Sondag 14 November

08:30 Kerssangdiens

Maandag 15 November

15:00 Alle kommissieverslae moet

ingelewer wees

Dinsdag 16 November

09:00 Bybelstudie

Woensdag 17 November

17:30 Jeugkommissie

Sondag 21 November

Gemeente 81 jaar oud

08:30 Nagmaalviering en broodbreek-ete

Woensdag 24 November

18:00 Kerkraadsvergadering

 

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/a2-dagboek.html



.

Algemeen:

Reën in droë dele van die land, Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen die Coronavirus.

Sterkte aan al die leerders wat huidiglik besig is met eksamens.

Siekes:

Celeste Rohrbeck herstel na operasie

Chris Kotze herstel na knievervanging

Celeste Rohrbeck se dogter, Theresa – ontvang terapie

Theanna Taylor – herstel tuis na operasie

Martie Meiring

Sita & Bennie van Dyk se skoonseun Barney, herstel na hartaanval

Ronel Erasmus—ontvang terapie

Emelie Moolman gaan 17 November vir ‘n skouervervanghing

 
.

14 November

Tammy Burger

15 November

Laetitia van der Walt

16 November

Claudi Dittrich

Talitha Labuschagne

Riaan Venter

19 November

Milan Grobler

20 November

Helga Francis

Lettie van Heerden 

 

Kerssangdiens—14 November

Hartlik welkom aan almal by ons Kerssangdiens.

In ‘n wêreld wat maar donker is weens die pandemie, onsekerheid oor die toekoms en dalk moeilike persoonlike omstandighede, het ons dit nodig om weer ‘n slag te hoor dat God sy Lig na die wêreld gestuur het. Dis nie net vir enkeles nie – dis vir ELKE mens, sê die Woord.

Kom met ‘n hart vol liefde vir die Here en vier saam fees – kom geniet die helder gerusstellende lig van die Lig vir die wêreld, Jesus Christus. Kom buig saam voor die Kind van Betlehem, wat die Verlosser van die wêreld geword het!

 


Koffie/Tee drink na erediens

Ons nooi jou hartlik uit om saam met ons ‘n koppie koffie/tee te drink na afloop van die erediens. Cappuccino te koop teen R10.


.

Broodbreek-ete

21 November na die Nagmaal


Die broodbreek-ete na nagmaalviering, het reeds ‘n kosbare tradisie in ons gemeente geword. Daar word dikwels in die Nuwe Testament vertel hoe gelowiges saam “brood gebreek het” en saam geëet het! Dit is juis Jesus, die Brood van die Lewe, wat ons aan mekaar vasbind as lede van God se gesin! Elke gesin bring ‘n brood en smeergoed en ons vier saam fees na die nagmaal! Dit is iets wat jy nie kan misloop nie!

 .

Simunye ku Jesu Kersafsluiting

Saterdag, 27 November 2021

Ons reël ‘n Kersafsluiting vir ons SkJ lede op die 27ste November en het die vrymoedigheid om ‘n vriendelike versoek aan ons lidmate te rig om oor die volgende paar weke ‘n geskenkpakkie in die voorportaal van die kerk te plaas.

Die inhoud kan o.a. bestaan uit: 'n pakkie koekies, pakkie lekkers, toiletseep, waslap, tandeborsel, tandepasta, handeroom, ensovoorts.

Moontlik is dit die enigste kersgeskenk wat hulle vir Kersfees gaan ontvang.

By voorbaat dank.

Seënwense,

Petro Louw

 

Huiswerk Dringend Benodig

Drie vroue wat Saterdae ons Simunye ku Jesu byeenkomste bywoon en in Groutville woon, soek dringend huiswerk in die Ballito omgewing.Hulle name en kontakbesonderhede is soos volg:

Constance: 074 283 3149

Rosemary: 073 934 9543

Nomthla: 072 628 8540

Hulle is beskikbaar vir 'n onderhoud by die kerk op die Saterdae wat Simunye ku Jesu byeenkomste gehou word.

 

10de Dankoffer

10de Maand dankoffer hardloop nou tot einde Februarie. ‘n Vriendelike, dog dringende versoek word aan elke lidmaat gerig om asseblief weer biddend te gaan besin oor u 10de maand dankoffer. Baie dankie vir die wyse waarop u tot nou toe ‘n bydrae gelewer het om die Gemeente in staat te stel om ons Hemelse Vader se Koninkryk te dien.

Fil 4: 18,19 “Julle gawe is voor God ‘n offer met ‘n lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus”

Tot op datum het ons ‘n bedrag van

R159 400 ontvang.

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

 .

Leesrooster Tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 24ste Sondag van Koninkrykstyd: Rut 3:1-5; 4:13-17, Psalm 127, Hebreërs 9:24-28 en Markus 12:38-44.

 

.

Pannekoek!

Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, vetkoek en koeksister verkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters is steeds elke Saterdag beskikbaar by die kerk. Covid protokolle sal gevolg word.

Kom ondersteun ons asseblief!

Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Covid-19 beperkings.

.

Nuut op ons Webblad

Soos jy sekerlik bewus is, verskyn ons weeklikse Gesinsnuus ook op die webblad. Ons het egter begin om ‘n argief op te bou van nuusbriewe, dus kan jy nou op die webblad gaan kyk na nuusberigte van die afgelope paar maande. Daar is ook ‘n argief van nuusberigte wat in die Posduif verskyn het. Gaan loer gerus!

 .

Covid

n Spesiale uitreik aan elkeen wat in hierdie moeilike tyd finansieel geraak word deur die huidige inperking, asook almal wat familie en vriende het wat veg teen Covid of wat self dit ook het.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sȇ vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, julle God is hier”

Jesaja 35:3-4

Skakel gerus vir Ds. Gert Vorster indien daar voorbidding vir iemand gedoen moet word.

.

 

Manne Kuier Saam

Ons manne kuier elke 2de en 4de Saterdag om 06:30 saam met ‘n stomende beker moerkoffie en beskuit en gesels lekker oor aktuele onderwerpe. Ons gesprek gaan ook op Zoom beskikbaar wees - die skakel sal op die webblad geplaas word. Almal is hartlik welkom! Kom kuier saam!

 

.

Mondi Herwinningsprojek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinningsprojek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.

.

 

Ballito Gesinskerk Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

 

Het jy kaste vol klere wat jy nie dra nie?

Of Huishoudelike Items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

 
.

SOEK VERBLYF

n Baie oulike jong man van 37 jaar (Stephan Muller) 

is op soek na ‘n tuinwoonstel vanaf 3 Januarie.

Kontak asseblief vir Stephan by 072 049 8116.

Geopende Deure: Dankie

Beste N G Gemeente- Noordkus-Ballito

Dankie vir jou geskenk om geestelike en praktiese ondersteuning te voorsien aan ons vervolgde familie in Christus deur jou onlangse geskenk van R500.00.

Dankie dat jy deur jou gebede en geskenke die wedren van geloof saam met ons vervolgde familie in geloof aanpak. Jy help om die koninkryk te bou vir toekomstige generasies wanneer jy help om hulle te versterk en toe te rus om hul geloof uit te leef in plekke waar ons geloof onwelkom is. 

Mag God jou ryklik seën vir jou liefde en ruimhartigheid in ʼn tyd wat ek weet ons elkeen ons eie uitdagings ervaar.

Lynette Leibach

Uitvoerende Direkteur—Geopende Deure Suider-Afrika



.


.


Kersmark

04 Desember vanaf 8:00 tot 12:00

Hou hierdie datum oop in jou kalender.

Ons benodig heerlike tuisgebak. Dink aan Kersfees! Bottels vol koekies, kerskoeke, broodjies, koeke, terte, lekkers, konfyt, beskuit asook gebakte poedings en jellie. Sit asseblief jou naam  op die lys indien jy bereid is om te bak.  Ons wil hierdie keer meer tuisgebakte produkte te koop aanbied. As jy dus nie die beste bakster is of die tyd het om te bak nie, kan jy ‘n donasie gee en dit sal aangewend word om bestanddele aan te koop en vir mense te gee wat wel kan bak.

Indien jy behulpsaam by enige een van die tafels kan wees, kontak vir Petro by 082 887 6207.

Kom ons maak hierdie ‘n spanpoging en sluit 2021 op ‘n hoë en gesellige noot af.

.

Kindervermaak

Ontmoet Kersfees Diertjies wat God gemaak het:

Fluffy Sag Silkie Hoendertjies van verskeie kleure!

Marmotjies wat Wortels + appels peusel uit Jou hand! 

Klein Dwerg Hamstertjie wat saggies in Jou hand woel!

Vat vir Skye die Staffie hond vir 'n stappie by die Kerk!

Al Liewe Jesus se Diertjies kan geborsel word + soek baie Liefde!

Daar gaan ook ‘n prettige springkasteel wees!

 



.

GEBEDSKALENDER


Sondag 14 November—Indië

Baie pastore en leiers, insluitende sommige van Geopende Deure se plaaslike vennote, het weens Covid-19 met hul lewens geboet. Bid vir hul familielede se beskerming. Bid dat God hulle sal vertroos en met Sy hoop vir die toekoms sal vul.

Maandag 15 November— Suid-Filippyne

Islam is die meerderheidsgeloof in die Suid-Filippyne, veral in plekke soos Mindanao. Daarom het ons plaaslike vennote met navorsing begin om te bepaal of burgers van Mindanao wat in ander dele van die Filippyne bly, ook vervolging weens hul geloof ervaar. Bid vir God se leiding oor waarheen om te gaan en met wie om onderhoude te voer.

Dinsdag 16 November—Maledive

Baie Malediviërs reis na Indië en Sri Lanka vir mediese redes en hul kinders se opvoeding. Bid dat Christene in hierdie lande ʼn seën sal wees vir Malediviese Christene wat in nood is. Bid ook dat hulle ʼn lig vir die buitelanders in hul lande sal wees.

Woensdag 17 November— Broenei

Daar is slegs ʼn handvol kerke in Broenei. Bid dat die leiers en kerke ʼn manier sal vind om gelowiges in Broenei te verenig sodat die Kerk versterk kan word. Bid dat die Gees van God gelowiges se harte sal vul en kragtige en wonderbaarlike werk in die nasie sal doen.

Donderdag 18 November—Sri Lanka

ʼn Pastoor in die noordelike provinsie van Sri Lanka is vanjaar op die aand van Goeie Vrydag aangerand en beseer. Hy is in die hospitaal opgeneem vir behandeling, en het dowwe visie en ʼn gelui in sy ore ervaar. Bid vir hom terwyl hy die trauma van die gebeure verwerk.

Vrydag 19 November—Sentraal-Asië

Oram* is ʼn sekuriteitswag. Sy werkgewer het alles in sy vermoe gedoen om hom te oorreed om van sy geloof afstand te doen. Hy kry sy salaris laat, word net gedeeltelik betaal en daarvan beskuldig dat hy van die maatskappy steel. Hy worstel met die vervolging. Bid vir sy emosionele welstand en geloofsgroei.

Saterdag 20 November—Saoedi-Arabië

In Saoedi-Arabië is die aantal depressielyers tot drie keer soveel as die wereldwye gemiddeld. Baie van hulle sukkel en roep tot God vanuit hul alleenheid, isolasie en diep hartseer. Bid vir Saoedi-Arabiere om hiervan genees te word en om toegang tot hulpbronne te kry om hul depressie te behandel.