Om Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek te sien, klik op INLIGTING hier bo en volg die skakel.

Sondag 08 Augustus

08:30 Erediens

Dinsdag 10 Augustus

09:00 Bybelstudie

Woensdag 11 Augustus

18:00 Kerkraadsvergadering

Donderdag 12 Augustus

Selgroepe

Saterdag 14 Augustus

07:00 Mannebyeenkoms

11:30 Simunye ku Jesu

Sondag 15 Augustus

08:30 Erediens en Voorstelling van die Kerkraadslede

Sondag 22 Augustus

08:30 Nagmaal tydens die erediens

Sondag 29 Augustus

08:30 Ds. Alwyn se afskeidspreek en afskeidsgeleentheid van die pastorie paar



Neem kennis dat Ds Alwyn vanaf 1-29 Augustus met verlof sal wees.

Gedurende Augustus-maand sal die eredienste deur Ds Gert Vorster waargeneem word.


Gesondheid:

Marie Dirks

Miriam Lyons

Piet van Zyl

Stoffel en Amanda Viljoen se dogter, Anthea

Louis van der Merwe

Kobus en Tammy Burger en familie met die afsterwe van Tammy se pa die afgelope week.



Algemeen:

Reën in droë dele van die land, Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen die Coronavirus.



Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer.”

Jesaja 49:16

11 Augustus

Lucille Coetzee

Ernst van Niekerk

12 Augustus

Leila Spangenberg

13 Augustus

Maralize Brase

Rina Hall

Rick Pretorius

Marilize Redelinghuys

14 Augustus

Howard Saka

Afskeidspreek en geleentheid van Ds Alwyn en Esna

U as gemeente word hartlik uitgenooi na afskeidspreek en geleentheid wat geskeduleer is vir Sondag, 29 Augustus. (Let wel: bywoningsgetalle is beperk volgens Covid regulasies.)

Verlof Ds. Alwyn

Neem kennis dat Ds. Alwyn vanaf 1-29 Augustus met verlof sal wees. Gedurende Augustus-maand sal die eredienste deur Ds. Gert Vorster waargeneem word. Ds Gert kan gekontak word by 083 259 9422 vir dringende probleme.

Die kerk trek swaar sonder die eredienskollekte inkomste

Eredienste het weer hervat maar ongelukkig word die getalle nog steeds beperk. Dit het ‘n geweldige invloed op ons eredienskollekte en ons rig ‘n vriendelike versoek dat indien u nie die Erediens bywoon nie u wel ‘n kollekte bydrae sal maak via zapper of eft. Baie dankie aan almal wat so getrou hulle kollekte gee.

Ballito Gesinskerk spog met ‘n splinternuwe webblad

Ons is baie opgewonde, want Ballito Gesinskerk het 'n splinternuwe webblad!

Ons ou webblad is al 'n hele paar jaar oud, en dit was tyd dat hy 'n nuwe baadjie kry.

Loer gerus by noordkus.co.za

Daar is allerhande interessanthede en inligting oor ons gemeente asook skakels na ander belangrike instansies. Jy kan nou selfs belangrike dokumente daar aflaai.

Die webblad groei steeds, en enige goeie wenke oor hoe om dit te verbeter sal verwelkom word.

Kontak Louis Nel by louis@dagstukkie.co.za of 082 771 4925

BAIE BELANGRIK: POPI Kennisgewing

Ons het relatief min terugvoer van die gemeente gekry met die toestemmingsbriewe.

Ons doen ‘n dringende beroep op diegene wat nog nie die vorms voltooi het nie, om dit asseblief so gou as moontlik te voltooi.

Die vorms is per epos en whatsapp uitgestuur. Indien u nie ‘n vorm gekry het nie, kan u die Kerkkantoor kontak.

Covid

n Spesiale uitreik aan elkeen wat in hierdie moeilike tyd finansieel geraak word deur die huidige inperking, asook almal wat familie en vriende het wat veg teen Covid of wat self dit ook het.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sȇ vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, julle God is hier”

Jesaja 35:3-4

Skakel gerus vir Ds. Gert Vorster indien daar voorbidding vir iemand gedoen moet word.

Noodhulp aangebied

Die HELP KZN Noodfonds is besig om uit te reik na al die gemeentes in KwaZulu-Natal. So is daar ook 'n hand na Ballito uitgereik. Hulle is bereid om kospakkies af te lewer aan ons gemeente vir enige lidmate wat moontlik finansieel getref is deur die oproer en nie kan bekostig om nou kos te koop nie, of veral ook bejaardes wat nie in lang toue by supermarkte kan staan nie. Indien jy in so 'n situasie verkeer, kontak asseblief dadelik kerkkantoor of jou kerkraadslid sodat ons die nodige reëlings kan tref.

Salt 40 Foundation insameling

Net om almal te laat weet dat die "raffle draw" ter ondersteuning van die Salt 40 Foundation, met 'n maand uitgestel is tot 18 Augustus, so ons wil kyk hoeveel ons nog in die volgende maand kan insamel.

Indien julle nog kaartjies wil koop, kontak asb vir Leonie by die Kerkkantoor.

Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisterverkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters is steeds elke Saterdag beskikbaar by die kerk. Covid protokols sal gevolg word.

Kom ondersteun ons asseblief!

Manne Kuier Saam

Weens die nuutste regulasies rondom inperkings, sal die gemeente se manne weer elke Saterdag om 07:00 saamkuier op  Zoom,  waar ons lekker gesels en lewendige gesprekke voer oor aktuele onderwerpe.  Enigeen is hartlik welkom om in te skakel, solank jy natuurlik ‘n man is! Die Zoom ID en wagwoord sal Vrydag deurgestuur word.

Ek sien uit daarna om met jou te gesels by ons volgende opwindende gesprek!

Louis Nel

Leesrooster tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 10de Sondag van Koninkrykstyd: Efesiërs 4:1-16, 2 Samuel 11:26-12a, Psalm 51:1-12 en Johannes 6:24-35.

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

Het jy onlangs van adres verander of nuwe epos / telefoon nommer gekry? Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.

Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Kovid-19 beperkings.

Ballito Gesinskerk Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

Mondi Herwinnings Projek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinnings-projek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.

Het jy kaste vol klere wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

GEBEDSKALENDER

Spesiale gebede vir Indië

 

Week 2: 8-14 Augustus

Gelowiges staar vals beskuldigings in die gesig

Verskeie provinsies in Indië het anti-omskakelingswette ingestel, en daar is gerugte dat dit landwyd geimplementeer kan word. In wese beperk sulke wette godsdiensvryheid en word dit as ʼn manier gebruik om teen minderheidsgroepe, soos Christene en Moslems, te diskrimineer. Die afgelope paar jaar is heelwat sake op grond van hierdie wetgewing teen minderheidsgroepe gemaak. Dit kan jare neem voordat vals aantygings geskrap word. Intussen ervaar die beskuldigdes baie druk en moet hulle ook gereeld by die polisie aanmeld.

BID

Bid vir vertroosting en bemoediging vir diegene wat voortslepende regsake beveg.

Bid dat die wat onskuldig gevange geneem is spoedig vrygelaat sal word, en dat hulle God se liefde en teenwoordigheid sal ervaar.

Bid vir beskerming teen vals aantygings, veral vir kerkleiers en evangeliste.