Sondag 21 November

Gemeente 81 jaar oud

08:30 Nagmaalviering en broodbreek-ete

Dinsdag 23 November

09:00 Bybelstudie en Kerssangoggend

Woensdag 24 November

18:00 Kerkraadsvergadering

Donderdag 25 November

Selgroepe

Saterdag 27 November

06:30 Mannebyeenkoms

11:30 Simunye ku Jesu Afsluiting

Sondag 28 November

Eerste Adventsondag

08:30 Erediens en doop

 

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/a2-dagboek.html



.

Algemeen:

Reën in droë dele van die land, Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen die Coronavirus.

Sterkte aan al die leerders wat huidiglik besig is met eksamens.

Siekes:

Celeste Rohrbeck herstel tuis na operasie

Chris Kotze herstel na knievervanging

Sita & Bennie van Dyk se skoonseun Barney, herstel na hartaanval

Emelie Moolman herstel tuis na ‘n skouervervanging

 
.

21 November

Willem Kleingeld

23 November

Renè Grobler

24 November

Wian Pretorius

25 November

Rentia Burger

Ansie Engelbrecht

Solly Engelbrecht

Jeanette Fouche

26 November

Madison Nienaber

Rosalie van Eeden

27 November

Anelle Engelbrecht

Lettie van Heerden



 

Eredienstema—21 November


Advent



 

Die 4 weke voor Kersfees, word Advent genoem, wat koms of aankoms beteken. Op hierdie 4 Sondae dink ons aan en berei ons voor op Kersfees, wanneer ons die koms van Jesus Christus vier. Ons tema, wat oor die hele Adventstyd strek, is: Op soek na ‘n Messias! Advent is ook die begin van die kerkjaar. Ons is dus nou in die laaste deel van die kerkjaar, wat Koninkrykstyd genoem word.

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk. Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê. 

.

Broodbreek-ete

21 November na die Nagmaal


Die broodbreek-ete na nagmaalviering, het reeds ‘n kosbare tradisie in ons gemeente geword. Daar word dikwels in die Nuwe Testament vertel hoe gelowiges saam “brood gebreek het” en saam geëet het! Dit is juis Jesus, die Brood van die Lewe, wat ons aan mekaar vasbind as lede van God se gesin! Dankie aan elkeen wat brood en smeergoed gebring het - kom ons vier saam fees na die nagmaal!

 .


Kersmark

04 Desember vanaf 8:00 tot 12:00

Hou hierdie datum oop in jou kalender.

Ons benodig heerlike tuisgebak. Dink aan Kersfees! Bottels vol koekies, kerskoeke, broodjies, koeke, terte, lekkers, konfyt, beskuit asook gebakte poedings en jellie. Sit asseblief jou naam op die lys indien jy bereid is om te bak. Ons wil hierdie keer meer tuisgebakte produkte te koop aanbied. As jy dus nie die beste bakster is of die tyd het om te bak nie, kan jy ‘n donasie gee en dit sal aangewend word om bestanddele aan te koop en vir mense te gee wat wel kan bak.

Indien jy behulpsaam by enige een van die tafels kan wees, kontak vir Petro by 082 887 6207.

Kom ons maak hierdie ‘n spanpoging en sluit 2021 op ‘n hoë en gesellige noot af.

.

.

Kindervermaak

Ontmoet Kersfees Diertjies wat God gemaak het:

Fluffy Sag Silkie Hoendertjies van verskeie kleure!

Marmotjies wat Wortels + appels peusel uit Jou hand!

Klein Dwerg Hamstertjie wat saggies in Jou hand woel!

Vat vir Skye die Staffie hond vir 'n stappie by die Kerk!

Al Liewe Jesus se Diertjies kan geborsel word + soek baie Liefde!

Daar gaan ook ‘n prettige springkasteel wees!

 

.

Dankie

Net 'n persoonlike dankie-sê vir my geskenkpakkie(s) wat ek ontvang het. Alles was so mooi verpak en die eetgoedjies is heerlik. Ek smul nog aan alles en ek moet bieg, die wortelkoek het nie lank gehou nie!

Dankie ook vir die tandeborsel en tandepasta, dit is so welkom.

Aan almal van u wat dit moontlik gemaak het, weet dat ek dit opreg waardeer en ek is seker die ander Tuinsig-inwoners voel dieselfde.

Baie dankie weereens. Mag God u seën en behoed, ook in die Kerstyd wat voorlê.

Margie Cleave

Inwoner by Tuinsig sentrum vir bejaardes

.

Benodig items vir Simunye ku Jesu Kerspakkies

Ons reël ‘n Kersafsluiting vir ons SkJ lede op die 27ste November en het die vrymoedigheid om ‘n vriendelike versoek aan ons lidmate te rig om oor die volgende paar weke ‘n geskenkpakkie in die voorportaal van die kerk te plaas.

Die inhoud kan o.a. bestaan uit: 'n pakkie koekies, pakkie lekkers, toiletseep, waslap, tandeborsel, tandepasta, handeroom, ensovoorts.

Moontlik is dit die enigste kersgeskenk wat hulle vir Kersfees gaan ontvang.

By voorbaat dank.

Seënwense,

Petro Louw 

10de Dankoffer

.

10de Maand dankoffer hardloop nou tot einde Februarie. ‘n Vriendelike, dog dringende versoek word aan elke lidmaat gerig om asseblief weer biddend te gaan besin oor u 10de maand dankoffer. Baie dankie vir die wyse waarop u tot nou toe ‘n bydrae gelewer het om die Gemeente in staat te stel om ons Hemelse Vader se Koninkryk te dien.

Fil 4: 18,19 “Julle gawe is voor God ‘n offer met ‘n lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus”

Tot op datum het ons ‘n bedrag van

R159 900 ontvang.

.

Leesrooster Tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 25ste Sondag van Koninkrykstyd: 1 Samuel 1:4-20, 1 Samuel 2:1-10, Hebreers 10:11-14 (15-18), 1-25 en Markus 13:1-8.

.

Pannekoek: Elke Saterdag!!!


.

Nuut op ons Webblad

Wanneer laas het jy na ons foto album gekyk op ons webblad? Die nuutste foto’s is van Vroulief se afsluitingsfunksie op Saterdag 6 November asook verlede Sondag se uitreik na Tuinsig. Kyk net hoe die oumensies geblom het oor ons besoek. Kom beleef die opgewondenheid in die foto’s op ons webblad.

.

Covid

n Spesiale uitreik aan elkeen wat in hierdie moeilike tyd finansieel geraak word deur die huidige inperking, asook almal wat familie en vriende het wat veg teen Covid of wat self dit ook het.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sȇ vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, julle God is hier”

Jesaja 35:3-4

Skakel gerus vir Ds. Gert Vorster indien daar voorbidding vir iemand gedoen moet word.

.

Manne Kuier Saam

Ons manne kuier elke 2de en 4de Saterdag om 06:30 saam met ‘n stomende beker moerkoffie en beskuit en gesels lekker oor aktuele onderwerpe. Ons gesprek gaan ook op Zoom beskikbaar wees - die skakel sal op die webblad geplaas word. Almal is hartlik welkom! Kom kuier saam!

.

Ballito Gesinskerk Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Hospice benodig klere en huishoudelike items

Kontak Helene by 083 656 0864 of gee by die Kerkkantoor af.

.

Herwin papier ten bate van Jeugprojek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinningsprojek te ondersteun. Die inkomste wat daaruit gegenereer word gaan na die Jeugprojek.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.


.

GEBEDSKALENDER


Sondag 21 November—Marokko

Tydens die skryf hiervan het Weam* se familie hom in ʼn psigiatriese hospitaal laat opneem omdat hy ʼn gelowige geword het. Bid vir sy vrylating en dat die Heilige Gees hom sal bedien terwyl hy vervolging van sy familie ervaar.

Maandag 22 November— Tunisië

Nabil* het meer as ʼn jaar gelede aan Islam begin twyfel en ʼn Christen geword. Na sy bekering het hy gekies om sy broer te vergewe wat hom as kind geterroriseer het, alhoewel hy steeds baie seer het. Hy vra dat ons vir hom bid terwyl hy deur sy trauma werk.

Dinsdag 23 November—Niger

Dembe*, ʼn Gelowige vanuit ʼn Moslemagtergrond, het talle dreigemente van sy skoonpa en die dorpshoof ontvang. Hy het egter geweier om Christus te versaak. Hy en sy aanstaande vrou moes toevlug vind by ʼn plaaslike kerk. Bid dat Dembe na sy dorp sal kan terugkeer en dat die harte van sy skoonpa en die dorpshoof wonderbaarlik sal verander sodat hulle Christus kan ontvang.

Woensdag 24 November— Noord-Korea

Sowat 50 000 tot 100 000 gelowiges is na beraming in die tronk of ʼn uitgesette gebied weens hul geloof. Bid dat diegene wat die ergste vervolging weens hul liefde vir Jesus ervaar, in staat sal wees om die smart te verduur deur die krag waarmee God hulle toerus.

Donderdag 25 November—Oesbekistan

Batyr* moes sy tuisland verlede jaar vir werk verlaat. Sy vrou, Mira*, en hul vier kinders het vanjaar by hom aangesluit. Hulle het beplan om God se ambassadeurs te wees in hul Moslem-familie, maar bly nou in ʼn ander land. Bid dat Christene wat by hul Moslem-familielede, -vriende en -bure agtergebly het, getuienisse sal wees.

Vrydag 26 November—Mosambiek

In Mosambiek is miljoene vlugtelinge en mense wat plaaslik ontwortel is weens gewapende geweld in sub-Sahara Afrika. Bid dat God diegene wat deur die geweld getraumatiseer is sal vertroos en genees.

Saterdag 27 November—Laos

Sedert Somkhit* (38) en Anida* (36) se gemeenskap in 2018 uitgevind het dat hulle Christene is, verduur hulle isolasie en diskriminasie. Bid dat God hulle sal versterk om in hul geloof en te midde van swaarkry die sout en lig in hul gemeenskap te wees.