1 Augustus 2021

Web: www.noordkus.co.za  Dagstukkies: www.dagstukkie.co.za

.

Leraar: Ds. Alwyn Small
032 525 8732•083 556 5837
leraar@noordkus.co.za

Kerkkantoor:
Leonie Spangenberg
032 946 1198
kerkkantoor@noordkus.co.za

Kantoorure:
Maandae:10:00-15:00
Woensdae: 08:00-15:00
Dinsdae, Donderdae, Vrydae: 08:00-13:00

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus
Eerste Nasionale Bank (FNB)
Rekening nr: 5373 165 9860;
Takkode: 220129

Gemeente Dagboek

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/dagboek.html

Sondag 01 Augustus

08:30 Erediens

Dinsdag 03 Augustus

09:00 Bybelstudie

Donderdag 05 Augustus

Selgroepe

Saterdag 07 Augustus

07:00 Mannebyeenkoms

11:30 Simunye ku Jesu

Sondag 08 Augustus

08:30 Erediens



Neem kennis dat Ds Alwyn vanaf 1-29 Augustus met verlof sal wees.

Gedurende Augustus-maand sal die eredienste deur Ds Gert Vorster waargeneem word.

 

.


Voorbiddingslys

.


Gesondheid:

Marie Dirks

Miriam Lyons

Piet van Zyl

Stoffel en Amanda Viljoen se dogter, Anthea

Louis van der Merwe


Algemeen:

Reën in droë dele van die land, Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen die Coronavirus.

God het vandag vir jou gemaak, geniet dit saam met Hom, Hy leef in jou.

Efesiërs 4:6

.

Verjaardsae

01 Augustus

Cobus Fourie

03 Augustus

Markus van den Heever

04 Augustus

Annette Scholtz

06 Augustus

Frik Grobler

Marius Pretorius

Liesl Venter

 

 


.

Beroep van Ds. Alwyn na Parow Panorama

Liewe gemeente,

Na ‘n bediening van 20 jaar in die gemeente het ek en Esna besluit om wel die beroep na Parow Panorama gemeente in die Wes Kaap te aanvaar. Ons is uit ons harte uit dankbaar vir die tydperk wat ons hier in die gemeente kon dien. Dit was ‘n voorreg. Soveel mooi herinneringe en verhoudinge is oor die jare gebou wat ons saam met ons in ons harte sal neem na ons nuwe tuiste toe. Dit is hier waar ons kinders grootgeword het en waarin ons as gesin wonderlike tye saam geniet het. Ons is die Here innig dankbaar vir die 20 jaar in die gemeente, maar terselfdertyd ook dankbaar vir die nuwe geleenthede, uitdagings en volgende fase van die bediening vir ons. Ons is ten minste nog tot die einde van Augustus hier. U as gemeente sal met verloop van tyd en soos wat al die nodige trekreëlings getref is in kennis gestel word van die afskeidsgeleentheid.

Met die aanbreek van die nuwe hoofstuk in ons lewens, breek daar ook ‘n nuwe hoofstuk in die gemeente aan. Ons vra dat u elkeen in besonder vir die Kerkraad en vir die gemeente sal intree in gebed vir die nuwe hoofstuk wat aanbreek in die gemeente. Bid vir hulle vir die nodige wysheid en leiding.

Ds Alwyn en Esna

Verlof Ds. Alwyn

Neem kennis dat Ds. Alwyn vanaf 1-29 Augustus met verlof sal wees. Gedurende Augustus-maand sal die eredienste deur Ds. Gert Vorster waargeneem word.

Die kerk trek swaar sonder die eredienskollekte inkomste

Maak asseblief jou eredienskollekte bydrae soos wat jy normaalweg op ‘n Sondag sou gemaak het deur van Zapper te gebruik of ‘n eft inbetaling in die kerk se rekening te doen.

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus

Eerste Nasionale Bank (FNB)

Rekening nr: 5373 165 9860;

Takkode: 220129

.

Ballito Gesinskerk spog met ‘n splinternuwe webblad

Ons is baie opgewonde, want Ballito Gesinskerk het 'n splinternuwe webblad!

Ons ou webblad is al 'n hele paar jaar oud, en dit was tyd dat hy 'n nuwe baadjie kry.

Loer gerus by noordkus.co.za

Daar is allerhande interessanthede en inligting oor ons gemeente asook skakels na ander belangrike instansies. Jy kan nou selfs belangrike dokumente daar aflaai.

Die webblad groei steeds, en enige goeie wenke oor hoe om dit te verbeter sal verwelkom word.

Kontak Louis Nel by louis@dagstukkie.co.za of 082 771 4925

BAIE BELANGRIK: POPI Kennisgewing

Ons het relatief min terugvoer van die gemeente gekry met die toestemmingsbriewe.

Ons doen ‘n dringende beroep op diegene wat nog nie die vorms voltooi het nie, om dit asseblief so gou as moontlik te voltooi.

Die vorms is per epos en whatsapp uitgestuur. Indien u nie ‘n vorm gekry het nie, kan u die Kerkkantoor kontak.

Covid

n Spesiale uitreik aan elkeen wat in hierdie moeilike tyd finansieel geraak word deur die huidige inperking, asook almal wat familie en vriende het wat veg teen Covid of wat self dit ook het.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sȇ vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, julle God is hier”

Jesaja 35:3-4

Skakel gerus vir Ds. Alwyn indien daar voorbidding vir iemand gedoen moet word.

Noodhulp aangebied

Die HELP KZN Noodfonds is besig om uit te reik na al die gemeentes in KwaZulu-Natal. So is daar ook 'n hand na Ballito uitgereik. Hulle is bereid om kospakkies af te lewer aan ons gemeente vir enige lidmate wat moontlik finansieel getref is deur die oproer en nie kan bekostig om nou kos te koop nie, of veral ook bejaardes wat nie in lang toue by supermarkte kan staan nie. Indien jy in so 'n situasie verkeer, kontak asseblief dadelik vir Ds Alwyn, die kerkkantoor of jou kerkraadslid sodat ons die nodige reëlings kan tref.

Salt 40 Foundation insameling

Net om almal te laat weet dat die "raffle draw" ter ondersteuning van die Salt 40 Foundation, met 'n maand uitgestel is tot 18 Augustus, so ons wil kyk hoeveel ons nog in die volgende maand kan insamel.

Indien julle nog kaartjies wil koop, kontak asb vir Leonie by die Kerkkantoor.

 

 

 

.

Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisterverkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters is steeds elke Saterdag beskikbaar by die kerk. Kom  kry stomende, varsgebakte, smullekker pannekoek en vetkoek! Jy kan ook 'n bestelling plaas per whatsapp of oproep by 083 676 1998 vir afhaal vanaf 08:30 by die kerk. Kovid protokols word streng gevolg.

.

Manne Kuier Saam

Weens die nuutste regulasies rondom inperkings, sal die gemeente se manne weer elke Saterdag om 07:00 saamkuier op  Zoom,  waar ons lekker gesels en lewendige gesprekke voer oor aktuele onderwerpe.  Enigeen is hartlik welkom om in te skakel, solank jy natuurlik ‘n man is! Die Zoom ID en wagwoord sal Vrydag deurgegee word.

Ek sien uit daarna om met jou te gesels by ons volgende opwindende gesprek!

Louis Nel

.

Leesrooster tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 9de Sondag van Koninkrykstyd: Efesiërs 3:14-21, 2 Samuel 11:1-15, Psalm 14 en Johannes 6:1-21.

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

Het jy onlangs van adres verander of nuwe epos / telefoon nommer gekry? Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.

.


Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Kovid-19 beperkings.

.


Ons Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Mondi Herwinnings Projek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinnings-projek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.


.

Het jy kaste vol klere 

wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

.


Spesiale gebede vir Indië

Week 1: 1-7 Augustus

Gelowiges wat teistering, verwerping en geweld ervaar

Vervolging in Indië styg te midde van die pandemie. Kerkgeboue word aangeval, verwoes en gevandaliseer; en pastore en gelowiges word aangerand, gedreig, deur hulle gemeenskappe uitgesluit en selfs vermoor. Gelowiges vanuit ʼn Hindoe-agtergrond word spesifiek geteiken.

BID

Bid dat gelowiges ten spyte van hierdie uitdagings sterk sal staan in hulle geloof.

Bid vir voorsiening aan Christene wat in hul dorpe sosiaal geboikot word.

Bid vir Christene wat rou oor die dood van geliefdes vanweë vervolging, of wat aansterk na gewelddadige aanvalle op hulle en hul families.

 

Die Kerk is baie kwesbaar… Hulle kan geteiken word… Keer op keer beweer ekstremiste dat ons die land na ʼn Christelike nasie probeer bekeer.” –Pastoor Samuel*