11 Julie 2021

Web: www.noordkus.co.za  Dagstukkies: www.dagstukkie.co.za

.

Leraar: Ds. Alwyn Small
032 525 8732•083 556 5837
leraar@noordkus.co.za

Kerkkantoor:
Leonie Spangenberg
032 946 1198
kerkkantoor@noordkus.co.za

Kantoorure:
Maandae:10:00-15:00
Woensdae: 08:00-15:00
Dinsdae, Donderdae, Vrydae: 08:00-13:00

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus
Eerste Nasionale Bank (FNB)
Rekening nr: 5373 165 9860;
Takkode: 220129

Gemeente Dagboek

Het jy geweet? Ballito Gesinskerk se jaarlikse Almanak of Dagboek is op ons webblad beskikbaar. Kyk gerus by noordkus.co.za/dagboek.html

Die eredienste op Sondag oggende by die kerk bly gesluit tot verdere kennisgewing. Ons gaan egter die eredienste opneem op video en dit dan Sondagoggend op Youtube beskikbaar stel.

Sondag 11 Julie

08:30 Virtuele Erediens

Sondag 18 Julie

08:30 Virtuele Erediens

.

.

Virtuele Erediens Sondag 11 Julie


.

Voorbidding en Verjaarsdae

.

BAIE BELANGRIK:

Wetgewing vereis dat alle lidmate skriftelike toestemming gee dat hulle inligting deur die gemeente gebruik mag word.

Huidiglik is ons nog in die proses om die POPIA toestemmingsbriewe in te samel. Ons moedig lidmate aan om so gou as moontlik die toestemmingsbriewe aan ons terug te besorg.

Die verjaarsdae en voorbiddingslys sal eers geplaas kan word sodra dit afgehandel is.

Verjaarsdae:

Hartlik geluk aan elke lidmaat wat hierdie week verjaar. Liefde, vreugde en vrede word u toegewens vir die nuwe lewensjaar.

Voorbidding:

Algemeen:

Reën in droë dele van die land, Gemeente, Dorp en Gemeenskap, ons land.

Ons almal se gesondheid teen die Coronavirus.

Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees?

Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?” Psalm 27:1

.

Die kerk trek swaar sonder die eredienskollekte inkomste

Maak asseblief jou eredienskollekte bydrae soos wat jy normaalweg op ‘n Sondag sou gemaak het deur van Zapper te gebruik of ‘n eft inbetaling in die kerk se rekening te doen.

Bankbesonderhede:

NG Gemeente Noordkus

Eerste Nasionale Bank (FNB)

Rekening nr: 5373 165 9860;

Takkode: 220129

.

BAIE BELANGRIK: POPI Kennisgewing

Ons het relatief min terugvoer van die gemeente gekry met die toestemmingsbriewe.

Ons doen ‘n dringende beroep op diegene wat nog nie die vorms voltooi het nie, om dit asseblief so gou as moontlik te voltooi.

Die vorms is per epos en whatsapp uitgestuur. Indien u nie ‘n vorm gekry het nie, kan u die Kerkkantoor kontak.

 

.

Beroep Ds. Alwyn

Hiermee gee ons aan u as gemeente kennis dat Ds Alwyn ‘n beroep ontvang het na die NG Gemeente Parow-Panorama in die Wes Kaap. Kom ons gebruik hierdie tyd in besonder om in te tree in gebed vir Ds Alwyn en Esna, vir ons as gemeente sowel as vir Parow-Panorama in hierdie seisoen. Mag ons net beleef hoedat die Here op ‘n besondere manier vir ons net kom seën in Sy liefde en wysheid.

 

.

Covid

n Spesiale uitreik aan elkeen wat in hierdie moeilike tyd finansieel geraak word deur die huidige inperking, asook almal wat familie en vriende het wat veg teen Covid of wat self dit ook het.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sȇ vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, julle God is hier”

Jesaja 35:3-4

Skakel gerus vir Ds. Alwyn indien daar voorbidding vir iemand gedoen moet word.

 


Kom ondersteun ons heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisterverkope!!

Heerlike pannekoek, vetkoek en koeksisters is steeds elke Saterdag beskikbaar by die kerk. Kom  kry stomende, varsgebakte, smullekker pannekoek en vetkoek! Jy kan ook 'n bestelling plaas per whatsapp of oproep by 083 676 1998 vir afhaal vanaf 08:30 by die kerk. Kovid protokols word streng gevolg.

.

Manne Kuier Saam

Weens die nuutste regulasies rondom inperkings, sal die gemeente se manne weer elke Saterdag om 07:00 saamkuier op  Zoom,  waar ons lekker gesels en lewendige gesprekke voer oor aktuele onderwerpe.  Enigeen is hartlik welkom om in te skakel, solank jy natuurlik ‘n man is! Die Zoom ID en Wagwoord sal Vrydag op die Manne Whatsapp groep deurgegee word.

Ek sien uit daarna om met jou te gesels by ons volgende opwindende gesprek!

Louis Nel

.


Leesrooster tekste vir 2021

Binne die kerklike tradisies het daar deur die jare ‘n leesrooster ontstaan wat volgens die kerklike jaar ingedeel is. Elke week is daar vier tekste, een uit die Ou Testament, een uit die Psalms, een uit die Evangelies en een uit die Briewe van die Nuwe Testament wat in jou eie persoonlike stiltetyd (‘n teks vir elke dag) gelees kan word. Die tekste kan selfs in jou selgroep of Bybelstudiegroep gelees word waarna die groep met mekaar saam kan gesels oor die inhoud van die tekste; hoe dit met mekaar saam pas; wat dit vir ons beteken binne die kerklike jaar en wat die tekste vir ons elkeen persoonlik kom sê.

Die Leesrooster tekste vir die 7de Sondag van Koninkrykstyd: Efesiërs 1:3-14, 2 Samuel 6:1-5, 12b-19, Psalm 24 en Markus 6:14-29.

.

Nuwe Intrekkers

Alle nuwe intrekkers word hartlik verwelkom by Ballito Gesinskerk.  Ons vertrou dat julle ’n baie geseënde verblyf in ons gemeente gaan hê.

Het jy onlangs van adres verander of nuwe epos / telefoon nommer gekry? Vul asseblief ‘n vorm in met jou nuwe besonderhede.

.


Hospitaal Besoek

Neem asseblief kennis dat daar huidiglik geen hospitaal besoeke gedoen kan word nie as gevolg van Kovid-19 beperkings.

.


Ons Facebook Gemeenskap

Ons nooi graag al ons gemeentelede om deel te word van ons Facebook gemeenskap. Ons plaas gereeld inligting oor opkomende projekte asook nuus en foto’s van geleenthede wat plaasgevind het. “Like” en “Share” gerus ons blad by:

www.facebook.com/ngnoordkus/

.

Mondi Herwinnings Projek

Net ‘n vriendelike herinnering aan die gemeente om asseblief die papier herwinnings-projek te ondersteun.

Die herwinningsdrom staan buite die kerk se omheining en is te alle tye beskikbaar.


.

Het jy kaste vol klere 

wat jy nie dra nie of huishoudelike items wat jy nie gebruik nie?

Skenk dit aan HOSPICE en help hulle so om hulle onbaatsugtige diens te kan voortsit.

Kontak Helene by 083 656 0864

.


Sondag 11 Junie—Suid-Filippyne

Die stad Cotabato het gedeeltelike outonomie van die sentrale regering gekry, wat magtiging insluit om howe met Islamitiese wetgewing te vestig en te administreer. Bid vir krag en wysheid vir Christene in hierdie gebied, aangesien hulle aan aangepaste Sharia-wetgewing onderwerp gaan word.

Maandag 12 Julie—Kirgistan

Ayna* se Moslem-man, Rasul*, het haar begin slaan nadat hy sy Moslem-geloof meer ernstig begin opneem het. Om sake te vererger, word sy ook geteister deur haar skoonma wat by hulle bly. Rasul is boonop in ʼn verhouding met ʼn ander vrou. Bid vir krag en beskerming oor Ayna en haar kinders.

Dinsdag 13 Julie—Indië

Nagesh* en Parimal* se rysveld is heeltemal afgebrand deur Hindoe-ekstremiste weens hul Christelike geloof. Hulle het ʼn groot verlies ervaar omdat dit hul enigste bron van inkomste was. Bid dat die Here vir hulle en hul families sal voorsien.

Woensdag 07 Julie—Viëtnam

Danksy jou gebede en ondersteuning, het Geopende Deure se plaaslike vennote in 2020 altesaam 1 208 Christen-families in Viëtnam bereik met noodleniging. Prys God vir Sy voorsiening. Bid dat God ons vennote, wat die inisiatiewe ondanks risiko’s uitvoer, sal beskerm.

Donderdag 15 Julie—Laos

Die bevolking van Laos word hoofsaaklik in drie etniese groepe geklassifiseer, volgens waar hulle bly. Enigeen in hierdie groeperings wat Jesus aanneem, kan deur die regering vervolg word. Bid vir gelowiges en bekeerlinge in hierdie stamme om voorbereid te wees op vervolging. Mag hulle sterk staan in hul geloof.

Vrydag 16 Julie—Ethiopië

Toe Manayesh, ʼn moeder van vier, haar tradisionele Ortodokse geloof verlaat het, het die dorpenaars haar os gekonfiskeer en haar huis geplunder. Geopende Deurevennote het haar geld gegee om in twee osse en ʼn klompie skape te bele. Bid dat die klein skaapplasie wat hieruit ontstaan het, sal aanhou om te groei en vir haar familie sal voorsien.

Saterdag 17 Julie—Sentraal-Asië

Diliana* het ʼn jaar gelede tot geloof gekom nadat sy die Evangelie gehoor het deur ʼn evangelis wat deur Geopende Deure ondersteun word. Ons is bekommerd oor haar omdat haar man nou by die huis bly om haar dop te hou en haar slaan. Bid dat die Here haar sal beskerm en dat haar man tot geloof in Christus sal kom.