Sondag 28 November

08:30 Erediens: Eerste Adventsondag—hoop!

Doop van Aliyah Kruger

Dinsdag 30 November

12:00 Bybelstudie afsluitingsete

Woensdag 01 Desember

Wȇreldvigsdag

Donderdag 02 Desember

Selgroepe

Saterdag 04 Desember

Kersmark

Sondag 05 Desember

08:30 Erediens: Tweede Adventsondag

Donderdag 16 Desember

08:30 Erediens: Versoeningsdag

Saterdag 25 Desember

07:00 & 09:00 Kersdienste

Vrydag 31 Desember

18:00 Oujaarsdiens

 

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/a2-dagboek.html



.

Siekes:

Chris Kotze herstel tuis na knievervanging

Sita & Bennie van Dyk se skoonseun Barney, herstel na hartaanval

At Moolman geopereer na enkelfraktuur

Peet Botha geopereer in Johannesburg

Marie Dirks

Marlese van Rensburg—tuis na hospitalisasie

Miriam Lyons

Piet van Zyl

Cas Pieterse - In ICU

Fred & Ingrid Visser se skoondogter, Liska, wat baie ernstig siek is met kanker. Ons dink aan haar man, Du Toit Visser en hulle kinders, Duan, Jean & Simone.

 
 
.

03 Desember

Ellouise Cowie

Pieter Henning

Michael Hoffman



 

Eredienstema—28 November

Advent


Advent



 

Die 4 weke voor Kersfees, word Advent genoem, wat koms of aankoms beteken. Op hierdie 4 Sondae dink ons aan en berei ons voor op Kersfees, wanneer ons die koms van Jesus Christus vier. Ons tema, wat oor die hele Adventstyd strek, is: Op soek na ‘n Messias! Advent is die begin van die liturgiese jaar, ook kerkjaar genoem. Op elke Adventsondag kry ‘n bepaalde aspek van die koms van Jesus, aandag. Vandag, fokus ons op hoop (of afwagting).

.

Hartlik Welkom

Ons het bewys van lidmaatskap ontvang van Leon en Sophie Bernardü vanaf NG Vaalrivier.

Baie welkom en ons gebede is dat julle baie seën sal ondervind in Noordkus Gemeente.

.

Algemene Voorbidding:

Reën in droë dele van die land, Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen die Coronavirus.

Sterkte aan al die leerders wat huidiglik besig is met eksamens.

.

Doop

Vandag word Aliyah Kruger gedoop. Baie welkom aan haar ouers, Tiaan en Adri, haar boetie Christiaan, en haar oupa en ouma, Peet & Rynette du Plessis. As gemeente deel ons in julle familie se vreugde en ons weet dat ons vanoggend almal in ons geloof versterk sal word deur die sakrament van die doop.

.

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk. Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

.

10de Dankoffer

10de Maand dankoffer hardloop nou tot einde Februarie. ‘n Vriendelike, dog dringende versoek word aan elke lidmaat gerig om asseblief weer biddend te gaan besin oor u 10de maand dankoffer. Baie dankie vir die wyse waarop u tot nou toe ‘n bydrae gelewer het om die Gemeente in staat te stel om ons Hemelse Vader se Koninkryk te dien.

Fil 4: 18,19 “Julle gawe is voor God ‘n offer met ‘n lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus”

Tot op datum het ons ‘n bedrag van

R165 900 ontvang.


.

Elke Saterdag!!!

.


Herwin papier ten bate van Jeugprojek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinningsprojek te ondersteun.  Die inkomste wat daaruit gegenereer word gaan na die Jeugprojek.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.

.

Kersmark vir oud en jonk!

4 Des 8:00-12:00

Die Kersmark beloof om iets vir almal aan te bied. Wat kan jy verwag: Eet-goed, mooi-goed, kers-goed, speel-goed, huis-goed, lekker-goed.
Geniet die heerlike verversings in die teetuin terwyl die kinders spring op die springkasteel of besig gehou word met speletjies. Vul jou kerskouse op met oulike kersgeskenkies, handwerkitems en kerskaartjies. Die uitstallers is met sorg uitgekies en daar is te kies en keur tussen plantjies, juwele, houtitems, kersversierings en baie meer. Maak die spens vol met al die heerlike tuisgebakte koekies, beskuit, broodjies, koeke, terte, lekkers ens. Die beste van alles is dat die pryse in vergelyking met ander markte regtig bekostigbaar is. Vir die onmiddelike hongerte is daar baie om van te kies – heerlike gebakte poeding, koeksisters, worsrolle, vetkoek, pannekoek en moenie die teetuin vergeet nie.
Koop genoeg voorraad boeke vir die lui Desember dae. Daar is ‘n groot verskeidenheid christelike boeke asook nie-fiksie te koop teen belaglike goedkoop pryse.
Skryf ‘n boodskap/gebed en plaas op die baie spesiale gebedsboom wat regdeur Des in die kerk gaan staan. Die opbrengs van hierdie projek sal aan Haven of Rest geskenk word.
Lifeing en Salt40 van die Simunye Gemeenskapsentrum gaan ook deel wees van die dag en hulle produkte verkoop en bekend stel. Kom ons as gemeente ondersteun ook hierdie inisiatiewe.
Hierdie is veel meer as ‘n fondsinsamelingsprojek. Dis ‘n gemeente en gemeenskapsprojek! Ons sal graag elkeen van ons gemeentelede hier wil sien. Kom vier saam fees!

.

Leesrooster Tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 25ste Sondag van Koninkrykstyd: 1 Samuel 1:4-20, 1 Samuel 2:1-10, Hebreers 10:11-14 (15-18), 1-25 en Markus 13:1-8.

.

.

Nuut op ons Webblad

Die foto’s van ons Lentemark van Oktober asook verlede Sondag se feesvieringe van die gemeente se 81ste verjaarsdag.

.

Nuus van Sarie

Dear prayer Partners. I hope you are well, please pray for the following:

 Outreach to Transkei has been moved to March 2022, God willing we will be there to *support the missionaries* and do PCS training.

 *Call her Blessed Fundraising* this weekend 27th - Funds for the *Toyota* Bus ... please pray for Dominique and Sandra* who is doing the planning. Please Pray for God's favour.

 Also the "it beats walking" bucket project to raise *funds for the Quantum*  

 Ladies and children in the shelter:

 We have 2 new babies and still 2 to come... please pray for *their emotional and spiritual growth* . Thank the Lord that the shelter children are happy.

 Please thank the Lord for every Lady that takes the hand of Jesus and follows Him.

 Also please Pray for *Mawardii* our little girl from Ethiopia, she is back with us after being raped... please pray for her healing and thank the Lord for her faith in Him and that she is now also sharing Jesus with others.

 Please pray for every person that Otillia and I are *discipling* - showing them Jesus. Pray for their commitment to Matt 28:19-20 

 Please pray for our *Fundraising Team* . I have trained 2 fundraisers and we are trusting the Lord for the funds the shelter need and to pay the outstanding amount on the Quantum by end February 2022

 Please *thank* the Lord with me for the 7 people who are still supporting me monthly for my *personal expenses*. Please ask the Lord to bless them and their families.

 For me not to just do the job *BUT to focus on Jesus Christ the reason I am called* into this ministry and never to forget: success in Evangelism is sharing the Gospel at every opportunity, through the power of the Holy Spirit and leaving the results to God

I thank the Lord that I have you to share these Prayer requests with, through Prayer you Partner with me in this ministry, this is  encouraging to know that you are out there praying and supporting me.

May God bless you abundantly.

.

Covid

n Spesiale uitreik aan elkeen wat in hierdie moeilike tyd finansieel geraak word deur die huidige inperking, asook almal wat familie en vriende het wat veg teen Covid of wat self dit ook het.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sȇ vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, julle God is hier”

Jesaja 35:3-4

Skakel gerus vir Ds. Gert Vorster indien daar voorbidding vir iemand gedoen moet word.

.

Manne Kuier Saam

Ons manne kuier elke 2de en 4de Saterdag om 06:30 saam met ‘n stomende beker moerkoffie en beskuit en gesels lekker oor aktuele onderwerpe. Ons gesprek gaan ook op Zoom beskikbaar wees - die skakel sal op die webblad geplaas word. Almal is hartlik welkom! Kom kuier saam!

Ballito Gesinskerk Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/


.

Hospice benodig klere en huishoudelike items

Kontak Helene by 083 656 0864 of gee by die Kerkkantoor af.

.

Huiswerk Dringend Benodig

Drie vroue wat Saterdae ons Simunye ku Jesu byeenkomste bywoon en in Groutville woon, soek dringend huiswerk in Ballito omgewing.Hulle name en kontakbesonderhede is soos volg:

Constance 074-283 3149

Rosemary 073-934 9543

Zanele 072-493 8001

Constance is opsoek na inslaapwerk. Sy het nie kinders nie en het vir Italianers gewerk wat intussen na Italië teruggekeer het.

.

Tuinier Benodig

Celeste Rohrbeck soek ‘n betroubare persoon om een keer ‘n week in haar tuin te werk. Kontak haar asseblief by 072 843 7083 indien jy iemand kan verwys.



.

GEBEDSKALENDER


Sondag 28 November—Sjina

Sowat 30 miljoen etniese Moslems bly in Sjina. Hulle vrees God se straf en het geen gerusstelling oor Sy aanvaarding, vergifnis of die ewige lewe nie. Bid dat hulle Jesus sal leer ken en Hom as hul Here en Redder sal ontvang.

Maandag 29 November— Maleisië

Pastoor Daniel*, ʼn inheemse pastoor, is bekommerd oor sy gemeentes. Heelwat mense in sy klein, arm dorpie het positief getoets vir Covid-19. Baie van die dorpenaars werk as daaglikse loonarbeiders. Bid vir hul spoedige herstel en dat hulle weer sal kan werk om ʼn inkomste te verdien.

Dinsdag 30 November—Indonesië

Vroue is ʼn noodsaaklike deel van die liggaam van Christus. Bid dat vroue wat ons vrouekonferensie bygewoon het, dit wat hulle geleer het sal gebruik in hul lewens as susters, moeders, dogters en as deel van die Liggaam van Christus. Mag hulle vrugbare lewens hȇ wat tot eer van God is.

Woensdag 01 Desember — Ethiopië

Khalid* bly vasberade ten spyte van sprinkane wat vroeër vanjaar sy oes vernietig het, Covid-19 en die politieke konflik in sy gebied. Hy vra dat ons sal aanhou bid dat hy sterk en gesond sal bly om vir sy familie te voorsien en dat God hom kan gebruik.

Donderdag 02 Desember —Nigerië

Bid vir die groeiende aantal weduwees in Nigerië. Bid dat hulle op God sal steun en op Hom sal vertrou vir al hul behoeftes. Bid dat God hulle waardigheid sal herstel en dat baie Hom as hul Verlosser en Vader sal leer ken.

Vrydag 03 Desember —Sjina

Broer Ma* en sy vrou bedien Gelowiges vanuit ʼn Boeddhistiese agtergrond in westelike Sjina. Bid vir hulle vir goeie gesondheid en dat hulle in die bergagtige gebiede sal kan werk sonder om deur bergsiekte geaffekteer te word.

Saterdag 04 Desember —Laos

Athit is tot Maart 2022 onder huisarres en word verbied om te preek, Christelike aktiwiteite te organiseer of om buite sy dorpie te gaan om te evangeliseer. Bid vir Athit terwyl hy uitdagings in sy bediening ervaar.