25 Julie 2021

Web: www.noordkus.co.za  Dagstukkies: www.dagstukkie.co.za

.

Leraar: Ds. Alwyn Small
032 525 8732•083 556 5837
leraar@noordkus.co.za

Kerkkantoor:
Leonie Spangenberg
032 946 1198
kerkkantoor@noordkus.co.za

Kantoorure:
Maandae:10:00-15:00
Woensdae: 08:00-15:00
Dinsdae, Donderdae, Vrydae: 08:00-13:00

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus
Eerste Nasionale Bank (FNB)
Rekening nr: 5373 165 9860;
Takkode: 220129

Gemeente Dagboek

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/dagboek.html

Die eredienste op Sondag oggende by die kerk bly gesluit tot verdere kennisgewing. Ons gaan egter die eredienste opneem op video en dit dan Sondagoggend op Youtube beskikbaar stel.

Sondag 25 Julie

08:30 Virtuele Erediens

Sondag 1 Augustus

08:30 Virtuele Erediens

.

.

Virtuele Erediens Sondag 25 Julie

.

Voorbiddingslys

.


Gesondheid:

Marie Dirks

Miriam Lyons

Piet van Zyl

Stoffel en Amanda Viljoen se dogter, Anthea

Louis van der Merwe

Aansterk na operasie:

Petrus Scholtz

Algemeen:

Reën in droë dele van die land, Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen die Coronavirus.

Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees.”

Psalm 27:1

.

Verjaardsae

25 Julie

Magriet Kotze

 

26 Julie

Justin Coetsee

Maria Coughlan

Chris-Mari Geyer

28 Julie

Jan van der Merwe

Nicola Venter

 

29 Julie

Heindrich Brasse

Bea van Schoor

 

30 Julie

Louis Nel

 


.

Die kerk trek swaar sonder die eredienskollekte inkomste

Maak asseblief jou eredienskollekte bydrae soos wat jy normaalweg op ‘n Sondag sou gemaak het deur van Zapper te gebruik of ‘n eft inbetaling in die kerk se rekening te doen.

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus

Eerste Nasionale Bank (FNB)

Rekening nr: 5373 165 9860;

Takkode: 220129

.

Ballito Gesinskerk in die nuus

Ná verlede week se plundertogte is dit nou tonele van mense wat sáám opvee, wag staan, kospakkies uitdeel of vragte vol benodigdhede aanry, wat ’n mens se hart ontroer, berig Heléne Meissenheimer van die Kerkbode.

Só ook het Ballito-gesinskerk die behoefte aan kos in hulle gemeenskap raakgesien met die meeste winkels gesluit of die kosvoorraad uitverkoop. Hulle het ook hoender per trok laat kom en dit dan weer verkoop aan hulle eie lidmate asook aan al die ander kerke in Ballito. Die kerk werk ook saam met Solidariteit Helpende Hand om as afsetpunt te dien vir kospakkies vir behoeftiges asook bejaardes wat nie by die winkels kan uitkom nie.”

Lees gerus die volledige artikel by https://kerkbode.christians.co.za/2021/07/22/kyk-hoe-gemeentes-en-lidmate-kzn-en-gauteng-weer-herbou/ en sien ook hoe ons ander KZN gemeentes saamgestaan het deur die oproering.

 



BAIE BELANGRIK: POPI Kennisgewing

Ons het relatief min terugvoer van die gemeente gekry met die toestemmingsbriewe.

Ons doen ‘n dringende beroep op diegene wat nog nie die vorms voltooi het nie, om dit asseblief so gou as moontlik te voltooi.

Die vorms is per epos en whatsapp uitgestuur. Indien u nie ‘n vorm gekry het nie, kan u die Kerkkantoor kontak.

 



Covid

n Spesiale uitreik aan elkeen wat in hierdie moeilike tyd finansieel geraak word deur die huidige inperking, asook almal wat familie en vriende het wat veg teen Covid of wat self dit ook het.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sȇ vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, julle God is hier”

Jesaja 35:3-4

Skakel gerus vir Ds. Alwyn indien daar voorbidding vir iemand gedoen moet word.

Nood hulp aangebied

Die HELP KZN Noodfonds is besig om uit te reik na na al die gemeentes in KwaZulu-Natal. So is daar ook 'n hand na Ballito uitgereik. Hulle is bereid om kospakkies af te lewer aan ons gemeente vir enige lidmate wat moontlik finansieel getref is deur die oproer en nie kan bekostig om nou kos te koop nie, of veral ook bejaardes wat nie in lang toue by supermarkte kan staan nie. Indien jy in so 'n situasie verkeer, kontak asseblief dadelik vir Ds Alwyn, die kerkkantoor of jou kerkraadslid sodat ons die nodige reëlings kan tref.

Salt 40 Foundation insameling

Net om almal te laat weet dat die "raffle draw" ter ondersteuning van die Salt 40 Foundation, met 'n maand uitgestel is tot 18 Augustus, so ons wil kyk hoeveel ons nog in die volgende maand kan insamel.

Indien julle nog kaartjies wil koop, kontak asb vir Leonie by die Kerkkantoor.

 

 

.

Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisterverkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters is steeds elke Saterdag beskikbaar by die kerk. Kom  kry stomende, varsgebakte, smullekker pannekoek en vetkoek! Jy kan ook 'n bestelling plaas per whatsapp of oproep by 083 676 1998 vir afhaal vanaf 08:30 by die kerk. Kovid protokols word streng gevolg.

.

Manne Kuier Saam

Weens die nuutste regulasies rondom inperkings, sal die gemeente se manne weer elke Saterdag om 07:00 saamkuier op  Zoom,  waar ons lekker gesels en lewendige gesprekke voer oor aktuele onderwerpe.  Enigeen is hartlik welkom om in te skakel, solank jy natuurlik ‘n man is! Die Zoom ID en Wagwoord sal Vrydag op die Manne Whatsapp groep deurgegee word.

Ek sien uit daarna om met jou te gesels by ons volgende opwindende gesprek!

Louis Nel

.

Leesrooster tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 7de Sondag van Koninkrykstyd: Efesiërs 1:3-14, 2 Samuel 6:1-5, 12b-19, Psalm 24 en Markus 6:14-29.

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

Het jy onlangs van adres verander of nuwe epos / telefoon nommer gekry? Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.

.


Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Kovid-19 beperkings.

.


Ons Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Mondi Herwinnings Projek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinnings-projek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.


.

Het jy kaste vol klere 

wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

.


Sondag 25 Julie—Sjina

In Desember 2019 is pastoor Wang Yi tot nege jaar tronkstraf gevonnis. Sy “misdaad” was dat sy relatiewe groot, uitgesproke huiskerk geweier het om by die Drie-Self Staatsgesanksioneerde Kerk te registreer. Bid dat pastoor Wang Yi selfs in die tronk bewus sal wees van God se liefde en teenwoordigheid, en dat God hom sal gebruik om as ʼn lig in ʼn donker plek te skyn.

Maandag 26 Julie—Kameroen

Habiba (20) is vroeër vanjaar gewelddadig aangerand deur haar Moslem-pa omdat sy daarop aangedring het om kerk toe te gaan. Bid vir krag vir Habiba terwyl sy teenkanting weens haar geloof ervaar en vir wysheid vir haar pastoor oor hoe om haar ouers en hul dreigemente te hanteer.

Dinsdag 27 Julie—Irak

Indien ʼn mens na Irak se geskiedenis kyk, sal jy sien dat die mense van die land sedert 1958 deur talle oorloë, ontwrigtings, rewolusies en rampe geteister is. Bid dat die Irakse mense vrede sal vind en ʼn land kan opbou waar kinders, tieners en jongmense kan leef en floreer.

Woensdag 28 Julie—Libië

Ihab*, ʼn Christin, bly by haar familie. Sy het hulle uit vrees vir die nagevolge nog nie vertel dat sy in Jesus glo nie. Bid vir beskerming vir haar en vir ʼn omgewing waarin sy in haar geloof kan groei.

Donderdag 29 Julie—Colombië

Voormalige vegters wat Christene geword het, ervaar sterk druk van die onwettige groepe wat hulle verlaat het. Bid vir hul beskerming teen hierdie groepe, en dat hulle in hul geloof sal groei en wysheid sal hȇ om na diegene in hierdie onwettige groepe uit te reik.

Vrydag 30 Julie—Arabiese Skiereiland

Die Kerk groei in die Arabiese Skiereiland, maar misverstande lei tot verdeeldheid wat die Kerk elke dag bedreig. Bid dat God aan gelowiges ʼn houding sal gee om vredemakers te wees, soos in Matteus 5:9 beskryf word.

Saterdag 31 Julie—Libanon

ʼn Christen se: “Ons glo dat Jesus die situasie in hierdie land kan verander. Alle pogings om vir die mense van Libanon lewe te bring, het misluk. Die situasie versleg al meer, maar ons weet dat Jesus by ons is!” Bid dat die Kerk sal aanhou om in hierdie moeilike tyd ʼn ligdraer te wees.