand deur ʼn seun in haar dorp omdat sy ʼn Christen is. Bid vir geregtigheid vir Dari en dat die Here haar fisies, geestelik en emosioneel ten volle sal genees van die trauma wat sy ervaar het.

20 Kenia

Jemima* het tot bekering gekom nadat sy haar Moslem-familie se woning verlaat het. Haar familie het gedreig om haar in ʼn huwelik met ʼn Moslem-man te dwing, wat haar sou toesluit. Bid dat sy ondanks die dreigemente sterk sal staan in haar oortuiging en in haar geloof versterk sal word.

21 Libanon

ʼn Christen van Libanon se: “Ons moet die Here dank dat ons nog leef. Die jaar 2020 het nie aan ons baie geleenthede gegee om asem te haal nie.” Bid dat die Here die Kerk in Libanon hierdie jaar sal onderhou en aan dit wysheid sal gee vir alles wat gedoen word.

22 Mianmar

Christen-Rohingyas word deur die regering vervolg omdat hulle ʼn minderheidsgroep is, asook deur Moslem-Rohingyas omdat hulle Islam verlaat het. Hulle wil na hul huise terugkeer omdat hulle uitdagings in vlugtelingkampe ervaar. Bid dat God hulle sal help om ʼn tuiste te vind waar hulle in vrede kan bly.

23 Sirië

Dit is in die huidige omstandighede ʼn groot uitdaging vir gelowiges om aan te hou hoop. Bid dat die Here hulle sal help om te sien waar Hy voor hulle uitgaan om die weg vir hulle voor te berei en dat hulle sal voel dat Hy hulle hande vashou.

24 Libië

Emna* word weens haar geloof in Jesus deur haar man bedreig. Bid vir beskerming oor haar lewe en dat haar man nuuskierig sal word oor wat Emna in Jesus gevind het en Hom ook sal leer ken.