18 April 2021

Web: www.noordkus.co.za  Dagstukkies: www.dagstukkie.co.za

.

Leraar: Ds. Alwyn Small
032 525 8732•083 556 5837
leraar@noordkus.co.za

Kerkkantoor:
Leonie Spangenberg
032 946 1198
kerkkantoor@noordkus.co.za

Kantoorure:
Maandae:10:00-15:00
Woensdae: 08:00-15:00
Dinsdae, Donderdae, Vrydae: 08:00-13:00

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus
Eerste Nasionale Bank (FNB)
Rekening nr: 5373 165 9860;
Takkode: 220129

Gemeente Dagboek:

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/dagboek.html

.
Sondag 18 April
Belydenis Aflegging
08:30 Erediens
 
Dinsdag 20 April
09:00 Bybelstudie
 
Donderdag 22 April
Selgroepe
 
Vrydag 23 April
Skole Sluit
Saterdag 24 April
07:00 Manne Byeenkoms
 
Sondag 25 April
08:30 Erediens
 
Neem Kennis van die volgende:
· Ds. Alwyn sal op verlof wees vanaf 22 April tot en met 2 Mei.
Voorbidding

Gesondheid:

Marie Dirks

Martin Schoeman

Miriam Lyons

Piet van Zyl

Stoffel en Amanda Viljoen se dogter, Anthea

Jan Kaljee

Sterk aan na operasie:

Schalk Spamer

Algemeen:

Reën in droë dele van die land, 

Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen 

die Coronavirus.

Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.”
1 Petrus 5:7
Verjaarsdae
18 April
Tanya Steenkamp
 
19 April
Maria de Bruin
Elisma Geyer
Jeane Morkel
Tiaan Smith
21 April
Etienne Coertze
 
22 April
Sita van Dyk
 
23 April
Gerda Goosen

Erediens Tema: Sondag, 18 April

Leesrooster tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die Vierde Sondag van Paastyd: Johannes 10:11-18, Handelinge 4:5-12, Psalm 23 en 1 Johannes 3:16-24.


Belydenisaflegging 2020

Graag wens ons vir Christoff, James, Janke, Marina en Marnus geluk met hul belydenisaflegging. Dit was en is ‘n voorreg om saam met elkeen van julle as jongmense ‘n pad te kon stap deur die jare van kategese en toe kon beleef hoe jul elkeen gegroei het in jul verhouding met die Here om dan ook by hierdie stukkkie getuienis van belydenisaflegging te kan stilstaan. Welkom dan ook in besonder as belydende lidmate binne die gemeente.

Vir die ouers van hierdie jongmense ook ons gelukwense en dankie dat julle  saam met hulle die pad kon stap in gehoorsaamheid aan jul doop beloftes.


Hartlik Welkom

Ons het bewys van lidmaatskap ontvang van Annelie Lutzkie vanaf NG Valleisig.

Baie welkom en ons gebede is dat jy baie seën sal ondervind in Noordkus Gemeente.


Verlof—Ds. Alwyn

Neem asseblief kennis dat Ds Alwyn op verlof sal wees vanaf 22 Aprill tot en met 2 Mei.


Vraelys binne die gemeente

Binne die volgende paar dae gaan elke gemeentelid ‘n vraelys van hul betrokke kerkraadslid ontvang waarin ons as kerkraad net so paar vrae voor u wil plaas. Daarmee saam gaan daar ook ‘n lys van die betrokke aksies binne die gemeente geplaas word. Graag versoek ons dat u elkeen met groot vrymoedigheid die vraelys sal beantwoord en dit sal terugbesorg aan die betrokke kerkraadslid. Ons wil u ook daarvan verseker dat die invul van die vraelys heeltemal vrywillig is en dat die inligting daarop streng konfidensieël en profesioneel hanteer sal word. Neem asseblief die vrymoedigheid om vir Ds Alwyn te kontak indien u enige vrae of onsekerheid het rakende die vraelys.

Baie dankie vir u samewerking in die verband.


Diensaksies binne die gemeente

Graag voorsien ons vir u as gemeentelede van ‘n lys van al di onderskeie diensaksies wat huidiglik binne die gemeente funksioneer tesame met die kontak besonderhede van ‘n leier by die betrokke diensaksies. Ons wil u graag uitnooi om as deel van die “Liggaam van Jesus Christus” by hierdie diensaksies betrokke te raak. Wil jy dit asseblief nie biddend oorweeg en so êrens as ledemaat van die Liggaam van Christus deel te kan wees nie. Net vir duidelikheid, jy hoef nie op die kerkraad te dien om so betrokke te kan wees by ‘n diensaksie nie. Saam maak en kan ons ‘n verskil maak.

Benodig wol en stopsel vir beertjies

Wil jy betrokke raak by die Breigroep?

n Lidmaat in ons gemeente, Ina Lourens,  brei die mooiste beertjies wat ons dan vir die Plakkerskamp in Toti gee. Indien iemand ekstra wol het of stopsel om die beertjies te stop, sal dit waardeer word as jy dit by die Kerkkantoor kan afgee.  Ds. Simon het ook al ‘n klomp materiaal beertjies ontvang wat hy vir die kindertjies uitgedeel het.

Daar is ook ‘n Breigroepie in die gemeente wat elke 1ste Dinsdag van die maand tussen 10h -11h bymekaar kom by die kerk.  Die volgende byeenkoms vind plaas op Dinsdag, 4 Mei.

As jy graag daarby betrokke wil raak kan jy vir Lettie van Heerden kontak by 072 632 1100. Ekstra wol ens. sal ook aan die groepie geskenk word.


Benodig items vir die koskas

Daar is die afgelope tyd baie mense wat by die kerk kom aanklop vir kos.  Dis nie lekker om mense weg te wys nie en daarom rig ek die versoek vir die skenking van nie-bederfbare produkte vir die koskas. Blikkies kos, mieliemeel, suiker, olie, koffie, tee, grondboontjiebotter, konfyt  ens kan by die Kerkkantoor afgegee word of Sondag in die krat geplaas word.


Kategese vir 2021

Met die dat Kovid ons getref het en al die regulasies daarmee saam het dit vir ons nogal ‘n uitdaging geword om ons kinders bymekaar te kry vir hulle kategese lesse.

Maar gelukkkig vir ons as gemeentes is daar binne die NG Kerk se Jeugspan bekwame mense wat vir ons wonderlike en opwindende materiaal uitgewerk het wat ons binne die gemeentes, maar spesifiek wat julle as ouers saam met julle kinders by die huis kan deurwerk. Die materiaal staan bekend as: UITPAK Huisgeloof materiaal. En soos die naam aandui, is dit materiaal waarin ons as gesinne saam met ons kinders in kan deel en waar ons as ouers verantwoordelikheid neem om ons kinders daarin te begelei. Dit kom terug na die doop belofte wat ons as ouers geneem het om verantwoordelikheid te neem vir die geestelike groei van ons kinders.

Ons wil regtig ons ouers uitnooi en aanmoedig om van hierdie materiaal gebruik te maak. Ons stel die eerste deel van die materiaal in sy geheel aan u as ouers bekend. U kan dit aflaai, uitdruk en dan is die gedagte dat daar een lessie vir elke week is wat saam met die kinders gedoen kan word.

Daar is lekker eksperimente wat saam met die kinders gedoen moet word en u as ouer hoef nie al die benodigdhede wat in die “eksperiment tas” moet kom dadelik aan te skaf nie. Kry die benodigdhede elke week soos wat daar deur die lesse weekliks gewerk word. Geniet die voorreg en reis om saam met jou kinders deur die UITPAK reeks te werk.

Hiermee dan die skakel vir die materiaal: bit.ly/bkUitpak 

Kyk asseblief ook op die webblad onder Jeugbediening, waar ek ook 'n skakel daarvoor geplaas het.

 


Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

Het jy onlangs van adres verander of nuwe epos / telefoon nommer gekry? Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.


Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Kovid-19 beperkings.


Ons Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/


Manne Kuier Saam

Die gemeente se manne kuier gereeld elke eerste en derde Saterdag om 07:00 saam by die kerk, met waar ons lekker gesels en lewendige gesprekke voer oor aktuele onderwerpe.  Enigeen is hartlik welkom om in te skakel, solank jy natuurlik ‘n man is!

Ek sien uit daarna om met jou te gesels by ons volgende opwindende gesprek!

Louis Nel


Mondi Herwinnings Projek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinnings-projek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.


Het jy kaste vol klere 

wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864


Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, 

vetkoek en koeksisterverkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters elke Saterdag beskikbaar met bestellings. Plaas jou bestelling by 083 676 1998 (whatsapp of oproep) vir afhaal vanaf 08:30 by die kerk.

Sondag 18 April—Laos

Mense in pastoor Inpong se dorpie het sy huis verwoes omdat hy nie die Christelike aktiwiteite in sy tuiste wou staak nie. Bid dat vrees nie in die harte van pastoor Inpong en ander gelowiges sal oorneem na die terugslag nie.

Maandag 19 April—Jemen

Christen-mentors en opvoeders sit gewoonlik by jong leiers terwyl hulle saam studeer en staan hulle by om hul studies prakties toe te pas. Dit is egter nie op die oomblik moontlik nie. Bid vir wysheid en onderskeiding vir diegene wat afstandsonderrig aan leiers bied.

Dinsdag 20 April—Arabiese Skiereiland

Soos wat die Kerk groei, het al meer Gelowiges vanuit ʼn Moslem-agtergrond die begeerte om te trou. Bid dat God gelowiges met mekaar in aanraking sal bring, ook vir die doel van huwelike en dat Hy families wat Sy Naam verheerlik, sal ophef.

Woensdag 21 April—Nigerië

ʼn Dorpshoof is brutaal geskiet en doodgemaak deur Fulani-militante omdat hy vir Christene se regte opgestaan het. Bid vir troos vir sy vrou en seun, wat sy dood aanskou het. Bid ook vir Christen-leiers wat vir Christene se regte opstaan.

Donderdag 22 April—Mali

Amadou* het na die stad verhuis om te studeer. Hy het by sy Moslem-broer gewoon, maar die het hom later uit die huis gegooi oor sy geloof. Hy moes gevolglik sy studies staak. Bid dat Amadou weer sy studies kan hervat en sy opvoeding kan voltooi.

Vrydag 23 April—Indië

Pastoor Ramesh, sy vrou en moeder is wreed aangerand deur ekstremiste. Rakesh en sy familie is ook deur mense in hul dorp aangeval en aangerand – alles oor hul geloof. Bid vir genesing, beskerming en troos vir hierdie families.

Saterdag 24 April—Broenei

Die egskeidingsyfer in Broenei het skerp toegeneem, met die meeste egskeidings wat in die land se hoofstad gebeur. Bid dat God getroude paartjies, insluitend Christene, sal seën en hulle sal help om hul uitdagings te oorkom.