Om Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek te sien, klik op INLIGTING hier bo en volg die skakel.

Sondag 05 September

Nasionale Biddag vir Dowes

08:30 Erediens

Dinsdag 07 September

09:00 Bybelstudie

Donderdag 09 September

Selgroepe

Saterdag 11 September

11:30 Simunye ku Jesu

Sondag 12 September

Leprosiedag (Melaatse)

Toerustingsondag

Biddag vir die bediening aan die Jode

08:30 Erediens en Bevestiging van Kerkraadslede



Voorbidding:

Gesondheid:

Marie Dirks

Miriam Lyons

Piet van Zyl

Stoffel en Amanda Viljoen se dogter, Anthea

Louis van der Merwe

Celeste Rohrbeck se dogter, Theresa Williams, wat ernstig siek is.

Algemeen:

Reën in droë dele van die land, Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen die Coronavirus.

In die wȇreld sal julle dit moeilik hȇ; maar hou moed: Ek het die wȇreld klaar oorwin.”

Johannes 16:33

05 September

Kobus Burger

Ignes de Beer

06 September

Ritemari Burger

Divan van Staden

08 September

Marie Herbst

10 September

Gerbrand Vorster

11 September

Jan Erasmus

Helene Marais

Anna Venter

Meer oor Ballito Gesinskerk se predikant vir die volgende paar maande: Ds. Gert Vorster


 

Ek is in Middelburg in die Karoo gebore en het grotendeels in die ou Transvaal grootgeword en skoolgegaan. Na matriek het ek BA-Admissie op die ou RAU gestudeer en toe 4 jaar teologie by die Universiteit van Pretoria. Ek het ook later ‘n M-graad in Teologie by UP verwerf.

Ons eerste gemeente was Drie Riviere-Oos in Vereeniging. Na 5 jaar is ons Witbank Moedergemeente toe en na 5 jaar daar, het ek die beroep na Overkruin in die noorde van Pretoria aanvaar. Aan die einde van 2007 het ek uit diens van die gemeente getree, met behoud van my ampsbevoegdheid en het saam met Jana in die besigheidswêreld betrokke geraak. Ons het toe na Ballito verhuis waar ons sedertdien woon.

My belangstellings is musiek, fliek en sport, veral rugby. Ek het as student vir die ou Transvaal se o/20 rugbyspan gespeel en was vir baie jare ‘n Bloubul rugbyskeidsregter.

Die Kerkraad en die gemeente is baie dankbaar om so ‘n bekwame predikant vir die interim periode in ons diens te hê en baie opgewonde vir die pad vorentoe onder sy leiding.

10de Dankoffer

Die kerk het al baie uitdagings oorleef, maar die afgelope jaar en ‘n half gaan kerke gebukkend onder die effek wat Kovid op lidmate het asook die beperkings wat Kovid teweegbring.

Dalende bywoningsgetalle, kollekte en dankoffer bydraes het ‘n negatiewe invloed op die werking van die kerk.  Minder uitreikaksies na instansies buite die kerk is die gevolg hiervan. 

Die kerk wat uit gelowige mense bestaan leef net soos die res van alle ander mense in ‘n stukkende wêreld en is ook die slagoffer van die ellende van hierdie wêreld. Maar die verskil is dat gelowiges hul vertroue op God stel en nooit hoop verloor of moed opgee nie.

Ballito Gesinskerk is HOOPVOL vir die toekoms. Die Kerkraad werk hard aan nuwe fondsinsamelingsprojekte en ons is dankbaar vir die inkomste wat die pannekoek en koeksister projek genereer.  Tans word daar ook vleis verkoop en gaan daar eersdaags ‘n Mini Mark op die been gebring word.

Die 10de dankoffer projek skop ook af in September.  Dit is ‘n bydrae wat gemaak word bo en behalwe jou maandelikse bydrae.  Dit het altyd in Okt afgeskop, vandaar die naam “10de” dankoffer maar omdat die finansiële nood so hoog is gaan dit ‘n maand vroeër in werking tree.  Lidmate word versoek om indien dit in hulle vermoë is ‘n ekstra bydrae tussen September en Februarie (einde van finansiële jaar) te maak.  Koevertjies is voor op die tafel beskikbaar of kan ook via eft gemaak word met 10de as verwysing.

Graag wil die Kerkraad ook van die geleentheid gebruik maak om ieder en elk wat so getrou hulle bydrae maak, van harte te bedank. Ons besef dat almal in uitdagende tye leef en waardeer elke bydrae.

.

Vleisbestellings

Bestellings vir maalvleis en patties kan nou geplaas word slegs per whatsapp by nommer 076 1416458. Voorsien u naam, kontak nommer en hoeveelheid pakke van elk wat u wil bestel. Dit sal ook sonder bestelling by die kerkkantoor of op Saterdae by pannekoekverkope beskikbaar wees terwyl voorraad hou.

Patties is 150g per pattie en 4 in ‘n pakkie en die maalvleis is 600g pakkies. Koste beloop R60 per pakkie patties en R55 per pakkie maalvleis en daar is 220 pakke van elk beskikbaar.

Om u bestelling te verseker word van u verwag om ‘n vooraf betaling te doen deur zapper of EFT aan Ballito Gesinskerk, (NG Gemeente Noordkus FNB reknr 53731659860 takkode 220129 verwysing: vleis) en bewys na dieselfde nommer deur te stuur.

Baie dankie vir elkeen se bydrae!

Eredienste het weer hervat maar ongelukkig word die getalle nog steeds beperk. Die eredienskollekte is ‘n belangrike bron van inkomste vir die gemeente en noodsaaklik vir ons as gemeente om ons verpligtinge na te kom.  Indien u nie die erediens kan bywoon nie sal dit hoog op prys gestel word indien u wel ‘n bydrae sal maak via Zapper of ‘n EFT. Baie dankie aan almal wat so getrou bydra!

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus: Eerste Nasionale Bank (FNB)

Rekening nr: 5373 165 9860;

Takkode: 220129

.

Ballito Gesinskerk spog met ‘n splinternuwe

Ons is baie opgewonde, want Ballito Gesinskerk het 'n splinternuwe webblad!

Ons ou webblad is al 'n hele paar jaar oud, en dit was tyd dat hy 'n nuwe baadjie kry.

Loer gerus by noordkus.co.za

Daar is allerhande interessanthede en inligting oor ons gemeente asook skakels na ander belangrike instansies. Jy kan nou selfs belangrike dokumente daar aflaai.

Die webblad groei steeds, en enige goeie wenke oor hoe om dit te verbeter sal verwelkom word.

Kontak Louis Nel by louis@dagstukkie.co.za of 082 771 4925


.

Covid

n Spesiale uitreik aan elkeen wat in hierdie moeilike tyd finansieel geraak word deur die huidige inperking, asook almal wat familie en vriende het wat veg teen Covid of wat self dit ook het.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sȇ vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, julle God is hier”

Jesaja 35:3-4

Skakel gerus vir Ds. Gert Vorster indien daar voorbidding vir iemand gedoen moet word.

.

Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisterverkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters is steeds elke Saterdag beskikbaar by die kerk. Covid protokolle sal gevolg word.

Kom ondersteun ons asseblief!

 

.

.

Manne Kuier Saam

Weens die nuutste regulasies rondom inperkings, sal die gemeente se manne weer elke Saterdag om 07:00 saamkuier op Zoom, waar ons lekker gesels en lewendige gesprekke voer oor aktuele onderwerpe.  Enigeen is hartlik welkom om in te skakel, solank jy natuurlik ‘n man is! Die Zoom ID en wagwoord sal Vrydag deurgestuur word.

Ek sien uit daarna om met jou te gesels by ons volgende opwindende gesprek!

Louis Nel

.

Leesrooster tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 14de Sondag van Koninkrykstyd: Hooglied 2:8-13, Psalm 45:1-2, 6-9, Jakobus 1:17-27 en Markus 7:1-8, 14-15, 21-23.

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

Het jy onlangs van adres verander of nuwe epos / telefoon nommer gekry? Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.

.

Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Kovid-19 beperkings.

.

Ballito Gesinskerk Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Mondi Herwinnings Projek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinnings-projek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.

.

Het jy kaste vol klere wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

 

GEBEDSKALENDER

September 2021

 

Sondag 05 September—Broenei

Bid dat gelowiges in die weermag sout en lig in die gemeenskap sal wees. Bid dat meer van hulle aktief sal bydra tot nasiebou, om sodoende die sultan van Broenei en ander regeringsleiers te kan beïnvloed – net soos God vir Josef gebruik het om die farao van Egipte te beïnvloed.

Maandag 06 September—Indonesië

Bid dat gelowiges ten spyte van vervolging hulle oë gevestig sal hou op die onsienbare en die ewige, en dat hulle hul geloof sal uitleef in dankbaarheid vir God se verlossing. Bid dat hulle Sy Woord wyd sal versprei tussen hulle Moslembure en vriende.

Dinsdag 07 September—Nepal

Bid vir Christene wat as gevolg van antiomskakelingswette geteister word. Vroeër vanjaar is ʼn paar Koreaanse sendelinge gedeporteer nadat hulle skuldig bevind is aan sendingwerk. Bid vir moed en wysheid vir gelowiges om aan te hou om hulle geloof te deel.

Woensdag 08 September—Maledive

Bid vir Christen-uitgewekenes vanaf Sri Lanka en Indië wat in die Maledive woon, maar nie Moslems is nie. Bid dat hulle vir Moslems die weg na Jesus Christus sal aanwys – wat vir hulle ware vrede kan gee.

Donderdag 09 September—Sri Lanka

ʼn Groep mense wat pastoor Jeba* en sy gemeente teenstaan, het ʼn houtsaag- en sementblokbesigheid langs sy huis, wat aan die kerkgebou grens, oopgemaak. Die geraas van masjiene eis hulle tol op sy gesin. Bid dat God vir pastoor Jeba en sy gesin krag, vrede en wysheid sal gee om hierdie probleem op te los.

Vrydag 10 September—Suid-Filippyne

Gedurende die pandemie gaan dissipelskapopleiding vir gelowige jongmense voort via aanlynvergaderings. Baie jongmense woon in afgeleë gebiede sonder Internet. Bid dat God sal gee wat nodig is dat die opleiding ook onder hierdie jongmense gedoen kan word.

Saterdag 11 September—Mianmar

Hierdie land ervaar ernstige onrus sedert die staatsgreep vroeër vanjaar. ʼn Geopende Deure-vennoot, Lwin*, sȇ: “Baie Christene doen voorbidding vir ons land.” Bid saam vir vrede in die land. Bid dat gelowiges in hierdie tyd in die Woord van God gewortel sal wees.