Sondag 31 Oktober

Hervormingsondag

Kerkraadsbevestiging

08:30 Erediens

Dinsdag 02 November

09:00 Bybelstudie

17:30 Sending– en Evangelisasiekommissie vergader

Woensdag 03 November

18:00 Gemeentebestuur vergader

Saterdag 06 November

09:00 Vroulief Afsluiting by La Piazza

Sondag 07 November

08:30 Gesinsdiens en Kategese afsluiting

Sondag 14 November

08:30 Kerssangdiens

Sondag 21 November

Gemeente 81 jaar oud

08:30 Nagmaalviering

 

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/a2-dagboek.html



.

Gesondheid:

Marie Dirks

Miriam Lyons

Piet van Zyl

Celeste Rohrbeck se dogter, Theresa

Algemeen:

Ons dank die Here vir reën wat in groot dele van die Karoo geval het.

Die munisipale verkiesing—dat dit rustig en veilig sal verloop.

Reën in droë dele van die land, Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen die Coronavirus.

Sterkte aan al die matrieks en hulle ouers—ons dink aan julle!

 
.

31 Oktober

Daniel Venter

Linda Vorster

01 November

Magda Kotze

Engela Muter

03 November

Ewan Fick

Sunette Reichert

Hendrien Snyman

 

Eredienstema:

Wat het van integriteit geword?


Hartlik Welkom

Ons het bewys van lidmaatskap ontvang van Dr. Tobie, Deidré, George, Jevan en Edwin de Villiers vanaf NG Strubenvale, Springs.

Baie welkom en ons gebede is dat julle baie seën sal ondervind in Noordkus Gemeente.

.

Mini Kersmark

Aangesien daar baie markte einde November en begin Desember aan die gang is, moet ons die datum van die Kersmark heroorweeg. Die datum sal vroeg in November bevestig word.

.

Baie geluk

aan Jacques Louw wat bevestig word as kerkraadslid in Ballito Gesinskerk.

Baie sterkte vir jou taak – weet dat die Here jou met jou gawes, in sy diens sal gebruik.

Mag Paulus se ervaring van sy amp, ook jou ervaring wees.

1 Tim 1:12: Teenoor Christus Jesus ons Here, is ek dankbaar. Hy het my krag gegee en my betroubaar geag om my in sy diens te stel.

Mag hierdie woorde jou belydenis wees, maar ook vir jou ‘n inspirasie wees.

.

.

Koffie/Tee drink na erediens

Ons nooi jou hartlik uit om saam met ons ‘n koppie koffie/tee te drink na afloop van die erediens.

Cappuccino te koop teen R10.

.

Manne Kuier Saam

Ons manne kuier elke 2de en 4de Saterdag om 06:30 saam met ‘n stomende beker moerkoffie en beskuit en gesels lekker oor aktuele onderwerpe. Ons gesprek gaan ook op Zoom beskikbaar wees - die skakel sal op die webblad geplaas word. Almal is hartlik welkom! Kom kuier saam!

.

10de Dankoffer

10de Maand dankoffer hardloop nou tot einde Feb. ‘n Vriendelike, dog dringende versoek word aan elke lidmaat gerig om asseblief weer biddend te gaan besin oor u 10de maand dankoffer. Baie dankie vir die wyse waarop u tot nou toe ‘n bydrae gelewer het om die Gemeente in staat te stel om ons Hemelse Vader se Koninkryk te dien.

Fil 4: 18,19 “Julle gawe is voor God ‘n offer met ‘n lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus”

Tot op datum het ons ‘n bedrag van R109 400 ontvang.

.

Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, vetkoek en koeksister verkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters is steeds elke Saterdag beskikbaar by die kerk. Covid protokolle sal gevolg word.

Kom ondersteun ons asseblief!

.

Nuut op ons Webblad

Soos jy sekerlik bewus is, verskyn ons weeklikse Gesinsnuus ook op die webblad. Ons het egter begin om ‘n argief op te bou van nuusbriewe, dus kan jy nou op die webblad gaan kyk na nuusberigte van die afgelope paar maande. Daar is ook ‘n argief van nuusberigte wat in die Posduif verskyn het. Gaan loer gerus!

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.


.

Ballito Gesinskerk Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Mondi Herwinningsprojek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinningsprojek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.

.

Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Covid-19 beperkings.

.

Het jy kaste vol klere wat jy nie dra nie? Of Huishoudelike Items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

.

Covid

n Spesiale uitreik aan elkeen wat in hierdie moeilike tyd finansieel geraak word deur die huidige inperking, asook almal wat familie en vriende het wat veg teen Covid of wat self dit ook het.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sȇ vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, julle God is hier”

Jesaja 35:3-4

Skakel gerus vir Ds. Gert Vorster indien daar voorbidding vir iemand gedoen moet word.

.

.


.

GEBEDSKALENDER


Sondag 31 Oktober—Palestynse Grondgebiede

Bid vir die doeltreffendheid van die onderskeie sosiale media-platforms wat geleenthede skep om bymekaar te kom en te leer. Hoewel die pandemie mense se vryheid van beweging beperk, skep dit ook geleenthede om aanlyn met medegelowiges bymekaar te kom.

Maandag 01 November— Uganda

Sedert die dood van haar Moslem-man in 2016, leef Anandi* onder God se genade. Haar Christen-familie het haar en haar jong dogter verwerp omdat sy met ʼn Moslem getrou het. Bid dat Anandi en haar dogter God sal leer ken as hul enigste voorsiener en beskermer.

Dinsdag 02 November—Zanzibar

Rosa* verkoop vars produkte vanaf hul grond. Moslems in hul gemeenskap weier egter om haar onderneming te  ondersteun. Vroeër vanjaar het ʼn groep Moslems hul vrugtebome verwoes en 30 van hul hoenders gesteel. Bid dat die Here Sy guns aan Rosa en haar onderneming sal bewys, sodat dit ʼn manier vir haar sal word om die Evangelie te deel ondanks teenkanting.

Woensdag 03 November— Colombië

Fasiliteerders is ons stem in Colombië. Hulle is pastore wat kontak maak met kerke in hul streke, en ons dan inlig oor enige moeilike situasie wat ʼn kerk of pastoor ervaar. Bid dat God hierdie pastore en hul families sal bystaan, en dat Hy in al hul behoeftes sal voorsien terwyl hulle die Kerk dien.

Donderdag 04 November—Irak

Prys die Here vir die Kerk in Irak en die manier waarop dit mense bystaan, asook vir mense in Irak wat uiters toegewyd is en, ondanks alles wat hulle deurgemaak het, nie opgee nie. Bid dat God sal aanhou om die Kerk in Irak by te staan terwyl hulle Christus se lig te midde van probleme laat skyn.

Vrydag 05 November—Libanon

Daar gaan selde ʼn dag in Libanon verby sonder slegte nuus, wat hierdie bevolking laat hoop verloor. Bid vir die mense van Libanon, dat hul harte van haat na liefde sal verander en dat gelowiges aan die hoop in Christus sal vashou ondanks hul omstandighede.

Saterdag 06 November—Bhoetan

Hoewel daar geen druk van die regering is nie, ontmoedig die dorpsleiers in landelike gebiede mense onder die voorwendsel van Covid-19 om bymekaar te kom en te bid. Bid dat die gelowiges in staat sal wees om bymekaar te kom en saam te bid, terwyl hulle die Covid-19-protokol nakom.