Sondag 17 Oktober

08:30 Gesinsdiens: Spesiale uitnodiging aan alle kinders en jongmense!

Dinsdag 19 Oktober

09:00 Bybelstudie

Donderdag 21 Oktober

09:00 Ringsvergadering by Westville Gem.

Selgroepe

Saterdag 23 Oktober

06:30 Manne Byeenkoms

11:30 Simunye ku Jesu

Sondag 24 Oktober

08:30 Erediens

Doopsondag

Maandag 25 Oktober

10:00 Gedenkdiens vir Johan Schwartz

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/a2-dagboek.html


.

Eredienstema: Vier klein diertjies - vier groot lewenslesse

Skriflesing:  Spreuke 30:24-28

.




.

Ons dink aan Drien Schwartz en hulle kinders en kleinkinders wat in Australië woon.

Algemeen:

Die munisipale verkiesing—dat dit rustig en veilig sal verloop.

Reën in droë dele van die land, Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen die Coronavirus.

Die matriekeindeksamen begin op 19 en 27 Oktober. Sterkte aan al die matrieks en hulle ouers.

Gesondheid:

Ronel Erasmus

 

.

19 Oktober

Elsie Scott

20 Oktober

Tertius van Staden

21 Oktober

Francois Labuscagne

24 Oktober

Jan Kaljee

 


Advertensiespasie beskikbaar in almanak asook Gesinsnuus

Ons is tans besig met die beplanning van die 2022 kerkalmanak. Kontak vir Leonie Spangenberg voor einde Okt by kerkkantoor@noordkus.co.za vir meer besonderhede indien jy jou besigheid daarin wil adverteer.

Die GesinsNUUS sal vanaf 10 Oktober 2021 weer in gedrukte vorm tydens die erediens uitgedeel word. Indien jy sou belangstel om weekliks in die GesinsNUUS te adverteer, kan jy ook vir Leonie kontak by bogenoemde epos adres.  Die advertensies verskyn ook in die elektroniese weergawe en op die webblad.

.

Koffie/Tee drink na erediens

Ons almal het die gesellige koffie/tee drinkery en kuiergeleentheid na die erediens gemis. Die goeie nuus is dat ons vanaf Sondag, 10 Oktober weer daarmee gaan begin. Koffie en tee  is gratis en sal in wegneembekers geskink word. Cappuccino te koop teen R10 om sodoende ook die koste van die wegneembekers te dek. Amelia Moll is die koördineerder en sal jou moontlik binnekort kontak om behulpsaam te wees met die skinkery.

.

10de Dankoffer

10de Maand dankoffer hardloop nou tot einde Feb. ‘n Vriendelike, dog dringende versoek word aan elke lidmaat gerig om asseblief weer biddend te gaan besin oor u 10de maand dankoffer. Baie dankie vir die wyse waarop u tot nou toe ‘n bydrae gelewer het om die Gemeente in staat te stel om ons Hemelse Vader se Koninkryk te dien.

Fil 4: 18,19 “Julle gawe is voor God ‘n offer met ‘n lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus”

Tot op datum het ons ‘n bedrag van R58 200 ontvang.


.

Geopende Deure

Dankie vir jou ruimhartige ondersteuning vir ons vervolgde familie!

Beste NG Gemeente Noordkus-Ballito

Dankie dat jy help om geestelike en praktiese ondersteuning aan ons vervolgde familie in Christus in die Midde-Ooste te bied deur jou onlangse R500.00 geskenk.

Toe Michel se familie weens die oorlog in Sirië uit hul dorp moes vlug, het hulle geen inkomstebron gehad nie en gesukkel om te oorleef. Genadiglik het jou ondersteuning Geopende Deure in staat gestel om in hul donkerste uur inkomste-genererende projekte in Sirië te ondersteun vir Christene wat in nood is.

Michel se pa. Elias, het uit hierdie projek voordeel getrek en was in staat om sy eie kruidenierswinkel te open.

Ons is nou nie meer van noodleniging afhanklik nie en kon vir die familie begin voorsien. Ons is nou in staat om die huur te betaal en die kinders te ondersteun. Dankie aan God vir die Kerk en die manier waarop hulle ons bygestaan het,” sê Michel se ma, Rasha.

Dankie dat jy te midde van oorlog, vervolging en ʼn pandemie aan Christene soos Michel, Elias en Rasha hoop gee.

Vrede

Lynette Leibach

Uitvoerende Direkteur

Geopende Deure Suider-Afrika

.

Vroulief Afsluiting 6 Nov 2021

Dames hou asb Saterdag, 6 Nov oop vir Vroulief se jaarafsluiting. Meer besonderhede volg.

.

.

.

Manne Kuier Saam

Ons manne kuier elke 2de en 4de Saterdag om 06:30 saam met ‘n stomende beker moerkoffie en beskuit en gesels lekker oor aktuele onderwerpe. Ons gesprek gaan ook op Zoom beskikbaar wees - die skakel sal op die webblad geplaas word. Almal is hartlik welkom! Kom kuier saam!

Louis Nel

.

Benodig baksters vir Tuinsig se wortelkoekies

Ons beplan om op Sondag, 14 Nov Kersgeskenkies na Tuinsig Tehuis vir Bejaardes te neem. Ons wil graag vir elkeen met onder andere ‘n klein wortelkoekie bederf. Indien jy hierby betrokke wil raak kan jy Leonie kontak by 064 867 2995.

.

Mini Kersmark 4 Des 2021

Hou hierdie datum oop! Ons gaan weer mark hou, hierdie keer met ‘n Kersfees tema.

Baksters, kry solank daardie resepte reg! Dink solank hoe en waarby jy betrokke kan raak hierdie keer.

.

Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, vetkoek en koeksister verkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters is steeds elke Saterdag beskikbaar by die kerk. Covid protokolle sal gevolg word.

Kom ondersteun ons asseblief!

.

Laaste kans om vleispak te wen

Koop jou lootjie nog die week indien jy ‘n kans wil staan om ‘n vleispak te wen.

Wenners sal Sondag 24 Oktober afgekondig word.

.

Nuut op ons Webblad

Soos jy sekerlik bewus is, verskyn ons weeklikse Gesinsnuus ook op die webblad. Ons het egter begin om ‘n argief op te bou van nuusbriewe, dus kan jy nou op die webblad gaan kyk na nuusberigte van die afgelope paar maande. Daar is ook ‘n argief van nuusberigte wat in die Posduif verskyn het. Gaan loer gerus!

.

Leesrooster Tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 20ste Sondag van Koninkrykstyd: Markus 10:17-31, Job 23:1-9, 16-17 Psalm 22:1-15 en Hebreërs 4:12-16

.

Ballito Gesinskerk Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

.

Covid

n Spesiale uitreik aan elkeen wat in hierdie moeilike tyd finansieel geraak word deur die huidige inperking, asook almal wat familie en vriende het wat veg teen Covid of wat self dit ook het.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sê vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, julle God is hier”

Jesaja 35:3-4

Skakel gerus vir Ds. Gert Vorster indien daar voorbidding vir iemand gedoen moet word.

.

Covid-19 Deurry Toetssentrum

Die Covid-19 deurry toetssentrum op ons kerkgronde is operasioneel. Hulle werf tans personeel met verpleegagtergrond.

Hulle bied ook aan om toetse by mense se huis te gaan doen teen ‘n fooi. Maatskappye kan hulle ook inkry om die personeel by hulle besighede te toets. Ons kerk verdien 5% van daardie inkomste.

Gesels hieroor met Wynand Maartens of kontak die kerkkantoor.

.

Mondi Herwinningsprojek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinningsprojek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.

.

Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Covid-19 beperkings.

.

Het jy onlangs van adres verander? 

Of nuwe epos/telefoon nommer gekry? 

Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.

Die vorm is beskikbaar op ons webblad onder "DOKUMENTE"

.

.

Het jy kaste vol klere wat jy nie dra nie? 

Of Huishoudelike Items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

.

Sarie se Nuus

Dear Prayer Partners, we hope you are doing well

Please pray with us today, we will be forwarding a donation request letter to Air Products SA. This letter was put together by the new fundraising trainees and edited for us by Joshua le Roux.

Please pray for God's hand on this process

Please pray for His favour

Please pray that He will be glorified by every person that is involved

The fundraising trainees are starting to do bold calling today:

Please pray for bold and fearless calls

Please pray that they will not lose the focus of the NPO and themselves

Please pray that Dominique, Sandra and Charlene will be confident in their calling

Thank you for always praying with us.

We are planning the next Prayer, Care, Share Training for Churches in Zuurbekom and Soweto:

Please pray for the leaders that will attend

Please pray for us that we will be well prepared and committed... focusing on Jesus our Leader

Please pray for the funds we need to print and travel (R2500)

.

GEBEDSKALENDER


Sondag 17 Oktober—Broenei

Daar is slegs ʼn handvol kerke in Broenei. Bid dat die leiers en kerke ʼn manier sal vind om gelowiges in Broenei te verenig sodat die Kerk versterk kan word. Bid dat die Gees van God gelowiges se harte sal vul en kragtige en wonderbaarlike werk in die nasie sal doen.

Maandag 18 Oktober— Sri Lanka

ʼn Pastoor in die noordelike provinsie van Sri Lanka is vanjaar op die aand van Goeie Vrydag aangerand en beseer. Hy is in die hospitaal opgeneem vir behandeling, en het dowwe visie en ʼn gelui in sy ore ervaar. Bid vir hom terwyl hy die trauma van die gebeure verwerk.

Dinsdag 19 Oktober—Sentraal-Asië

Oram* is ʼn sekuriteitswag. Sy werkgewer het alles in sy vermoë gedoen om hom te oorreed om van sy geloof afstand te doen. Hy kry sy salaris laat, word net gedeeltelik betaal en daarvan beskuldig dat hy van die maatskappy steel. Hy worstel met die vervolging. Bid vir sy emosionele welstand en geloofsgroei.

Woensdag 20 Oktober— Saoedi-Arabië

In Saoedi-Arabië is die aantal depressielyers tot drie keer soveel as die wêreldwye gemiddeld. Baie van hulle sukkel en roep tot God vanuit hul alleenheid, isolasie en diep hartseer. Bid vir Saoedi-Arabiere om hiervan genees te word en om toegang tot hulpbronne te kry om hul depressie te behandel.

Donderdag 21 Oktober—Marokko

Tydens die skryf hiervan het Weam* se familie hom in ʼn psigiatriese hospitaal laat opneem omdat hy ʼn gelowige geword het. Bid vir sy vrylating en dat die Heilige Gees hom sal bedien terwyl hy vervolging van sy familie ervaar.

Vrydag 22 Oktober—Tunisië

Nabil* het meer as ʼn jaar gelede aan Islam begin twyfel en ʼn Christen geword. Na sy bekering het hy gekies om sy broer te vergewe wat hom as kind geterroriseer het, alhoewel hy steeds baie seer het. Hy vra dat ons vir hom bid terwyl hy deur sy trauma werk.

Saterdag 23 Oktober—Niger

Dembe*, ʼn Gelowige vanuit ʼn Moslemagtergrond, het talle dreigemente van sy skoonpa en die dorpshoof ontvang. Hy het egter geweier om Christus te versaak. Hy en sy aanstaande vrou moes toevlug vind by ʼn plaaslike kerk. Bid dat  Dembe na sy dorp sal kan terugkeer en dat die harte van sy skoonpa en die dorpshoof wonderbaarlik sal verander sodat hulle Christus kan ontvang.