Sondag 26 September

08:30 Erediens

Dinsdag 28 September

09:00 Bybelstudie

Woensdag 29 September

18:00 Buitengewone Kerkraadsvergadering

Vrydag 1 Oktober

Skole Sluit

Saterdag 2 Oktober

08:00 Lente Minimark

Sondag 3 Oktober

Biddag vir Bejaardes

08:30 Erediens



Erediens Tema:

Toegewyde bewaarders van God se skepping, 

of gierige uitbuiters?






Herstel na operasie:

Lettie van Heerden (knievervanging)

Celeste Rohrbeck se dogter, Theresa

Gesondheid:

Marie Dirks

Miriam Lyons

Piet van Zyl

Stoffel en Amanda Viljoen se dogter, Anthea

Louis van der Merwe

Algemeen:

In die aanloop tot die munisipale verkiesing—bid vir ons land en al sy mense en vir ‘n geweldlose verkiesing.

Reën in droë dele van die land, Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen die Coronavirus.

Johannes 16:33

.

26 September

Jaime Collinson

27 September

Adriaan van Schoor
Werner Greyling

28 September

Elma Slabbert

30 September

Louis Steyn

1 Oktober

Gerhard Vorster

2 Oktober

Willem Erasmus

Eredienste met nuwe Kovid regulasies

Liewe vriende,

Die aankondiging dat ons nou ‘n 50% besetting by ons eredienste mag hê, is wonderlike nuus!

Ons het die getal, gegewe ons beskikbare ruimte en hoeveelheid stoele, op 200 vasgestel. Ons moet steeds sosiale afstand handhaaf, wat beteken dat daar ‘n oop stoel moet wees tussen ‘n indiwidu of gesin (wat almal bymekaar sit) en die volgende persoon.

Ek wil almal vriendelik uitnooi om Sondag se erediens om 08:30 by te woon. Dit sal ‘n wonderlike ervaring wees om weer in groot getalle bymekaar te wees. Natuurlik sal ons steeds die Covid-19 protokol toepas en koors neem, saniteer en maskers dra tydens die diens, maar dis ‘n klein prys om te betaal vir die voorreg om die Here te loof en te aanbid saam met medegelowiges!

Sien jou Sondag. Al wat jy hoef saam te bring, is ‘n hart vol liefde vir die Here!

Gert Vorster

.

2020 Bybel op jou Selfoon

Die 2020 vertaling van die Bybel is nou op jou selfoon beskikbaar. Laai die toep: BibleSA af. Hierdie toep (app) gee jou terselfdertyd toegang tot verskeie ander vertalings.


.

GESINSKERK BALLITO – 10de MAAND DANKOFFER

Gemeentelede se dankoffers vorm die basis van die Gemeente se inkomste. Die groter doelgerigtheid om ons roeping as Kerk uit te leef, hou groter finansiële verpligtinge in. Met die huidige pandemie in ons midde ondervind ons die probleem van ‘n daling in ons erediens byeenkomste en ‘n aansienlike daling in ons maandelikse dankoffers. Die gepaardgaande kostes soos salarisse, munisipale heffings, onderhoud aan eiendom en administrasie soos telefoonkoste, drukwerk en skryfbehoeftes, gaan nog steeds voort.

Vir die 2022 Finansiële jaar het ons ‘n bedrag van R220 000 begroot ten opsigte van 10de Maand Dankoffer. Tot op datum Augustus 2021 het ons ‘n bedrag van R 4 500 ontvang, wat ons ver tekort laat skiet teenoor ons begroting.

As jy al ooit gewonder het hoekom jy as gelowige ‘n dankoffer moet gee, kan ek nie beter doen as om jou na Deuteronomium 8 te verwys nie. Daar lees ek: “Jy kan dalk dink:  my krag en my sterk hande het vir my al hierdie rykdom verwerf.   Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf”   (Deut. 8:17-18).

Die volgende logiese vraag is dan seker: hoeveel? In die Ou Testament is dit eenvoudig: God het een tiende gevra van alles wat jy inkry. In die Nuwe Testament word daardie eis nie uitdruklik herhaal nie, maar hoor ons eerder by Paulus ‘n nuwe aksent: “As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan.   Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie” (2 Kor 8:12). Nou gaan dit nie meer oor wetlike voorskrifte nie, maar om ‘n saak wat jy saam met God moet gaan uitmaak.

As jy dan vir die Here ‘n spesiale offer bring, onthou dan wat Paulus skryf in Filippense 4: “Julle gawe is voor God ‘n offer met ‘n lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig.   En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus” (Fil 4:18,19).

'n Vriendelike, dog dringende, versoek word dus aan elke lidmaat gerig om asseblief weer biddend te gaan besin oor u 10de Maand Dankoffer. Baie dankie vir die wyse waarop u tot nou toe 'n bydrae gelewer het om die Gemeente in staat te stel om ons Hemelse Vader se Koninkryk te dien.

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus: Eerste Nasionale Bank (FNB)

Rekening nr: 5373 165 9860;

Takkode: 220129

.

Beste vriend van Geopende Deure

Ons is so opgewonde! Ons splinternuwe program, FAITHFLUENCERS, begin die 26ste September 2021. So skakel elke Sondagoggend om 08:00 saam met ons in, net op eTV.

Oor die volgende paar weke gaan ons stories en getuienisse ontdek van regoor die wêreld, waar God ongelooflike dinge doen deur die bediening van Geopende Deure. Vicky Kente gesels met verskeie vennote en personeel van Geopende Deure wat inspirerende stories oor die geloof van ons vervolgde familie gaan deel sodat dit jou ook sal aanspoor om jou lewe anders te leef.

Ons wil graag soveel as moontlik mense in Suid-Afrika bereik en vra daarom jou hulp om die boodskap te versprei deur die insetsel hieronder in jou kerk se nuusbrief, webwerf of sosiale media bladsye te plaas.

Ons kan nie wag vir die 26ste nie, en ons hoop dat jy sal inskakel.

Mag jy ʼn geseënde week hê, gevul met liefde.

Saam in Sy diens

Geopende Deure Suider-Afrika


Laai insetsel hier af ->

.

Covid-19 deurry toetssentrum

Die Covid-19 deurry toetssentrum op ons kerkgronde is operasioneel. Hulle werf tans personeel met verpleegagtergrond.

Hulle bied ook aan om toetse by mense se huis te gaan doen teen ‘n fooi. Maatskappye kan hulle ook inkry om die personeel by hulle besighede te toets. Ons kerk verdien 5% van daardie inkomste.

Gesels hieroor met Wynand Maartens of kontak die kerkkantoor.

.

Wen ‘n vleispak!!!

Koop ‘n lootjie van R50 en staan ‘n kans om ‘n vleispak te wen.

Lootjielyste beskikbaar by die Kerkkantoor of kan ook Saterdagoggende gekoop word tydens die pannekoekverkope.

.

Wollerige Seekoeikoei en Seekoeibul om te Wen!

Hierdie twee skatlike seekoeie, al die pad uit die Nylrivier in Egipte met die gepaste name Cleopatra en Julius Caesar is kunstig gehekel deur ‘n meester op haar vakgebied. Hulle kan dalk net aan jou behoort!

Koop 'n lootjie vir R20 en staan 'n kans om vir Cleopatra of Julius Caesar te wen. Lootjielyste is beskikbaar by die kerkkantoor of tydens Saterdagoggend verkope. Die wenners sal op 28 November aangekondig word.

.

Vleisbestellings

Bestellings vir maalvleis en patties kan nou geplaas word slegs per whatsapp by nommer 076 1416458. Voorsien u naam, kontaknommer en hoeveelheid pakke van elk wat u wil bestel. Dit sal ook sonder bestelling by die kerkkantoor of op Saterdae by pannekoekverkope beskikbaar wees terwyl voorraad hou.

Patties is 150g per pattie en 4 in ‘n pakkie en die maalvleis is 600g pakkies. Koste beloop R60 per pakkie patties en R55 per pakkie maalvleis en daar is 220 pakke van elk beskikbaar.

Om u bestelling te verseker word van u verwag om ‘n vooraf betaling te doen deur zapper of EFT aan Ballito Gesinskerk, (NG Gemeente Noordkus FNB reknr 53731659860 takkode 220129 verwysing: vleis) en bewys na dieselfde nommer deur te stuur.

.

Mini-mark

Ballito Gesinskerk gaan maandeliks ‘n mini-mark op ‘n Saterdag oggend aanbied. Ons begin op Saterdag, 02 Oktober vanaf 08:00.

Lidmate kan ‘n tafel huur vir R100 en produkte verkoop waarvan die wins hulle eie is, of lidmate kan koek, beskuit, brood, poeding, ens. skenk waarvan die wins vir die gemeente gaan.

Whatsapp asseblief vir Leonie  by 064 867 2995 met wat jy gaan bring of vul u naam in by die lys op die houttafel in die kerk.

Items moet asseblief Vrydag voor 13h00 by die kerk afgelewer word. Nagereg kan Saterdagoggend voor 08h00 afgelewer word.

U ondersteuning asseblief! Dit kan sommer ‘n gesellige kuiergeleentheid word!

.

.

Wat is nuut op ons Webblad?

Ons probeer om elke week iets nuut op ons webblad te publiseer. Hierdie week het ons byvoorbeeld 'n nuwe album in ons Foto Album, die Belydenisaflegging van die katkisante asook die Kerssangdiens van 2019. Dan is daar ook 'n album van ons Gemeentekamp van 2006.

Hou gerus ook ons Dagboek dop. Daar is nou ook 'n skakel om na 2022 se dagboek te kyk.

Hou hierdie spasie dop!

.

Covid

n Spesiale uitreik aan elkeen wat in hierdie moeilike tyd finansieel geraak word deur die huidige inperking, asook almal wat familie en vriende het wat veg teen Covid of wat self dit ook het.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sȇ vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, julle God is hier”

Jesaja 35:3-4

Skakel gerus vir Ds. Gert Vorster indien daar voorbidding vir iemand gedoen moet word.

.

Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisterverkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters is steeds elke Saterdag beskikbaar by die kerk. Covid protokolle sal gevolg word.

Kom ondersteun ons asseblief!

 

.

.

Manne Kuier Saam

Ons gemeente se manne kuier elke Saterdag om 07:00 saam op  Zoom,  waar ons lekker gesels en lewendige gesprekke voer oor aktuele onderwerpe.  Enige van ons manne is hartlik welkom om in te skakel! Die Zoom ID en wagwoord sal Vrydae aangestuur word.

Ek sien uit daarna om met jou te gesels by ons volgende opwindende gesprek!

Louis Nel

.

Leesrooster tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 17de Sondag van Koninkrykstyd is: Jakobus 3:13-4:3, 7-8a, Spreuke 31:10-31, Psalm 1 en Markus 9:30-37

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

Het jy onlangs van adres verander of nuwe epos / telefoon nommer gekry? Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.

.

Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Kovid-19 beperkings.

.

Ballito Gesinskerk Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Mondi Herwinningsprojek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinningsprojek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.

.

Het jy kaste vol klere wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

 

GEBEDSKALENDER

September 2021

 

26 Iran

Die impak van die pandemie het bygedra tot verhoogde eise vir ons traumaberaders. Bid vir hulle, veral vir wysheid en sensitiwiteit, omdat elke persoon se situasie anders is. Bid ook dat die hulp wat aangebied word ʼn beduidende impak op beter geestesgesondheid sal hê.

27 Libanon

Sommige kinders en tieners was die afgelope jaar glad nie skool toe nie. Internet-verbindings is dikwels baie swak, so hulle het dus geen opsies om lesse aanlyn te volg nie. Bid dat die Kerk ʼn verskil vir hierdie kinders en tieners kan maak.

28 Arabiese Skiereiland

Diegene wat soekend is en Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond het maklike toegang tot verskeie mediaplatforms en materiaal wat hul geloof help versterk. Maar die verskillende leerstellings en interpretasies kan verwarrend wees. Bid dat nuwe gelowiges met Bybels-gegronde mediabronne en individue verbind sal
word.

29 Sirië

Die mense van Sirië kry steeds baie swaar. Brood en medisyne sal hulle nie gesond kan maak nie, maar ons harte en hulle harte sal genees word wanneer ons tot Jesus uitroep. Bid Psalm 51:1-2, 7-9 oor hierdie land.

30 Colombië

Covid-19 en die gepaardgaande isolasie het ons werk in die Kerk in landelike gebiede beïnvloed. Dit is waar die ergste vervolging van Christene in Colombië plaasvind. Onwettige groepe het die beperkings in hierdie gebied uitgebuit en die bevolking verder onderdruk. Bid vir beskerming vir ons spanlede, wat die Kerk in gevaarlike plekke bystaan.


 Oktober se Gebedskalender is nog nie beskikbaar nie