Sondag 07 November

08:30 Gesinsdiens en Kategese afsluiting

Maandag 08 November

13:30 Finansiële Kommissie

15:00 Pre-advieskommissie met die oog op die beroep van ‘n predikant

15:30 Diensverhoudingekommissie

18:15 Eredienskommissie

Dinsdag 09 November

09:00 Bybelstudie

17:30 Eiendomskommissie

Woensdag 10 November

17:30 Jeugkommissie

Donderdag 11 November

17:30 Gemeentebedieningskommissie

Sondag 14 November

08:30 Kerssangdiens

Sondag 21 November

Gemeente 81 jaar oud

08:30 Nagmaalviering en broodbreek ete

 

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/a2-dagboek.html



.

Gesondheid:

Celeste Rohrbeck se dogter, Theresa—begin binnekort met terapie

Schalk & Avril Spamer se dogter

Joanne—ontslaan na Covid-19

Theanna Taylor—herstel tuis na operasie

Chris Kotze— gaan hierdie week vir ‘n knievervanging

Algemeen:

Ons dank die Here dat die munisipale verkiesing grootliks vreedsaam verloop het.

Reën in droë dele van die land, Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen die Coronavirus.

Sterkte aan al die leerders wat huidiglik besig is met eksamens.

 
.

07 November

Rina Brits

Adri Kruger

Magda Steyn

08 November

George de Villiers

10 November

Ockie du Plessis

Cobus Fourie

12 November

Kemp Venter

Luka Venter

Vicky Zietsman

13 November

Emelie Moolman

 

Eredienstema:

Groei vas aan Jesus - dan is alles moontlik!

In Jesus gewortel – vas in die geloof (Kol 2:7)

Hy is soos ’n boom wat by waterstrome geplant is...

Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak. (Psalm 1:3)


Koffie/Tee drink na erediens

Ons nooi jou hartlik uit om saam met ons ‘n koppie koffie/tee te drink na afloop van die erediens. Cappuccino te koop teen R10.

Daar is ook lekker eetgoed en koeldrank vir die kinders.

.

Kerssangdiens—14 November

n Vriendelike uitnodiging aan almal na ons Kerssangdiens volgende Sondag.

In ‘n wêreld wat maar donker is weens die pandemie, onsekerheid oor die toekoms en dalk moeilike persoonlike omstandighede, het ons dit nodig om weer ‘n slag te hoor dat God sy Lig na die wêreld gestuur het. Dis nie net vir enkeles nie – dis vir ELKE mens, sê die Woord.

Kom beslis. Bring die kinders saam, nooi jou bure en vriende. Kom met ‘n hart vol liefde vir die Here en vier saam fees – kom geniet die helder gerusstellende lig van die Lig vir die wêreld, Jesus Christus. Kom buig saam voor die Kind van Betlehem, wat die Verlosser van die wêreld geword het!

.

Kersmark

04 Desember vanaf 8:00 tot 12:00

Hou hierdie datum oop in jou kalender.

Ons benodig heerlike tuisgebak. Dink aan Kersfees! Bottels vol koekies, kerskoeke, broodjies, koeke, terte, lekkers, konfyt, beskuit asook gebakte poedings en jellie. Sit asseblief jou naam op die lys indien jy bereid is om te bak. Ons wil hierdie keer meer tuisgebakte produkte te koop aanbied. As jy dus nie die beste bakster is of die tyd het om te bak nie, kan jy ‘n donasie gee en dit sal aangewend word om bestanddele aan te koop en vir mense te gee wat wel kan bak.

Indien jy behulpsaam by enige een van die tafels kan wees, kontak vir Petro by 082 887 6207.

Kom ons maak hierdie ‘n spanpoging en sluit 2021 op ‘n hoë en gesellige noot af.

.

10de Dankoffer

10de Maand dankoffer hardloop nou tot einde Feb. ‘n Vriendelike, dog dringende versoek word aan elke lidmaat gerig om asseblief weer biddend te gaan besin oor u 10de maand dankoffer. Baie dankie vir die wyse waarop u tot nou toe ‘n bydrae gelewer het om die Gemeente in staat te stel om ons Hemelse Vader se Koninkryk te dien.

Fil 4: 18,19 “Julle gawe is voor God ‘n offer met ‘n lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus”

Tot op datum het ons ‘n bedrag van

R142 400 ontvang.

.

Simunye ku Jesu Kersafsluiting

Saterdag, 27 November 2021

Ons reël ‘n Kersafsluiting vir ons SkJ lede op die 27ste November en het die vrymoedigheid om ‘n vriendelike versoek aan ons lidmate te rig om oor die volgende paar weke ‘n geskenkpakkie in die voorportaal van die kerk te plaas.

Die inhoud kan o.a. bestaan uit: 'n pakkie koekies, pakkie lekkers, toiletseep, waslap, tandeborsel, tandepasta, handeroom, ensovoorts.

Moontlik is dit die enigste kersgeskenk wat hulle vir Kersfees gaan ontvang.

By voorbaat dank.

Seënwense,

Petro Louw

.

Leesrooster Tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 22ste Sondag van Koninkrykstyd: Psalm 34:1-8 (19-22), Job 42:1-6, 10-17, Hebreërs 7:23-28 en Markus 10:46-52.

.

SOEK VERBLYF

n Baie oulike jong man van 37 jaar (Stephan Muller) 

is op soek na ‘n tuinwoonstel vanaf 3 Januarie.

Kontak asseblief vir Stephan by 072 049 8116.

Nuut op ons Webblad

Soos jy sekerlik bewus is, verskyn ons weeklikse Gesinsnuus ook op die webblad. Ons het egter begin om ‘n argief op te bou van nuusbriewe, dus kan jy nou op die webblad gaan kyk na nuusberigte van die afgelope paar maande. Daar is ook ‘n argief van nuusberigte wat in die Posduif verskyn het. Gaan loer gerus!

.

Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Covid-19 beperkings.



Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, vetkoek en koeksister verkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters is steeds elke Saterdag beskikbaar by die kerk. Covid protokolle sal gevolg word.

Kom ondersteun ons asseblief!

.

Manne Kuier Saam

Ons manne kuier elke 2de en 4de Saterdag om 06:30 saam met ‘n stomende beker moerkoffie en beskuit en gesels lekker oor aktuele onderwerpe. Ons gesprek gaan ook op Zoom beskikbaar wees - die skakel sal op die webblad geplaas word. Almal is hartlik welkom! Kom kuier saam!

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk. Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

.

Mondi Herwinningsprojek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinningsprojek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.

.

Ballito Gesinskerk Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Het jy kaste vol klere wat jy nie dra nie?

Of Huishoudelike Items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

.

Covid

n Spesiale uitreik aan elkeen wat in hierdie moeilike tyd finansieel geraak word deur die huidige inperking, asook almal wat familie en vriende het wat veg teen Covid of wat self dit ook het.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sȇ vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, julle God is hier”

Jesaja 35:3-4

Skakel gerus vir Ds. Gert Vorster indien daar voorbidding vir iemand gedoen moet word.



.

GEBEDSKALENDER


Sondag 07 November—Mianmar

Bid vir gelowiges wat die vervolgingsvoorbereiding- opleiding van Geopende Deure bygewoon het. Bid dat hulle dit wat hulle geleer het, sal kan toepas en die lesse met ander gelowiges kan deel, veral gedurende hierdie uitdagende tyd in die land.

Maandag 08 November— Viëtnam

Drie maande nadat Yen* en sy vrou tot Christenskap bekeer het, het hul familielede en die ander dorpsmense daarop aangedring dat hulle hul huis verlaat en nooit weer na die dorp terugkeer nie. Bid dat God aan Yen se gesin vrede sal gee en dat hulle sal aanhou om op Hom te fokus.

Dinsdag 09 November—Nepal

Nita word weens haar geloof in Christus fisies en geestelik mishandel deur haar man. Bid dat God haar krag sal gee om die vervolging te verduur, en dat Hy haar man se hart sal verander en hy Sy genade sal ervaar.

Woensdag 10 November— Tanzanië

Isaac* (29) het sy lewe vroeër vanjaar aan Christus gewy. Toe hy die nuus met sy broer deel, het die hom uit die huis gejaag en hom gewaarsku dat hy hom sal doodmaak as hul paaie ooit weer kruis. Bid vir Isaac en sy pastoor, wat hom bystaan, se veiligheid. Mag die Here hulle en die kerk veilig hou.

Donderdag 11 November—Kenia

Rogo* is ʼn straatsmous en ʼn Gelowige vanuit ʼn Moslem-agtergrond. Nadat hy Jesus aangeneem het, het sy vrou al die goedere wat hy by die mark verkoop en hulle kind gevat en hom verlaat. Bid dat Rogo deur die Heilige Gees vertroos sal word en op Hom sal vertrou vir sy bekommernisse en behoeftes.

Vrydag 12 November—Sirië

Aanlyn opleidingskursusse is ʼn uitdaging vir die Siriese Kerk omdat die Internet en elektrisiteitstekorte probleme skep. Bid dat hierdie struikelblokke oorkom sal word en dat die kursusse vrugbaar vir die student sal wees en ʼn seën vir dienaars in die kerke.

Saterdag 13 November—Iran

Bid vir die jeug, wat baie uitdagings ervaar weens die ekonomiese situasie en hoë vlakke van werkloosheid. Dit kan daartoe lei dat baie jeugdiges hoop verloor vir die toekoms. Bid vir nuwe inisiatiewe om hierdie groep te bedien, sodat hulle ʼn doel en vervulling in hul geloof sal vind.