Om Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek te sien, klik op INLIGTING hier bo en volg die skakel.

Sondag 29 Augustus

08:30 Ds. Alwyn se afskeidspreek en afskeidsgeleentheid van die pastorie paar

Dinsdag 31 Augustus

09:00 Bybelstudie

Donderdag 02 September

Selgroepe

Saterdag 04 September

06:30 Manne Byeenkoms

11:30 Simunye ku Jesu

Sondag 05 September

Nasionale Biddag vir Dowes

08:30 Erediens




Gesondheid:

Marie Dirks

Miriam Lyons

Piet van Zyl

Stoffel en Amanda Viljoen se dogter, Anthea

Louis van der Merwe

Henry, Susan en James Slabbert wat Covid onderlede het.

Celeste Rohrbeck se dogter, Theresa Williams, wat ernstig siek is.

Lettie van Heerden—in onlangse tyd het haar swaer ernstige beroerte gehad, die swaer se seun was in ‘n ernstige motorongeluk en hulle vrees vir sy lewe en Lettie se broer, wat onlangs weer getroud is, se vrou is onverwags oorlede.

Algemeen:

Reën in droë dele van die land, Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen die Coronavirus.



In die wȇreld sal julle dit moeilik hȇ; maar hou moed: Ek het die wȇreld klaar oorwin.”

Johannes 16:33

29 Augustus

Jan Lotz

31 Augustus

Willem Erasmus

Lezel Kriel

Cas Pieterse

01 September

Gill du Plessis

02 September

Driekie Gerber

03 September

Eugene le Roux

Ons groet Ds. Alwyn en Esna

 

Ds. Alwyn lewer sy afskeidspreek op Sondag, 29 Augustus. Die gemeente word hartlik uitgenooi om die spesiale geleentheid by te woon. Covid maatreëls sal gevolg word en getalle word dus beperk tot 50 persone binne en 100 persone buite.  Dit is nie nodig om te bespreek nie.

Ons wil graag op ‘n gesellige en besonderse manier van ons pastoriepaar afskeid neem en versoek almal wat die afskeidsgeleentheid gaan bywoon om asb ‘n bordjie vingerhappies saam te bring. Plaas asb ‘n tandestokkie in die verversings sodat dit op ‘n higiëniese wyse gehanteer kan word.

Kom deel in hierdie besonderse geleentheid waar ons afskeid moet neem van ons geliefde pastoriepaar maar waar ons hulle ook die beste vir die toekoms wil toewens. 

U word versoek om reeds teen 08:15 op 29 Augustus by kerk te wees. Die musiekspan gaan 'n spesiale uitvoering lewer waartydens daar ook 'n video gespeel gaan word van die afgelope klompie jare wat die Smalls by ons was.


Die verskil wat die kerk buite in die wȇreld maak.

Ons gemeente skenk elke maand ‘n bedrag aan Geopende Deure.  Mens dink altyd dat jou bydrae nie werklik ‘n verskil kan maak nie en dan kry jy ‘n dankie-sê briefie soos hierdie en jy besef dat elke sent tel.

Dankie vir jou dankoffer en kollekte want daardeur kan die kerk weer instansies bystaan en ‘n verskil maak.  Hoe beter ons gemeente se inkomste, hoe groter verskil kan ons buite in die wêreld maak.

Beste N G Gem - Noordkus-Ballito

Dankie dat jy help om geestelike en praktiese ondersteuning aan ons vervolgde familie in Christus in Indië te gee deur jou onlangse R500.00-geskenk.

 In die aanval op “Vinita” en ander Christene in haar huis, is heelwat items in haar winkel ook vernietig. Sy was verslae en het nie geweet hoe om voort te gaan en haar winkel weer aan die gang te kry nie.

Met jou ondersteuning, kon Geopende Deure-vennote haar gelukkig bystaan om haar winkel weer aan die gang te kry.

Deur die genade van God, het Geopende Deure-vennote nuwe items vir my winkel aan my gegee. Dit het my hoop gegee sodat ek my winkel weer kan bedryf en ʼn inkomste kan verdien. So ek wil julle bedank,” sê Vinita.

Dankie vir jou vrygewigheid wat ons vervolgde familie in Indië help om sterk te staan vir Christus te midde van vervolging.

Saam in Sy diens,

Jan Gouws

Uitvoerende Direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika

.

Vleisbestellings

Bestellings vir maalvleis en patties kan nou geplaas word slegs per whatsapp by nommer 076 1416458. Voorsien u naam, kontak nommer en hoeveelheid pakke van elk wat u wil bestel. Dit sal ook sonder bestelling by die kerkkantoor of op Saterdae by pannekoekverkope beskikbaar wees terwyl voorraad hou.

Patties is 150g per pattie en 4 in ‘n pakkie en die maalvleis is 600g pakkies. Koste beloop R60 per pakkie patties en R55 per pakkie maalvleis en daar is 220 pakke van elk beskikbaar.

Om u bestelling te verseker word van u verwag om n vooraf betaling te doen deur zapper of EFT aan Ballito Gesinskerk, (NG Gemeente Noordkus FNB reknr 53731659860 takkode 220129 verwysing: vleis) en bewys na dieselfde nommer deur te stuur.

Baie dankie vir elkeen se bydrae!

Eredienste het weer hervat maar ongelukkig word die getalle nog steeds beperk. Die eredienskollekte is ‘n belangrike bron van inkomste vir die gemeente en noodsaaklik vir ons as gemeente om ons verpligtinge na te kom.  Indien u nie die erediens kan bywoon nie sal dit hoog op prys gestel word indien u wel ‘n bydrae sal maak via Zapper of ‘n EFT. Baie dankie aan almal wat so getrou bydra!

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus: Eerste Nasionale Bank (FNB)

Rekening nr: 5373 165 9860;

Takkode: 220129

.

Ballito Gesinskerk spog met ‘n splinternuwe

Ons is baie opgewonde, want Ballito Gesinskerk het 'n splinternuwe webblad!

Ons ou webblad is al 'n hele paar jaar oud, en dit was tyd dat hy 'n nuwe baadjie kry.

Loer gerus by noordkus.co.za

Daar is allerhande interessanthede en inligting oor ons gemeente asook skakels na ander belangrike instansies. Jy kan nou selfs belangrike dokumente daar aflaai.

Die webblad groei steeds, en enige goeie wenke oor hoe om dit te verbeter sal verwelkom word.

Kontak Louis Nel by louis@dagstukkie.co.za of 082 771 4925


.

Covid

n Spesiale uitreik aan elkeen wat in hierdie moeilike tyd finansieel geraak word deur die huidige inperking, asook almal wat familie en vriende het wat veg teen Covid of wat self dit ook het.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sȇ vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, julle God is hier”

Jesaja 35:3-4

Skakel gerus vir Ds. Gert Vorster indien daar voorbidding vir iemand gedoen moet word.

.

Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisterverkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters is steeds elke Saterdag beskikbaar by die kerk. Covid protokolle sal gevolg word.

Kom ondersteun ons asseblief!

 

.

.

Manne Kuier Saam

Weens die nuutste regulasies rondom inperkings, sal die gemeente se manne weer elke Saterdag om 07:00 saamkuier op Zoom, waar ons lekker gesels en lewendige gesprekke voer oor aktuele onderwerpe.  Enigeen is hartlik welkom om in te skakel, solank jy natuurlik ‘n man is! Die Zoom ID en wagwoord sal Vrydag deurgestuur word.

Ek sien uit daarna om met jou te gesels by ons volgende opwindende gesprek!

Louis Nel

.

Leesrooster tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 13de Sondag van Koninkrykstyd: Efesiërs 6:10-20, 1 Konings 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43, Psalm 84 en Johannes 6:56-69.

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

Het jy onlangs van adres verander of nuwe epos / telefoon nommer gekry? Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.

.

Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Kovid-19 beperkings.

.

Ballito Gesinskerk Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Mondi Herwinnings Projek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinnings-projek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.

.

Het jy kaste vol klere wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

 

GEBEDSKALENDER

Spesiale gebede vir Indië

 

Week 5: 29-31 Augustus

Geopende Deure-vennote in Indië

Geopende Deure se plaaslike vennote in Indië hou te midde van die Covid-19-krisis aan om die vervolge Kerk te dien deur noodsaaklike noodleniging aan diegene wat weens hulle geloof regeringshulp geweier word. Terselfdertyd help hulle steeds gelowiges wat diskriminasie en aanvalle ervaar. Hulle werk kan riskant en uitputtend wees, maar hulle hou getrou aan om vervolgde gelowiges in die land by te staan.

BID • Bid dat ons plaaslike vennote ʼn seen sal wees vir die vervolgde Christene wat hulle ontmoet, en dat God aan hulle wysheid sal skenk om hierdie

gelowiges te dien.

Bid vir God se beskerming oor ons plaaslike vennote wanneer hulle gevaarlike gebiede betree om Christene te ondersteun en te bemoedig.

Bid dat die Here vir hulle en hul gesinne geestelik, emosioneel, fisies en verstandelik sal voorsien.

September 2021

Woensdag 1 September—Noord-Korea

Noord-Koreane word opgevoed en gebreinspoel met die konsepte van Jucheideologie (ontwikkel deur Kim Il Sung). Hierdie ideologie leer hulle om die Kimfamilie te vereer. Bid dat Noord-Koreane sal besef wie hulle ware Vader God is, wat hulle aan die begin geskep het.

Maandag 02 September—Viëtnam

Omdat Vietnam al meer deel van die wereldwye ekonomie vorm, gaan die ekonomiese terugslag weens Covid-19 moeilik wees vir die land. Christene is onder diegene wat deur die ekonomiese afplatting beinvloed word. Bid vir geleenthede vir hulle om hul ekonomiese welstand te verbeter.

Dinsdag 03 September—Laos

Geopende Deure kon in vennootskap met plaaslike kenners deel wees van seminare en gesprekke oor geloofvryheid met die plaaslike en provinsiale regering. Prys die Here hiervoor! Bid dat God die harte van die konserwatiewe kommunistiese amptenare meer ontvanklik sal maak.

Woensdag 04 September—Kasakstan

Sommige lede van die Shanyrak-kerk in Astana word daarvan beskuldig dat hulle Moslems beledig het. Dit is ʼn baie ernstige aantyging, wat daartoe kan lei dat die kerk toegemaak word en verskeie mense opgesluit word. Bid vir wysheid vir die prokureur wat die kerk met hierdie saak help.